{"id":7022,"date":"2009-12-17T05:26:02","date_gmt":"2009-12-17T05:26:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7022"},"modified":"2009-12-17T05:26:02","modified_gmt":"2009-12-17T05:26:02","slug":"fisiologie-van-versoening-wat-faal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7022","title":{"rendered":"Fisiologie van versoening wat faal"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/toerien2.jpg\" border=\"0\" \/>Vroeg vanoggend, toe Pumba my vir \u2018n wandeling neem, sit hulle ingeryg daar&#8230; die werksoekers wat in \u2018n lang tou sit by Langenhovenpark se informele indiensnemingsburo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis Versoeningsdag, maar belangriker vir die werksoekers, Geloftedag in een van die mees Afrikaanse woonbuurte in die land. Dit ruk aan my \u2013 hordes mense wat \u2018n geldjie wat hulle nie het nie opdok aan taxigeld met die hoop om \u2018n paar rand te verdien. Omdat dit Versoeningsdag is, loop die staatsgesubsidieerde busse nie. Vanaand, na \u2018n dag in die son sonder krane en toilette, moet hulle weer op \u2018n manier by hul huise in Botshabelo en ThabaNchu kom&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle \u2013 of ten minste die oorgrote meerderheid van hulle &#8211; verstaan nie dat hulle die geld wat hulle nie het nie gemors het. Ander vakansiedae is mense immers tuis en baie spring in hul tuine in. Dan kry baie werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is vandag anders?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroegoggend is die radio op die SABC se aktualiteitsprogram aan. Dis Versoeningsdag voor, en Versoeningsdag agter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gemeenskappe leef by mekaar verby, kennis van mekaar verdwyn, meningspeiling na meningspeiling dui daarop dat die meeste mense meen rasseverhoudinge gaan die kreeftegang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot ongeveer 1988 het Suid-Afrika \u2018n amptelike Verhoudingsaksie gehad. Di\u00e9 aksie was hopeloos te laag gegradeer (die hoogste rang waarvoor voorsiening gemaak is was Assistent-direkteur) en met hopeloos te min personeel om \u2018n beduidende indruk te maak. Om die probleem van te min mense te oorkom is hoofsaaklik gefokus op die klein groep dinamika en is hordes Verhoudingskomitees landswyd in die lewe geroep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om in te veel detail is te gaan \u2013 die stelsel het in \u2018n stramheid vasgeval met baie lede wat nie werklik verstaan het wat die funksie van die komitees, of die aksie self nie. Stelsels soos die klein groep stelsels het \u2018n sikliese neiging, en daarom is daar tye waar omtrent alle energie in die instandhouding van die stelsel ingaan, en daar in wese geen uitset is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering se destydse desentralisasieaksie het in wese die doodsklok vir die aksie ingelui. \u2018n Handjievol relatief junior amptenare het in provinsiale administrasies beland wat die aksie nie altyd goedgesind was nie, soms vyandiggesind, geen begrip van die aksie gehad het nie, dit onderskat het weens die lae gradering, of soos in die geval van die NPA botweg geweier het om die aksie te implementeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Interessante waarneming was egter hoe verskillende mense die saak verskillend beskou het. Die TPA het sterk stem gemaak dat \u201calles sal regkom\u201d as die sosio-ekonomiese gaping tussen wit en swart verdwyn het. Die Kaapprovinsie het hul stelsel van Verhoudingskomitees ten alle koste in stand gehou, en di\u00e9 komitees het dikwels op infrastrukturele knelpunte gefokus en oorhoofs die standpunt ingeneem dat \u201calles sal regkom\u201d as apartheid verwyder is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Vrystaat is op \u2018n holistiese benadering geskoei op nie-paternalistiese horisontale kommunikasie gefokus. Pretdrawwe, kultuurkonserte en vele projekte is uitgevoer met die fokus op respek vir die mooie in mekaar se kulture.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die voordeel van terugskoue kan maklik fout gevind word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die FW de Klerk-bewind het \u2018n ondersoek waarmee die Maatskaplike Komitee van die Presidentsraad besig was, opgeskort. (Dit help nie om te probeer uitvind hoekom, juis op daardie kritieke tydstip nie \u2013 ek het probeer uitvind en het net \u2018n skrobbering op die lyf geloop).