{"id":7011,"date":"2009-12-15T07:45:07","date_gmt":"2009-12-15T07:45:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7011"},"modified":"2009-12-15T07:45:07","modified_gmt":"2009-12-15T07:45:07","slug":"die-politieke-toneel-voor-1910","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7011","title":{"rendered":"Die politieke toneel v\u00f3\u00f3r 1910"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die moderne geskiedenis van SA het by en met die Nederlandse Vereenigde Oost-Indische Compagnie (die VOC, 1621) begin. Die Nederlandse State-generaal het aan die VOC toe die mag verleen om die handel te beheer oos van die Kaap de Goede Hoop en wes van die Straat van Magellaan. In 1644 het die VOC die State-generaal meegedeel dat die betrokke gebiede wat onder die beheer van die VOC is, die <strong>privaatbesit<\/strong> van die VOC is.\u00a0 In 1652 het die HERE XVII, die direkteure van die Kompanjie,\u00a0 besluit om \u2018n varswater-voedselaanleg aan die Kaap tot stand te bring. Ingevolge die juridiese doktrine van daardie tyd was die Kaap,\u00a0 geag \u2018n <em>res nullius <\/em>(<em> <\/em>\u2018n entiteit \u00a0sonder eienaarskap) te wees (sien <em>Thomas van der Merwe en Stoop in <\/em><em>Historical Foundations of SA Private Law<\/em><em>, 1998, Butterworths, 93 p.). <\/em>Derhalwe het die HERE XVII toe <em>occupatio <\/em>(besit) oor die Kaap geneem. Die Nederlandse vryboere het permanensie aan <em>occupatio<\/em> gegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee moet met drie wanpersepsies afgereken word:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Dat die Kaap van inboorlinge gesteel is.<\/li>\n<li>Dat Nederland \u2018n koloniale moondheid was.<\/li>\n<li>Dat dit die Nederlandse oogmerk was om die inboorlinge te bekeer.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;volksplanting&#8221; aan die Kaap was \u2018n handelstransaksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die administrasie van die VOC is gekortwiek toe Brittanje die Kaap in 1795 tydelik en in\u00a0 1806 permanent &#8220;oorgeneem&#8221; het.\u00a0 Die Nederlandse historikus Hendrik Muller suggereer \u00a0dat navorsers van oordeel is dat Brittanje die Kaap inderdaad van die VOC gekoop het en dat dit eintlik nie \u2018n besetting was nie (<em>Het die Hollanders die Kaap verkoop?, 1932: Amsterdam<\/em>).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wanadministrasie van verskeie ho\u00eb amptenare van die VOC asook die deurslaggewende imperialistiese oogmerke van Brittanje het die Voortrekkerbeweging na die binneland\u00a0 op tou gesit.\u00a0 Hierdie uittog uit die Kaap &#8211; wat vir die voorsate van die Afrikaner spreekwoordelik \u2018n uittog uit \u201cEgipte\u201d was &#8211; het aanleiding gegee tot die volgende Republieke:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Natalia (1838-43)<\/li>\n<li>Die Oranje Vrystaat Republiek (1854-1910)<\/li>\n<li>Die Zuid-Afrikaanse Republiek (1859-1910)<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Thomas van der Merwe en Stoop (101 p.) skryf dat die Voortrekkers in die Vrystaat \u00f2f onbesette grond beset het, \u00f2f grond van plaaslike stamme gekoop het\u00a0 en dat in die Republiek van die Vrystaat die gebiede bekend as Rolang en Taung outonome status gehad het. \u00a0Dit is van belang dat die grondwet (1854) van die Vrystaatse Republiek oor \u2018n handves van regte en oor \u2018n hersieningsproses van wette beskik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Vrystaat en elders het president <strong>Marthinus Theunis Steyn<\/strong> (1857-1916) \u2018n rigtinggewende rol in die geskiedenis van die Afrikaners gespeel.\u00a0 Hy skryf onder meer aan lord <strong>Kitchener<\/strong> dat die Boere-oorlog \u2018n daad alleen van selfverdediging is. N\u00e1 die Anglo-Boereoorlog weier Steyn om die Vrede van Vereeniging se dokument te mede-onderteken.\u00a0 Steyn het hom later beywer vir die oprigting van die Vrouemonument en dit in 1913 onthul.\u00a0 Tot by sy sterwe het hy hom verset teen die denasionalisering van die Hollandssprekende Afrikaanse volk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die 1830tigs het die Boere wat van die Kaap na die binneland uitbeweeg het, die Vaalrivier oorgesteek en hulle in die Transvaal gevestig.