{"id":6982,"date":"2009-12-11T06:02:42","date_gmt":"2009-12-11T06:02:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6982"},"modified":"2009-12-11T06:02:42","modified_gmt":"2009-12-11T06:02:42","slug":"saambly-en-die-bybelse-huwelik-onder-die-loep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6982","title":{"rendered":"Saambly en die Bybelse huwelik onder die loep"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/landman_christo.jpg\" border=\"0\" width=\"153\" height=\"193\" \/>\u2018n Polemiek woed tans oor saambly. Van \u201cdie kerk\u201d word verwag om standpunt in te neem. Beter gestel: van kerke soos die NGK word gevra om leiding te gee. Aangesien daar \u2018n duisternis van kerke is, sal kerke se antwoorde radikaal verskil. So sal \u201cinheemse kerke\u201d en ook Europees-ge\u00efnspireerde kerke, soos die Mormone (die Kerk van Jesus Christus van die heiliges van die laaste dae) van Amerika, selfs ruimte bied vir een-man-en-vele-vroue.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die kader van die Christendom is dit beter om van \u2018n Bybelse karakter van die huwelik as van \u2018n Christelike karakter van die huwelik te praat. Die probleem rondom die idee van \u2018n Christelike huwelik is dat, sedert Konstantyn die Grote, die kerklike en staatlike huwelik saamgeval het. Dit is die moment toe die Christelike geloof die staatsgeloof van die Romeinse owerheid geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die helenisering van die Christendom, onder die leiding van die kerkvaders, het die band met die Juda\u00efsme vervlak, en het die staatlike huwelik eensklaps nou ook \u2018n Christelike huwelik geword. Dit het beteken dat twee huweliksmaats net kan saambly as die staatlike huwelik in die kerk voltrek is. In wese trou \u2018n predikant \u2018n paartjie in die kerk kragtens \u2018n sanksie wat die staat aan hom\/haar verleen het. Die predikant is dus \u2018n staatlike huweliksbevestiger, of staatsamptenaar vir die duurte van die seremonie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Christendom is \u2018n veel later ontwikkeling van die Messiaanse beweging van Jesus en van die Jerusalembeweging van Jakobus as die Christelike kerk. Jesus was \u2018n Jood; het in die Sinagoge aanbid, en die Jesusbeweging was daarop bedag om die koninkryk van JHVH te laat kom. Die implikasie hiervan was die omverwerping van die Romeinse juk van onderdrukking. In wese is die Griekse Christendom wat van sy Joodse wortels vervreem is, \u2018n nuwe godsdiens. Wie dus vanuit die ontstaanswortels van die Christendom na die huwelik kyk moet dus by die Eerste Testament begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste vorm van die Bybelse huwelik waarvan ons weet is die verbintenis van twee persone uit en kragtens twee families. Dus \u2018n huwelik soortgelyk aan die moderne inheemse bantoehuweliksvorm. Die vrou se produktiewe vermo\u00eb tot gesinsvorming was die waarborg vir die konstante in en van die huwelik. By gebrek aan \u2018n vermo\u00eb om kinders te h\u00ea moes die familie van die vrou in die huwelik \u2018n alternatief bied. Kinders wat uit die plaasvervangende vrou gebore is, is geag die kinders van die onvermo\u00ebnde vrou te wees. Hierdie is die leviraatsgebruik in huweliksverbindinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die invloed van die humanistiese individualisme het die huwelik as verbintenis tussen twee families \u2018n gedaanteverwisseling ondergaan. Eerstens word dit toe \u2018n verbintenis tussen twee huweliksmaats. Toe het die huwelik \u2018n twee-eenheidsgemeenskap van een man en een vrou geword. Daarmee het die familiekonteks van \u2018n huwelik binne die raamwerk van twee families vervaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In nog \u2018n later ontwikkeling van die humanisme is die huwelik \u2018n verbintenis van twee persone. Dit kan twee mans of ook twee vroue wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat dus uitgekristalliseer het is die privaatregtelike karakter van die moderne huwelik as \u2018n verbintenis van twee persone.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nader omskryf: \u2018n huwelik is \u2018n spesiale samelewingstruktuur van twee persone wat onder die leiding van die liefde seksuele omgang en verkeer moontlik maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verbintenis kan wees \u2018n privaatregtelike kontrak tussen twee persone, hetsy in die staatlike sin, of heeltemal privaat of in die openbaar bevestig by wyse van \u2018n godsdienstige aksie. Laasgenoemde kan getipeer word as privaatregtelike godsdienshuwelike.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Bybelse konteks kan die huwelik net \u2018n verbintenis wees van een-man-en-een-vrou. Die kwalifikasie van een-man-en-een-vrou, of twee persone van teenoorgestelde geslagsidentiteite, korrespondeer met die skeppingsorde. Mans en vrouens se geslagorgane verskil van mekaar en die verkeer tussen man en vrou is gerig op gesinsformasie. Dus: trou en vermeerder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n moderne staat moet die staatsregtelike karakter van die huwelik ook voorsiening maar vir privaatregtelike huwelike, by byvoorbeeld tradisionele gemeenskappe of godsdiensgroeperinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As formele saambly gepaard gaan met \u2018n plegtige verbintenis tussen twee persone wat seksuele verkeer moontlik maak onder die leiding van die liefde, maar dan nog nie met \u2018n staatsregtelike karakter nie, dan kan geen besware daarteen geopper woorde nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat \u201cortodokse\u201d ouers vir hulle kinders moet s\u00ea is dat seksuele verkeer tussen twee mense in prinsipe \u2018n huweliksband daarstel; \u2018n huweliksband wat, as dit verbreek word, op egbreek neerkom.<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/malyshi-do-goda\/vse-dlja-kormlenija\/sljunjavchiki\">\u0441\u043b\u044e\u043d\u044f\u0432\u0447\u0438\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/antikor.com.ua\/articles\/68264-prokurorskie_vojny_po-harjkovski_oblprokuror_daniljchenko_obvinil_eks-prokurora_harjkova_popovicha_v\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Polemiek woed tans oor saambly. Van \u201cdie kerk\u201d word verwag om standpunt in te neem. Beter gestel: van kerke soos die NGK word gevra om leiding te gee. Aangesien daar \u2018n duisternis van kerke is, sal kerke se antwoorde radikaal verskil. So sal \u201cinheemse kerke\u201d en ook Europees-ge\u00efnspireerde kerke, soos die Mormone (die Kerk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[7990,7989,7988],"class_list":["post-6982","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-huwelik","tag-saambly","tag-saamwoon"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6982","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6982"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6982\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6982"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6982"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6982"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}