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weer eens, met die voordeel van terugskoue, wil dit voorkom asof nog \u2018n enkel-dimensionele benadering \u201coorgeneem\u201d het: Die geloof dat alles met \u2018n behoorlike staatkundige model opgelos sal word. Iets wat herinner aan Kwame Nkruma se stelling, met Ghana se onafhanklikheidsaanvaarding: \u201cOntvang hiermee jul politieke vryheid en alles sal vir julle daarby toegevoeg word.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Opmerking jare gelede van \u2018n skoolseun by die KJA het konstant by my opgekom: \u201cSkaf net apartheid af, dan kom alles reg.\u201d Hy het uiteindelik \u2018n aktivistiese predikant van die VGK geword \u2013 op die voorpunt van die regstryd teen die NG Kerk in Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna is die Verhoudingsaksie afgeskaf, en \u2018n ruk hierna, in totale onafhanklikheid daarvan en sonder om \u2018n greintjie kundigheid oor te neem, het die stelsel van Vredeskomitees beslag gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net \u2018n tussenwerpsel: Die Verhoudingsaksie in die Vrystaat het nie politieke standpunt ingeneem nie, en die standpunt gehuldig dat die uiteindelike grondwetlike model die \u201cspontane\u201d produk van \u2018n omgewing sal wees waar mense mekaar vertrou \u2013 ongeag of dit \u2018n konfederale, konsosiatiewe, eenheids- of welke model ook al oplewer. Hierdie standpunt het ook nie in die lug gehang nie. Die destydse president van die RGN, dr. Tjaart van der Walt, het dit immers onverbeterlik gestel met woorde tot die effek dat geen staatkundige model, nie eens die beste grondwet in die w\u00eareld, sal werk as die mense mekaar nie verstaan en vertrou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In kort, die grondwet is die gevolg van versoening, nie die meganisme tot versoening nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs wanneer dit op interstaatlikheid uitloop, bly goeie verhoudinge belangrik. Dit klink vreemd om di\u00e9 les by die man van bloed en yster, Otto von Bismarck te leer. Bismarck se filosofie was om die vyand na \u2018n oorlog nie met die vredesoperasies te verneder nie, om so \u2018n meer blywende kans op Vrede te verseker. In latere jare het die keiser sy ore aan ander adviseurs uitgeleen, en is die Franse in die grond verneder deur die keiser in die troonsaal van Versailes te kroon. Hierna, by die geringste, het die Franse en hul bondgenote oorlog teen Duitsland gevoer en is Duitsland waarskynlik vir altyd die Elsas en Lotharinge kwyt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die fisiologie van versoening te verstaan, is dit handig om die proses in die vorm van \u2018n behaviourialistiese stelselmodel te verduidelik. In kort behels dit om die doelwit, om versoening te bereik, by die input in te voer, en dit deur verskeie prosesse te neem wat uiteindelik \u2018n uitset lewer. Die lys faktore in die model genoem is nie noodwendig volledig nie, dit word bloot as voorbeeld gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geloof:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie model word die aardse neerslag, naamlik godsdiens bedoel. Voorbeelde van godsdiensspanning is w\u00eareldwyd maklik te vinde. Die verdeling van Brits-Indi\u00eb tussen die Moslem Pakistan, Hindoe Indi\u00eb en vir alle praktiese doeleindes, Boeddhistiese Sri Lanka is voor die hand liggend. Die Noord-Ierse voorbeeld word teensinnig genoem, omdat ander faktore hier meer bepalend was. Rusland het onlangs weer \u2018n groot terreuraanval op \u2018n trein beleef weens die optrede van Moslem-terroriste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika word graag opgegee oor hoe \u2018n verre oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulsel as Christene beskou. Tog is sake teologies baie uiteenlopend, soos die voorneme om rituale beesslagtings by die 2010-sokkerstadions te doen. Vir baie Christene, wat glo Jesus het aan die kruis die finale offer gebring, is dit \u2018n gruwel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Juridiese:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel, in beginsel, die grondwetlike model die uiteinde van \u2018n versoengsproses moet wees, kan swakhede in die bestaande grondwetlike model ook verhoudinge