{"id":7035,"date":"2009-12-18T05:49:50","date_gmt":"2009-12-18T05:49:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7035"},"modified":"2009-12-18T05:49:50","modified_gmt":"2009-12-18T05:49:50","slug":"die-dag-toe-kersvader-sy-baard-aan-die-brand-steek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7035","title":{"rendered":"Die dag toe Kersvader sy baard aan die brand steek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Alles was gereed vir Kersfees. Hier vroeg in die nuwe jaar sou Pa en Ma vir die sesjarige Veronica die slegte nuus breek dat daar geen Kersvader is nie, want Veronica gaan aanstaande jaar skool toe en die ouers wil nie h\u00ea die maatjies moet haar straks spot nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hierdie Kersfees is nog vir oulaas &#8216;n regte een op die plaas met Kersboom en Kersvader. Ma, Veronica en die driejarige tweelingsussies, Bianca en Madr\u00e9, werk al weke lank om alles in orde te kry vir Kersaand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs &#8216;n ete soos min word vir Kersvader aangel\u00ea, want, verduidelik Veronica, dis ver van die Noordpool af en Kersvader sal al baie moeg en honger wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het immers al met vorige Kersaande gesien hoe Kersvader aan die kossies kan wegl\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want oom Koos wat al &#8216;n paar jaar vir Kersvader instaan, het nie daai bierpens gekry van min eet nie. Trouens, Veronica is al so geleerd oor Kersvader dat sy al &#8216;n ensiklopedie sou kon skryf as sy al kon skryf. Sy ken al Kersvader se takbokke se name op \u2018n streep, maar by Blitzen trek sy die streep. \u201cEk noem hom sommer Donderweer want \u2018n mens mag nie vloek nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn pa, hoekom is Rudolf se neus rooi? Het hy nie sy draai mooi gekry toe Kersvader esse gegooi het nie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met al haar navorsing oor Kersvader het die lyne ook met St. Nicholas en Swarte Piet gekruis, en die twee heel inmekaar geklits. Die volgende jaar wou sy knaend huilerig by ma weet of sy, Ma, dink sy, Veronica, was soet genoeg, want so blyk dit uit haar navorsing, St. Nicholas bring net vir die soet kinders geskenke. Vir die stouters neem hy \u2018n lat saam waarmee hy die stouterts sy boude vreeslik seer piets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ma verseker haar Kersvader meen sy is soet. Hy het self so vir ma geskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe wonder Veronica nog net oor Bianca wat soms so onmoontlik kan wees. Oor oom Gert-hulle se stoute seun Japie het sy nie twyfel nie. Siepsop is Japie se voorland, en as Japie nie oppas nie, doen Kersvader sommer met sy terugreis Noordpool toe w\u00e9\u00e9r by die huis aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMa, is Kersvader getroud?\u201d wil Bianca weet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNatuurlik,\u201d snip die alwetende Veronica. \u201cSy vrou se naam is Mary Christmas.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die oggend van die 24ste begin al die planne skeeftrek. Dit begin re\u00ebn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers is niemand bekommerd nie, trouens, almal is baie bly, want dit is droog. Later stortre\u00ebn dit, en die SMS&#8217;e begin vlieg, want die telefoonlyne is af en die kinders kan alles hoor wat oor die tweerigtingradio ges\u00ea word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis \u2018n groot organisasie wat vergelyk kan word met die boere se operasionele vermo\u00ebns as hulle vir \u2018n veldbrand of plaasaanval uitgeroep word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers word die planne net aangepas. Pa en Ma diep &#8216;n ou Kersvaderpak uit die kas op, want oom Koos kan nie di\u00e9 weer op &#8216;n trekker met sy Kerspak aandurf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ma besluit die baard is te gekoek, en spuit haarset aan en kam dit mooi uit. Die Kersvaderuitrusting word tussen die oorpakke in die melkstal gehang, en van toe af moet die glimlaggende melkers buite reikafstand van die spantou bly, want Pa is iesegrimmig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe kom die regte slegte nuus. Van die re\u00ebnery het oom Koos nou &#8216;n hoes en die tante s\u00ea aik\u00f4na, g&#8217;n niks trekker-ryery in die re\u00ebn nie. Met die spruite wat al vol loop, is d\u00eft al manier. Pa moet vir Kersvader instaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Synde Pa nie &#8216;n pens soos oom Koos het nie, word &#8216;n kussing ook melkstal toe gesmokkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort voor Kersvader met sy slee, aldus