\u00a0 Die Boere het die Zoeloes en Matabeles in 1839 verslaan en die volgende Republieke tot stand gebring:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Lydenburg<\/li>\n<li>Zoutpansberg<\/li>\n<li>Zuidafrikaanse Republiek <\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bg. drie Republieke het in een, die Zuidafrikaanse Republiek (1857), verenig.\u00a0\u00a0 Pretoria is as hoofstad uitgeroep (1855).\u00a0 Die volksraad het uit 24 lede bestaan. Brittanje het in 1852 erkenning aan die ZAR verleen, maar die land in 1877 geannekseer. In 1881 het die Boere die Engelse by die slag van Amajuba\u00a0 verslaan. In 1894 het Swaziland \u2018n selfregerende protektoraat van die ZAR geword. Cecil John Rhodes het die tweede vryheidsoorlog (1899-1902) ge\u00efnspireer.\u00a0 In 1902 is die Transvaal deur Brittanje onderwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kolonialistiese oorweging van Brittanje het nie by die Kaap ge\u00ebindig nie, maar is voortgesit deur die anneksasies van:<\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Kaffraria<\/li>\n<li>Griekwaland<\/li>\n<li>Basotholand (Lesotho) (1868)<\/li>\n<li>Betshuanaland (Botswana) 1891<\/li>\n<li>Swaziland <\/li>\n<li>Die Republiek van die Oranje Vrystaat (1902)<\/li>\n<li>Die Zuid-Afrikaanse Rupubliek (1902)<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die negatiewe rol van Alfred <strong>Milner<\/strong> (1854-1925),\u00a0 Britse Hoofkommissaris, kan nie onderskat word nie. Hy was \u2018n aartsimperialis wat hom geesdriftig toegel\u00ea het op die uitbreiding en beskerming van Britse belange in Afrika Suid.\u00a0 Sy visie was een van \u2018n groot federale statebond waarvan SA \u2018n belangrike rat in die imperialistiese masjien tot Britse w\u00eareldoorheersing sou wees. Hy was minagtend en agterdogtig teen die Boere. In onderhandelinge was hy onversoenlik en onverbiddelik. Sy motivering was om myn-, finansi\u00eble en nywerheidskapitaal in SA doeltreffend ten bate van Brittanje te monster.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naas die naam Milner moet <strong>Cecil John Rhodes<\/strong> (1853-1902) uitgesonder word as \u2018n persoon wat die Britse imperialisme met oorgawe in Afrika Suid gedien het. Hy is die stigter van die De Beers-mynmaatskappy en het later ook by die ontginning van goud betrokke geraak. Sy ideaal was om Britse gebiede, \u00a0vanaf die Kaap tot in Ka\u00efro, tot stand te bring. In 1890 was hy die eerste minister van die Kaap. In 1896 was hy medeverantwoordelik vir die mislukte inval van\u00a0 Jameson in die Transvaal om president Kruger se regering omver te gooi. Die politieke model wat hy nagestreef het was \u2018n ekonomiese unie van Suider-Afrikaanse state.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor 1910 het Afrika Suid dus bestaan uit \u2018n aantal Britse gebiede (die Kaap), die Boere-republieke (Vrystaat en Transvaal), en verskillende swart stamgebiede. Voor 1910 was die politiek in Afrika Suid gedomineer deur die konflik tussen Boer en Brit. Die \u201cswart\u201dprobleem het eers na 1910 skerp na vore getree.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/poloskanie-rotovoj-polosti\/\">\u0441\u0440\u0435\u0434\u0441\u0442\u0432\u043e \u0434\u043b\u044f \u043f\u043e\u043b\u043e\u0441\u043a\u0430\u043d\u0438\u044f \u0440\u0442\u0430 \u043f\u0440\u0438 \u0432\u043e\u0441\u043f\u0430\u043b\u0435\u043d\u0438\u0438 \u0434\u0435\u0441\u0435\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die moderne geskiedenis van SA het by en met die Nederlandse Vereenigde Oost-Indische Compagnie (die VOC, 1621) begin. Die Nederlandse State-generaal het aan die VOC toe die mag verleen om die handel te beheer oos van die Kaap de Goede Hoop en wes van die Straat van Magellaan. In 1644 het die VOC die State-generaal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7011\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die politieke toneel v\u00f3\u00f3r 1910&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[8028,21105,21097],"class_list":["post-7011","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c116-geskiedenis","tag-die-politieke-toneel-voor-1910","tag-s32-feuilleton","tag-s17-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7011","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7011"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7011\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7011"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7011"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7011"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}