versuur. ETA se terreur teen Spanje het nie volkome opgedroog na die Baskiese provinsies \u2018n redelike vlak van outonomie gekry het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is die lomp grondwetlike beskrywing en die nog lomper wyse waarop die kwessie van regstellende aksie hanteer word, stellig een van die grootste faktore wat versoening in die land beduiwel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Taal:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Milnerisme het \u2018n historiese wond op die Afrikaner se gemoed gelaat. W\u00eareldwyd het taaldiskriminasie ernstige gevolge. Franco en die Turkse regering het eerder probleme geskep as opgelos deur \u2018n verbod op onderskeidelik Baskies en Koerdies geplaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Etiek en moraliteit:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien eerlikheid in die proses ontbreek, gaan die proses n\u00earens heen nie. Met die amptelike versoeningsproses by Kovsies word uiters akademiese woorde gebruik, reuse teorie\u00eb voorgehou &#8230; wat in die lug hang en op sand gebou word. Etiek en moraliteit kan nie los van die ander elemente staan nie, en is ironies juis oneerlik as die uiteinde eers bepaal word, naamlik integrasie (hul woord) en die metodiek dan enkeldimensioneel ontwerp word om daarby uit te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kultuur:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die kwessies wat as godsdiens en taal voorgehou word, is in wese kultuuraspekte. Die jarelange stryd om Noord-Ierland het histories meer te make met die vestiging van Skotse setlaars (Protestants) wat op die inheemse Iere neergesien het. Oor tyd het die sosio-ekonomiese onderskeid vervaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rituele slagtings word dikwels genoem as van die vernaamste redes waarom godsdiens- en kultuurassimilasie in Suid-Afrika nie voorsien word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Histories:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer verskillende gemeenskappe verskillende en dikwels konflikterende historiese persepsies het, is daar dikwels ingeboude spanning. \u2018n Tipiese gevolg is wanneer een gemeenskap berou van \u2018n ander opeis, terwyl daardie gemeenskap se historiese persepsie dit nie begryp nie, of selfs voel die skoen sit aan die ander voet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Getalle:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionaal word in grondwette en die volkereg minderheidsregte erken, en daar is goeie redes hiervoor. Die Hutu \u2013 Tutsi \u2013 massamoorde is maar een manifestasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ruimtelik:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ruimtelike ordening as meganisme om spanning te verlig is \u2018n w\u00eareldwye verskynsel. Nigeri\u00eb het na die Biafraanse oorlog sy binnelandse grense herskik om meer met die etniese verspreiding ooreen te stem. Pas het Indi\u00eb sy voorneme bekend gemaak om \u2018n nuwe, etniese deelstaat te vorm, of die Ghurkas begin ook agiteer vir \u2018n eie deelstaat. Die Israels-Palestynse kwessie is \u2018n teksboekmodel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit slaan egter ook op die mikrovlak neer, soos wanneer twee bure se gebruike wedersyds onversoenbaar is. Die een sal \u2018n bees ritueel in sy agterplaas slag, en die ander sal die DBV, die munisipaliteit se gesondheidsafdeling en ander wetstoepassers op hom probeer loslaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opsommend, dit is duidelik dat al hierdie faktore nie net \u2018n rol speel nie, maar baie selde nie onderling deur mekaar be\u00efnvloed word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gebreke in die model van sosio-ekonomiese deprivasie<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie model teer op die konsep dat spanning, selfs \u2018n rewolusion\u00eare klimaat, ontstaan wanneer die gaping tussen verwagtinge en die werklikheid te groot word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vernaamste probleem met di\u00e9 model is dat dit skematies slegs geldig uitgedruk kan word wanneer dit op \u2018n grootliks homogene gemeenskap uitgedruk word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer meer as een gemeenskap gemeet word, kan dit gebeur dat die verwagtinge van twee of meer gemeenskappe