{"id":6983,"date":"2009-12-11T06:08:42","date_gmt":"2009-12-11T06:08:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6983"},"modified":"2009-12-11T06:08:42","modified_gmt":"2009-12-11T06:08:42","slug":"die-keiser-is-kaal-en-die-kroonprins-ween","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6983","title":{"rendered":"Die keiser is kaal en die kroonprins ween"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pas het beide die DA en die VF+ hul regeringsevalusie gedoen. Die benadering het effens verskil \u2013 waar die VF+ punte \u2013 meestal druippunte \u2013 aan spesifieke velde soos misdaadbekamping en ekonomiese sake toegeken het, het die DA rapporte aan ministers uitgedeel. Ook hier was druippunte aan die orde van die dag en het die Kabinet \u2018n gemiddeld van minder as 5 uit tien behaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die oog die meeste tref is dat die DA aan pres. Jacob Zuma \u2018n besonder lae punt toeken, maar die een uit tien wat hy vir respek vir die grondwet kry, is skokkend. Op die VF+ se rapport het Justisie ook \u2018n baie lae drie uit tien gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor het TNS bevind dat Zuma se gewildheid weer \u2018n ho\u00eb 58 persent behaal het, maar die Instituut vir Geregtigheid en Versoening het weer uiters negatiewe syfers oor Suid-Afrikaners se persepsies op die tafel geplaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma kan slegs homself blameer vir die druippunte wat hy en sy administrasie op verskeie terreine op die lyf loop. Traagheid om daad by die woord te voeg, is een. Uitsprake oor hoe korrupsie vasgevat gaan word terwyl Suid-Afrika nog verder op die internasionale korrupsie-persepsie-indeks terugsak, is \u2018n verdoemende voorbeeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sommige gevalle, soos die Maroga \u2013 Chuene \u2013 aangeleenthede, is eventueel toegelaat dat die onvermydelike gebeur, maar wanneer dit by Julius Malema kom, word halsstarrig vasgeskop en selfs stroomop beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is die teerling gewerp. Die stout seun het by die SAKP se spesiale kongres opgedaag, is uitgejou, en toe hy op \u2018n spreekbeurt aandring, is dit geweier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na berig word het Bitterbang Bibberbeentjies Malema uitgestorm en ges\u00ea hy gaan Zuma vra om die SAKP te betig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl \u2018n sug van verligting deur \u2018n groot deel van die bevolking geslaak word dat Malema uiteindelik, al is dit net tydelik, sy rieme iewers in die alliansie vasgeloop het, het die SAKP ook genoeg gedoen om te bevestig dat dit steeds nie weet hoe die vurk met belangrike grondwetlike sake in die hef steek nie. Solidariteit en Afriforum \u2013 wat beide moeite doen om in pas met die beste internasionale praktyk van grondwetlikheid en die volkereg op te tree &#8211; is oor die kole gehaal oor hulle glo die kleed van omgekeerde rassisme oor die SAKP hang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die blote gebruik van die term \u201comgekeerde\u201d dui op \u2018n versteurde persepsie van begrippe soos rassisme en diskriminasie. Dis nie maar iets wat soos \u2018n Volla op die hoek omgekeer kan word nie. Rassisme bly rassisme en diskriminasie bly diskriminasie ongeag aan watter voet hierdie sokkie getrek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of anders gestel, deur sommige vorme van rassisme en rasgebaseerde diskriminasie te regverdig kom maar net weer op \u2018n beheptheid met rassediskriminasie uit, en die blote feit dat dit aan \u2018n ander voet pryk, het niks omgekeer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, eintlik was die aanvalle op Solidariteit en Afriforum regstegnies voortydig omdat die hofuitspraak oor \u2018n belangrike faset afgewag word en kan Gwede Mantashe se aanval as minstens disrespekvol teenoor die regspraak vertolk word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar die gemeenskap w\u00e9l rede tot kommer oor diskriminasie het, is die lot van mense met gestremdhede. Op die DA se telkaart het die minister wat met hierdie verantwoordelikheid toevertrou is, Noluthando Mayende-Sibiya, \u2018n skamele 2,5 persent gekry.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/avtomaticheskie-stancii\">\u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0442\u0430\u043d\u0446\u0438\u0438 \u0446\u0435\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pas het beide die DA en die VF+ hul regeringsevalusie gedoen. Die benadering het effens verskil \u2013 waar die VF+ punte \u2013 meestal druippunte \u2013 aan spesifieke velde soos misdaadbekamping en ekonomiese sake toegeken het, het die DA rapporte aan ministers uitgedeel. Ook hier was druippunte aan die orde van die dag en het die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6983\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die keiser is kaal en die kroonprins ween&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7991,7599,6539,7576,321],"class_list":["post-6983","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-chuene","tag-da","tag-malema","tag-vf","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6983","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6983"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6983\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6983"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6983"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6983"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}