{"id":6990,"date":"2009-12-13T06:19:04","date_gmt":"2009-12-13T06:19:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6990"},"modified":"2009-12-13T06:19:04","modified_gmt":"2009-12-13T06:19:04","slug":"feloftegees-ekskuus-geloftefees-sonder-weerga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6990","title":{"rendered":"Feloftegees, ekskuus, Geloftefees sonder weerga"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pa Jan is lankal nie meer daar om gevra te kan word dat hy op sy Namakwalandse manier opklaar watter storie by watter storie bymekaar hoort nie. Toe Pa Jan ons ontval het was die uwe maar nog baie jonk en dan luister \u2018n man mos nie altyd met die nodige aandag nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om seker te maak niks word weggelaat nie, word alles maar bymekaar gehark en in een storie ingeklits.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe dominees Hofmeyr sy emeritaat neem en met mev. Dominees see toe versit, was dit eintlik vanselfsprekend dat oom Skjeuns Terblans die nuwe voorsitter van die Buskruitbultgeloftefeeskomitee sou word. Oom Skjeuns is immers die baas van die plaas Skuinskraal waar die Geloftefees elke jaar gehou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alles gaan goed met die re\u00eblings, maar om \u2018n gerekende spreker te kry was nou nie al te maklik nie. Maar oom Dwerg Botha se vrou se suster is met \u2018n proffie getroud, en \u2018n proffie is \u2018n proffie en hy moet deug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So gebeur dit dat \u2018n telegram gestuur word, en \u2018n telegram terugkom, waarin prof. Josias de V. Koekemoer laat weet hy neem die uitnodiging met nederigheid aan, en sal die komitee hom oor die reis- en hotelre\u00eblings inlig?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die komitee is nogal uit die veld geslaan. Almal het aanvaar die prof en sy eggenote sal op eie stoom daar kom, en by die familie tuisgaan. Maar niemand weet wat die protokol eintlik is nie, want ou dominees het altoos die re\u00eblings self getref.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uiteinde is die proffie kom met die trein, en dat plek vir hom in Buskruitbult se enigste hotel, die Grand Hotel, bespreek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVerbeel jou, watter gerespekteerde mens loop bly nou in daai hotel? Dit raas tot laataand by die buiteverbruik, en daarna uit die kroeg&#8230; so het ek verneem. Ta\u2019 Sarie se losieshuis is \u2018n veel fatsoenliker plek.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die trein stoom-stoom Buskruitbult se stasie inkom, wag die hele Geloftefeeskomitee op die perron. Twee passasiers klim af \u2013 oom Piet de Necker wat by familie in die stad gaan kuier het, en die prof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die prof word ontvang soos \u2018n president op staatsbesoek in die buiteland. Oom Piet, \u2018n regte platjie en baie gewild, word ook gul gegroet maar dis al of die prof so veel as moontlik mense en afstand tussen hom en oom Piet wil inkry, tot oom Piet saam met tant Hettie daar weg is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elkeen stap met \u2018n stuk bagasie in die hand, oor die straat na die Grand Hotel. Hier word gou \u2018n teetjie saam met die prof in die lounge genuttig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIs julle nie bang om aan oom Piet se hand te vat nie?\u201d wil die prof weet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNou hoekom dan?\u201d vra dr. Cornelissen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet min van siektes, maar dit klink my erg as iemand nou net uit die sanatorium kom waar hy vir aansteeklike cactoblastis behandel is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op slag weet almal oom Piet wou seker die kompartement vir homself gehad het vir \u2018n privaatheid, en dat hy toe die arme prof die vreeslike klomp bol wol in die kop in loop praat het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe word die prof \u2018n rustige nag toegewens, en die Geloftefeeskomitee verkas want daar is nou baie werk om gedoen te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die portier besorg die prof en sy bagasie by sy kamer op die boonste verdieping en in die verste hoek van die kroeg af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bedagsame mense, di\u00e9 Geloftefeeskomitee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende dag, toe die Gelofftefeeskomitee die prof by die hotel gaan groet en na die saligheid van sy nagrus verneem, moes hulle tot hul ontsteltenis verneem die prof het dou voor dag uitgeboek, en is sommer so met die melktrein vort. Die portier brom iets van dringende familiesake, maar dit maak g\u2019n niks sin nie, want as \u2018n man dringend in die stad wou kom, wag \u2018n man vir die Trans Karoo wat tienuur deur Buskruitbult ry, en la-a-a-a-nk voor die melktrein in die stad aankom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agterna het die storie wel stuk-stuk uitgekom, en toe alles aanmekaar gelas is, klink dit so:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die proffie het hom in die basin gewas en tussen die lakens ingeskuif, toe hy skielik grootoog word. Daardie jare was \u2018n en suite-badkamer \u2018n rariteit, en nog te meer op Buskruitbult. Hy trek sy japon aan, en is gang