weerskante van die werklikheid kan wees. Die spanningsvlak kan dan nie gemeet word tussen verwagtinge en die werklikheid nie, maar tussen die persepsies van verwagtinge van die verskillende gemeenskappe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder te dit nie net op die sosio-ekonomiese betrekking nie, maar op weer eens elke denkbare moontlike terrein. Een gemeenskap mag moontlik pres. Jacob Zuma steun is sy siening dat die nasionale Vervolgingsgesag ondergeskik aan die uitvoerende gesag moet wees, terwyl \u2018n ander deel weer nog meer juridies-verwante sake los van die beheer van die uitvoerende gesag wil maak en by die onafhanklike juridiese gesag wil voeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een groep wil moontlik sterk fokus op moedertaalonderrig, terwyl dit spanning skep met diegene wat om welke rede ook al graag hul onderrig in Engels wil ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In plaas van om di\u00e9 kompleksiteit op \u2018n plat vlak uit te druk, is \u2018n beter model dalk iets soos die vooraansig van \u2018n dik kommunikasiekabel wat deurgesny is, met \u2018n horde ge\u00efnsuleerde draadjies waarvan sommige so ver as wat binne die kabeldikte moontlik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slot<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder \u2018n holistiese benadering waar mense van verskillende dissiplines op gelyke voet saamwerk nie, gaan die hantering van versoening in die land gebrekkig en gefragmenteerd bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Het die afskaffing van apartheid alle probleme opgelos?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe nou nie \u2013 die meningspeilings wys anders. Die Malemas dryf skynbaar doelbewus die wig dieper in. Pansat het lank reeds bevind die owerheid self is die grootste skender van taalregte (wat in die grondwet verskans word).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dikwels kry die media die skuld \u2013 soms verdiend maar al te dikwels as die draer van slegte tyding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werksoekers hierbo genoem verstaan nie hoekom hulle vandag in die son bly sit nie. Die gaping in begrip vir mekaar is ligjare verwyder van destyds toe die regering kort-kort as die pawpaw die f\u00ean geslaan het vir oom Wymie ingeroep het. Oom Wymie op wie akademies neergesien is maar wat sonder geleerde woorde en akademiese lesings die \u201ckenners\u201d se brouwerk kon kom regmaak omdat hy verstaan het. Ons is weer terug met spanne institute en sentrums wat die jargon en kommerwekkende syfers uitspoeg, maar die oom Wymies wat iets daaraan kan doen het nie \u2018n plek in die reusagtige kabinet of belangrike adviseurstoel nie.<em> <br \/><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Herman Toerien was die laaste hoof van die Verhoudingsaksie in die Vrystaat. Hy het afgesien van \u2018n Honneurs in Politieke Wetenskap ook universiteitskwalifikasies in ekonomie en Staatsreg.<br \/><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><br \/><\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 086 \u0443 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vroeg vanoggend, toe Pumba my vir \u2018n wandeling neem, sit hulle ingeryg daar&#8230; die werksoekers wat in \u2018n lang tou sit by Langenhovenpark se informele indiensnemingsburo. Dis Versoeningsdag, maar belangriker vir die werksoekers, Geloftedag in een van die mees Afrikaanse woonbuurte in die land. Dit ruk aan my \u2013 hordes mense wat \u2018n geldjie wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7022\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Fisiologie van versoening wat faal&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7021,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8036],"class_list":["post-7022","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-fisiologie-van-versoening-wat-faal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7022","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7022"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7022\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7021"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7022"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7022"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7022"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}