{"id":7014,"date":"2009-12-15T08:48:17","date_gmt":"2009-12-15T08:48:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7014"},"modified":"2009-12-15T08:48:17","modified_gmt":"2009-12-15T08:48:17","slug":"statutere-staatsgreep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7014","title":{"rendered":"Statut\u00eare staatsgreep?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Twee hoofsoorte staatsgrepe kan onderskei word \u2013 een waar \u2018n regering deur \u2018n ander persoon sonder \u2018n verkiesing omvergewerp word, of waar \u2018n sittende regering of regeringshoof die grondwet ophef, soos wat Lebua Jonathan in Lesotho gemaak het toe hy destyds die verkiesing teen dr. Ntsu Mokhehle verloor het.<\/p>\n<p>\u2018n Statut\u00eare staatsgreep hoef egter nie in \u2018n enkele optrede te geskied nie. Die geleidelike ondergrawing van \u2018n grondwet, wat in Engels as \u2018n <em>coup by stealth<\/em> bekend staan, en in Afrikaans \u2018n trapsgewyse staatsgreep genoem kan word, is net so gevaarlik.<\/p>\n<p>Kort nadat pres. Jacob Zuma vir sy respek vir die grondwet by die DA \u2018n een uit tien gekry het, het die president volgens berigte in \u2018n radio-onderhoud openlik verklaar dat die Nasionale Vervolgingsgesag noodwendig aan die regering verantwoording moet doen.<\/p>\n<p>Ongeag of Zuma die begrip van skeiding van magte, of die trias politca begryp, het \u2018n mens hier te make met iets wat deur die grondwet self vereis word, naamlik dat die NVG onafhanklik moet wees. Zuma kan nie onkunde pleit nie, aangesien hy reeds oor sy aanstelling van adv. Menzi Simelane as hoof van die nasionale vervolgingsgesag voor die hof gesleep is, en die DA die kwessie van die grondwetlike vereiste meer as een keer geopper het.<\/p>\n<p>Die kommer strek egter verder as bloot die aanstelling van Simelane. In die VF+ se jaarlikse rapport oor die regering se regeerprestasies het justisie slegs drie uit tien gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma se optrede oor die hele spektrum van juridiese onafhanklikheid laat talle vrae ontstaan, wat strek van die samestelling van die Regterlike Dienskommissie, die hantering van die Hlope-aangeleentheid en die herontplooiing van die Openbare Beskermer as voorsitter van die Menseregtekommissie. In die geheel word die indruk geskep \u2013 ook deur uitsprake \u2013 dat die begrip, skeiding van magte, aan hom onbekend is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklike gevaar tree in by die punt waar die juridiese gesag, hetsy weens skoothond-aanstellings of deur die erodering van mag, nie meer in staat sal wees om die grondwet aan die uitvoerende en wetgewende gesag op te dwing nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel daar in lande soos Australi\u00eb \u2018n debat woed oor hoe sterk die Regsrekende gesag moet wees omdat dit in beginsel die demokratiese uitdrukking van die bevolking kan rem, word die beginsel in Suid-Afrika vanuit \u2018n ander hoek benader. In Suid-Afrika het die Kemptonparkse minderheidsonderhandelaars vir \u2018n grondwettipe geskik wat nie, soos byvoorbeeld die Indiese, Spaanse en ander, minderheidsregte geografies en in elemente van gewaarborgde minderheidsverteenwoordiging in die nasionale parlement ondervang nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sogenaamde wigte en teenwigte, hoe gebrekkig ook al, is juis in die grondwet se meganismes vir \u2018n onafhanklike regsprekende gesag gesetel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres, Jacob Zuma se ampseed, soos in die grondwet opgeneem, behels juis dat hy respek moet h\u00ea vir die grondwet en die instandhouding daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is moeilik om nie raak te sien dat hier al \u2018n taamlike pad gevorder is met die voltrekking van \u2018n statut\u00eare staatsgreep nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Koeranthoofartikels en rubrieke het al dikwels, sonder om die baba by die naam te noem, oor die motiewe hiervan bespiegel. Die mees algemene is dat Zuma alles in die stryd werp om te verhinder dat hy sy dag in die hof kry oor klagtes wat met sy korrupte verhouding met Shabir Shaik verband hou. Indien hierdie teorie water hou, is dit tragies dat een man se gekruisde lyne met die reg \u2018n hele land se grondwetlike heil gyselaar hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verloorder is nie net die kiesers nie, maar die hele konsep van grondwetlike demokrasie. Dit noop die bevolking om nie voete te sleep by die gebruik van regsprosesse om hierdie erodering te stuit solank die howe nog potent genoeg is om dit te doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/podemnoe_oborudovanie\/\">\u0430\u0432\u0442\u043e\u043f\u043e\u0434\u044a\u0435\u043c\u043d\u0438\u043a \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee hoofsoorte staatsgrepe kan onderskei word \u2013 een waar \u2018n regering deur \u2018n ander persoon sonder \u2018n verkiesing omvergewerp word, of waar \u2018n sittende regering of regeringshoof die grondwet ophef, soos wat Lebua Jonathan in Lesotho gemaak het toe hy destyds die verkiesing teen dr. Ntsu Mokhehle verloor het. \u2018n Statut\u00eare staatsgreep hoef egter nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7014\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Statut\u00eare staatsgreep?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8029],"class_list":["post-7014","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-statutere-staatsgreep"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7014","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7014"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7014\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7014"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7014"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7014"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}