op, en gang af op soek na die vertrek met die prentjie van die mannetjie op. Maar kry niks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis toe dat hy die klokkie vir die portier lui, en toe di\u00e9 dikbek opdaag (die proffie het gemeen die fooitjie vir die tasse dra is ook vir die Geloftefeeskomitee se rekening) toe is die portier nie links nie. Of dalk juis links, soos met vandag se politiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dalk, vir al mens weet, nog verlangs aangetroude familie van oorle Dingaan ook nog, di\u00e9 dat hy nie so ooghare vir die proffie het wat oor Bloedrivier kom praat nie. Dus help hy nie die proffie reg en wys hom die regte deur waar die mannetjie al vervlo\u00eb afgeval, en niemand gebodder het om dit weer terug te sit nie. In hotelle met sulke reputasies is dit gewoonlik nie nodig nie, omdat almal mos sal onthou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die portier neem die proffie na die prof se kamer se venster, trek die gordyn effens oop en beduie na die gemakkie wat doer agter in die agterplaas tussen die kerkhof se sipresse skuins in die yl maanverligte nag sy staan gekry het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die proffie bedank die porier fooitjieloos, en staan lank na die gedoentejie doer in die agterplaas en tuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe besluit hy, dit moet maar vir ligdag wag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar skaars het die prof die lakens opgetrek, of hy is weer grootoog, en kort daarna staan hy weer voor die venster.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Seker so met die vierde opslag, tref dit die prof hy gaan mos nie weer die sokkies wat hy die dag op die trein aangehad het weer tydens die ekskursie nodig kry nie, en hy kry \u2018n briljante idee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna is die ligte in die kamer uit, en \u2018n ruk later die venster opgeskuif, en eers een, en toe nog een, vlieg die kouse by die venster uit in \u2018n kakiebosbegroeide bedding in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe h\u00e9t die prof heerlik geslaap, kon die portier die Geloftefeekomitee met \u2018n skoon gewete inlig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat hy versuim het om te vermeld, was dat die proffie die volgende oggend, toe die sonnetjie die kamer helder verlig begin warm bak, nie wakker geword het nie, maar hom wawyd wakker geskrik het. Die een kous, so sien hy dadelik, het \u2018n gaatjie by die toon gehad en toe hy dit so in die rondte geslinger het om dit by die venster uit te lanseer, het dit gelol&#8230; so sien hy toe dadelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy smokkel die portier behoorlik die kamer in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk, ek gee jou tien pond as jy dit silwerskoon was en vir niemand s\u00ea nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die portier se mond hang oop terwyl hy die nuwerwetse kunswerke teen die muur betrag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMastah, ek gee vir mastah daai tien pond terug en nog tien pond as mastah vir my s\u00ea hoe mastah dit reggekry het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dis glo net hier waar die proffie se dringende gesinsake aandag moes geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Geloftefeeskomitee sit toe in die pekel. Buskruitbult kon nog nie \u2018n nuwe dominees kry wat die beroep aanvaar nie, en vandat die skoolhoof by mev. Pretorius betrap is, sal hy g\u2019n deug as hoofspreker by die Geloftefees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOom Skjeuns sal moet instaan,\u201d verklaar Brand van Schalkwyk, die ondervoorsitter en tesourier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiermee het almal konsensus, ook oom Skjeuns wat besef daar is nie tyd vir dwars trek nie, en ook heimlik ge\u00eberd voel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag kry Buskruitbult en omstreke \u2018n Geloftefees sonder weerga, besluit oom Skjeuns heimlik, min wetende dat hy profetiese denke had.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Knap voor die verrigtinge moes begin, tref die grootheid van die okkasie vir oom Skeuns. Die oop skuur is volgepak. Die gehoor sit op enige soort sitding wat hulle kon saambring, van riempiesstoele tot kombuisstoele. Ook die skousaal se opslaanstoele wat so ses-ses aanmekaar vas is wat oom Skjeuns geleen en aangery het, is volgepak van mense wat te min sitgoed vir die groot gesinne gebring het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buiteom is \u2018n groot verskeidenheid treppies en ander rygoed getrek waarin en waarop mense sit vir wie daar nie in die \u201csaal\u201d plek was nie. Oom Skjeuns besef hy sal hard moet praat, en juis toe oorval \u2018n benoudheid hom, en sy keel raak droog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Skjeuns sit om kombuis toe om \u2018n watertjie te gaan haal, en kom juis net daar aan toe die bo-deur oopvlieg en die huishulp die skottelgoedwater uitskiet. Oom Skjeuns kry \u2018n voltreffer. Hy staan nog bedremmeld toe tannie Skjeuns op hom afkom: \u201cNee Skjeuns, almal is so ernstig en jy maak nog grappies!