{"id":7001,"date":"2009-12-14T09:38:57","date_gmt":"2009-12-14T09:38:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7001"},"modified":"2009-12-14T09:38:57","modified_gmt":"2009-12-14T09:38:57","slug":"padvarke-se-kersfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7001","title":{"rendered":"Padvarke se Kersfees"},"content":{"rendered":"<p>Te midde van talle berigte oor die swak toestande van baie paaie in veral sommige provinsies, soos die Vrystaat wat \u2018n belangrike deurryprovinsie is, trek baie motoriste steeds hul varkpakke aan as hulle agter die stuurwiel inklim, ook wanneer hulle met vakansie gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die media het ook heelwat ruimte afgestaan om voornemende vakansiegangers attent te maak op die talle plekke waar padbouwerk veral met die oog op volgende jaar se W\u00eareldbeker-sokkertoernooi aan die gang is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In baie gevalle word Bacchus saamgeneem met vakansie. Heelwat motoriste is skynbaar die slagoffer van die mislukte leerplanmodel en hul syfervaardighede laat hulle nou erg in die steek wanneer hulle die voertuie wat hulle bestuur, se spoedmeters moet lees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is die onafwendbare gevolgtrekkings wat gemaak moet word uit die padsterftesyfer van byna 200 in minder as twee weke nadat Desember aangebreek het. Di\u00e9 syfers kom in hoofsaak uit die periode voor die skole gesluit het, en is slegte nuus vir die groot volumes verkeer wat rondom Kersfees en Nuwejaar op die paaie sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die slagoffers sou onskuldige partye wees van ongelukke waar hulle passasiers was, of kop aan kop botsings waar \u2018n padvark van voor verkeer teen \u2018n blinde hoogte verbygesteek het. Na elke vakansie of langnaweek vertel padverbruikers grootoog van die talle gevalle van uiters gevaarlike bestuurwerk wat hulle aanskou het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit beskikbare gegewens wil dit voorkom asof verkeersmense binne enkele dae bykans \u2018n honderd mense in net twee provinsies weens beweerde dronkbestuur aangekeer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Padvarke moet kennis neem dat die Kerstyd vir baie mense gesinstyd is wanneer hulle graag \u2018n vreedsame tyd die geboorte van hul Verlosser wil gedenk \u2013 nie by oop grafte van geliefdes wil staan wat onskuldige slagoffers van \u2018n ander se onverantwoordelikheid was nie. Trouens, stemme gaan w\u00eareldwyd op om nog strenger norme vir drink en bestuur \u2013 selfs vlakke van geen alkohol hoegenaamd nie \u2013 af te dwing, terwyl daar hier in Suid-Afrika op ho\u00eb vlak stemme opgaan om dronkbestuurders van moord of poging tot moord aan te kla, afhangende van of iemand gesterf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motoriste wat wangedrag by mede-padgebruikers bemerk, word aangemoedig om dit by 0861 400 800 aan te meld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diegene wat kan en mag, word aangemoedig om ook \u2018n draai by die Bloeddiens te maak.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u0441\u0438\u043d\u0443\u0441 \u043b\u0438\u0444\u0442\u0438\u043d\u0433 \u0441\u0442\u043e\u043c\u0430\u0442\u043e\u043b\u043e\u0433\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Te midde van talle berigte oor die swak toestande van baie paaie in veral sommige provinsies, soos die Vrystaat wat \u2018n belangrike deurryprovinsie is, trek baie motoriste steeds hul varkpakke aan as hulle agter die stuurwiel inklim, ook wanneer hulle met vakansie gaan. Die media het ook heelwat ruimte afgestaan om voornemende vakansiegangers attent te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8016],"class_list":["post-7001","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-padvarke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7001","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7001"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7001\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7001"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7001"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7001"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}