Veronica, op die huis se dak sou land, word die afgespreekte SMS ontvang dat daar &#8216;n jakkals by die skape is, en Pa is vort. Eintlik sit hy af na waar die Kersvaderpak tussen die melkers se oorpakke hang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen daardie tyd het Veronica lankal verklaar dat die weerstoestande van so &#8216;n aard is dat Kersvader nie met die koets en Swarte Piet die geskenkaflewerings sou doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa is skaars in die Kerspak, toe gaan die krag uit. Eskom is weer die ene Eisjkom. In die huis, sien hy, word kerse aangesteek. Die Lister loop al jare nie, en in daai re\u00ebn gaan dit ook nie help om hom aan die loop te probeer kry nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa durf die re\u00ebn aan, en val behoorlik met die sak geskenke in die huis in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskenkuitdelery by kerslig verloop goed. Veronica verduidelik van Pa wat moes gaan jakkalsjag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDis \u2018n tragedie,\u201d vertel sy grootoog vir Kersvader, want pa is so \u2018n yster met die kalkoensnyery. Nou sal Kersvader dit self moet doen. \u201cKan Kersvader met \u2018n mes werk?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe word aangesit. En dis waar dinge weer verkeerd loop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By geleentheid moet Kersvader &#8216;n bietjie oorleuen om die kalkoen te sny, toe die baard te na aan &#8216;n kers kom. Ma se haarsproei laat dit soos petrol brand. Kersvader ken toe &#8216;n paar woorde wat die meisietjies dog net Pa ken as hy met die trekker-enjin sukkel. Veronica onthou dit ook nog vaagweg uit die Listerdae.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa laat waai na buite, waar hy die brandende baard onder &#8216;n lekkende geut druk, en toe verkas hy na die melkstal toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Rukkie later is pa terug van sy \u201cjakkalsjag\u201d af. By die huis tref hy sy dogters ontroosbaar aan, want, verduidelik Veronica, hulle het nou di\u00e9 Kersfees vir seker honderde ander kinders, by wie Kersvader nog nie was nie, verongeluk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn al is hy nog in staat om self verder te gaan, is hy nou seker so kwaad die lat gaan vreeslik praat, al was die kinders nie eens so stout soos Japie en Bianca nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ma is dik van die lag, maar steek dit weg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa kry &#8216;n blink gedagte: &#8220;Nee wat, teen di\u00e9 tyd het Kersvader lankal vir Swarte Piet gestuur. Hy gooi mos sommer die presente in die skoorstene af. &#8220;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingedagte stap pa die gang af. Tog jammer onskuldige pret, ook kinderpret, moet so in die slag bly. Tot \u2018n paar jaar gelede het \u2018n paar onnutsige boere nog middernag Oujaarsaand ander se hekke met draad gaan vasdraai. Dis nou die hekke van boere wat gaan dans het in plaas van Middernagdiens toe is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Boer wat met Bacchus in sy lyf op die plaas aankom, sukkel vreeslik met so \u2018n toegedraaide hek. Soms word \u2018n paar klappers gestel om die sukkelende boer te help om bietjie nugterheid te herwin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou maak plaasaanvalle dit net te gevaarlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs Kersfees is nie meer wat dit was nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439\u043d\u044b\u0439 \u0440\u0443\u043a\u0430\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=rec&#038;id=147165\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alles was gereed vir Kersfees. Hier vroeg in die nuwe jaar sou Pa en Ma vir die sesjarige Veronica die slegte nuus breek dat daar geen Kersvader is nie, want Veronica gaan aanstaande jaar skool toe en die ouers wil nie h\u00ea die maatjies moet haar straks spot nie. Maar hierdie Kersfees is nog vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7035\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die dag toe Kersvader sy baard aan die brand steek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[626],"class_list":["post-7035","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale","tag-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7035","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7035"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7035\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7035"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7035"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7035"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}