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna kan oom Skjeuns egter droog aangetrek agter die baal wat as kateder dien instap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBroeders en susters, verleen my \u2018n oomblik om namens my gesin u algar hier op Skjeunskraal te verwelkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNamens die skoukomitee, net \u2018n ernstige versoek vooraf. Die skoukomitee versoek dat u, as u aan die baklei sou raak, u tog nie die skoustoele moet gebruik om mekaar mee te moker soos wanneer ons Sap- en Natvergaderings hou nie. Die skoukomitee wys daarop dat die heel rye begin min raak.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe val oom Skjeuns weg met \u2018n Geloftefeesrede soos nog nie tevore op Buskruitbult of omstreke gehoor is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Skjeuns wy uit oor die volk se hoogtepunte, en laagtepunte deur die geskiedenis. Met elke hoogtepunt, spring oom Skjeuns so \u2018n flink sprongetjie die lug in, en die gehoor se koppe knik na bo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met elke laagtepunt, sak oom Skjeuns so agter die baal weg, en bly \u2018n rukkie daar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan sit die gehoor eerbiedig met gebo\u00eb hoofde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis tog al so asof oom Skjeuns in die begin so \u2018n bietjie senuagtig was, maar later is hy so driftig, hy klink soos die orakel homsigselwers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, so geesdriftig \u2013 hoewel effe skeef die lug in \u2013 is \u2018n hoogtepuntsprong, dat die gehoor besonder geesdriftig hul koppe die lug inruk, hul bolywe ruk eintlik agteroor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook twee lywige tantes wat op \u2018n treppie gesit het, ruk agteroor \u2013 en daar wip die disselboom gat oor kop!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa Jan vertel dit was te aardig \u2013 die ene niekerbokkers, toe rol die twee tantes deur die stof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand trek \u2018n bek nie, en \u2018n klomp jong manne draf nader, help die twee tantes op, stof af, tip die treppie weer reg, en pak \u2018n paar swaar plaasimplemente op die disselboom, en die twee tantes kry weer hul sit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Skjeuns het intussen \u2018n liederlike laagtepunt beleef, en die heel tyd agter die baal verkeer. Toe hy hervat, is sy spronge met heelwat minder veerkrag en al skuinser die lug in. Sy laagtepunte agter die baal is ook langer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe bars \u2018n jong man in die \u201csaal\u201d kliphard los: \u201cNou kan julle my skiet, maar nou gaan ek eers lag!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe dawer dit, soos die mense wat die tantes se petalje kon sien, uitbars van die lag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Skjeuns beleef egter vir die duurte van die lagbui weer \u2018n laagtepunt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sake weer stigtelik is, en oom Skjeuns meen om homself van agter die baal uit te lanseer, lanseer hy hom te skjeuns uit, en slaan lankuit op die stoor se vloer neer. En hy kom nie weer op nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ondersoek ter plaatse deur die lid vir Gesondheid van die Geloftefeeskomitee kondig aan: \u201cHy is flou, ek dink ons verdaag.\u201d Dr. Cornelissen was nog nooit \u2018n man vir lang vergaderings nie, en as hy \u2018n kans soos hierdie kry om sake kort te knip, dan benut hy dit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die jong manne het agter die baal gaan ondersoek instel. In die somers neig giftige slange mos om in bale te gaan skuil, en as mens so raas, kan \u2018n giftige slang mos heel befoeterd raak en naderhand iemand pik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy graafwerk in die baal lewer egter \u2018n heel ander buit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk net hier!\u201d brul hy. \u201cOom Skjeuns het met elke laagtepunt bietjie versterking kom neem!\u201d en hy lig sy buit \u2013 \u2018n amper le\u00eb brandewynbottel, omhoog.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0434\u0438\u0442\u044f\u0447\u0456 \u0456\u0433\u0440\u0430\u0448\u043a\u0438 \u0456\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442-\u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pa Jan is lankal nie meer daar om gevra te kan word dat hy op sy Namakwalandse manier opklaar watter storie by watter storie bymekaar hoort nie. Toe Pa Jan ons ontval het was die uwe maar nog baie jonk en dan luister \u2018n man mos nie altyd met die nodige aandag nie. Om seker &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6990\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Feloftegees, ekskuus, Geloftefees sonder weerga&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8002,7998,7999,8000,8001],"class_list":["post-6990","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-buskruitbult","tag-gelofte","tag-geloftefees","tag-humor","tag-namakwaland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6990","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6990"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6990\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6990"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6990"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6990"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}