{"id":697,"date":"2007-07-27T09:33:44","date_gmt":"2007-07-27T09:33:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=697"},"modified":"2007-07-27T09:33:44","modified_gmt":"2007-07-27T09:33:44","slug":"vervolg-de-klerk-en-vlok-gerus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=697","title":{"rendered":"Vervolg De Klerk en Vlok gerus"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">De Klerk, asook sy hoofonderhandelaar Roelf Meyer, word vandag allerwe&euml; in Afrikanergeledere as &rsquo;n verraaier beskou. Meyer het intussen letterlik na die ANC oorgeloop, wat &rsquo;n aanduiding is dat hy moontlik nog altyd aan die destydse eksterne gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, onder aanvoering van Joe Slovo se kant was.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Of De Klerk ook op &rsquo;n stadium deur die ander kant gewerf is, sal ons nooit weet nie. Hy mag as verraaier gehandel het, of het bloot &rsquo;n kranksinnige graad van nalatigheid aan die dag gel&ecirc;. Dit mag ook wees dat hy so na&iuml;ef en onnosel was dat hy die ANC ernstig opgeneem en geglo het dat hulle werklik vir die Afrikaner plek in hul revolusion&ecirc;re, gesuiwerde Afrosentriese staat sou inruim. Soos Pik Botha, &rsquo;n ander NP-&ldquo;verligte&rdquo; van destyds, onlangs verklaar het, het die ANC egter &ldquo;vir ons gelieg&rdquo;.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoe dit ook al sy, en benewens Piet de Wet en ander hensoppers tydens die Anglo-Boereoorlog, is F.W. de Klerk vandag sekerlik die mees gehate man in die Afrikanergeskiedenis. Hy is wesenlik verantwoordelikheid vir die ellende wat ons tans ervaar in die vorm van geweld, taal- en rassediskriminasie, verval van ons territoriale integriteit met die instroming van buitelanders oor ons grense, grondhervorming en alles wat daarmee saamhang.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Onder sy vele flaters of doelbewuste pogings om ons toekoms te saboteer, het De Klerk ook in 1991 op die aandrang van Mandela &rsquo;n amnestiewet gestem waardeur al die gevange en veroordeelde ANC-moordenaars kwytskelding ontvang het. Sy eie veiligheidsmagte het egter geen amnestie ontvang nie en moes voor die WVK-sirkus verskyn waar die vyande van die Afrikaner, onder andere Alex Boraine en Desmond Tutu, ons internasionaal as Nazi&rsquo;s en volksmoordenaars beswadder het. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Die revolusie vreet sy eie kinders op,&rdquo; het Danton tydens die Franse Revolusie ges&ecirc;. Hierdie ou waarheid verkry vandag nuwe stelligheid met die De Klerk-vervolging. F.W. het waarskynlik nooit kon dink dat die ongenaakbare revolusie wat oor die afgelope dertien jaar soveel duisende Afrikanerlewens sou eis, hom ook uiteindelik in sy visier sou kry nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As De Klerk hare gehad het, sou hy hulle vandag uit sy kop wou trek omdat hy destyds so goedsmoeds die ANC se totale terroristele&euml;r kwytgeskeld, maar nie aan sy veiligheidsmagte en aan homself gedink het nie. Op &rsquo;n manier het slim sy baas gevang en is gewone Afrikaners geregtig op &rsquo;n bietjie leedvermaak om te sien hoe die ANC besig is om met De Klerk te mors.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\">Met sy perskonferensie gister het hy gepoog om simpatie vir hom onder Afrikaners te wek, maar jammerlik gefaal. As De Klerk weet wat goed vir hom is, sal hy vandag sy verskoning aanbied, nie aan Frank Chikane of die ander ANC-gedrogte wat hard daaraan werk om ons &agrave; la Mugabe uit ons land te verdryf nie, maar aan sy eie mense wat hom eens met hul toekoms vertrou het. De Klerk behoort op sy knie&euml; te gaan en te erken dat hy met sy &ldquo;onoorwonne oorgawe&rdquo;, soos Giliomee daarna verwys, die mees groteske wandaad in ons 350-jarige geskiedenis begaan het.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat hy gedoen het, is besig om meer vernietigend op die Afrikanervolk in te werk as Milner en Kitchener se konsentrasiekampe; ons hele toekoms in Afrika is op die spel. Daarvoor sal hy nooit vergewe word nie en behoort hy, soos ek reeds in <em>The Scourge of the ANC<\/em> geskryf het, voor &rsquo;n Afrikaner-vuurpeleton te sterf.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gedane sake het egter geen keer en ons mense, anders as die ANC-kommissaars, is nie van nature wraaksugtig nie. Daarom kan De Klerk in &rsquo;n geringe mate bydra tot ons huidige stryd deur te erken dat hy &rsquo;n enorme fout begaan het. Hy kan selfs pleit dat hy deur die Britte en Amerikaners mislei is. Dit sal die reeds wankelende legitimiteit van die huidige stelsel verder aftakel en sodoende ons huidige pogings om vryheid te herwin, vergemaklik.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tot tyd en wyl De Klerk werklik tot inkeer kom en besef watter kolossale onreg hy ons aangedoen het, sal gewone Afrikaners hulle verlustig in die gedagte dat die eertydse arrogante verraaierpresident nou self deur sy eertydse vriende aangekla gaan word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">De Klerk was lid van die Staatsveiligheidsraad en moes vir seker op hoogte gewees het van koverte operasies wat deur die destydse veiligheidspolisie en nasionale intelligensie gevoer is, veral waar sluipmoorde ter sprake was. Die ANC en sy nasionale vervolgingsgesag is daarom korrek in hul afleiding dat De Klerk ewe strafbaar as Vlok en sy voetsoldate is. Sy verweer dat hy kastig na&iuml;ef was en net van sulke sake in die koerante gelees het, kan kwalik ernstig opgeneem word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tot tyd en wyl De Klerk berou begin toon, sal die wens van die gewone Afrikaner wees dat sy kierangs mag braai en dat hy as openbare figuur afgetakel sal word tot &rsquo;n vlak benede die smaad en vernedering wat ons volk tans reeds van sy vyande verduur.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/tiaras\/\">bridal hair tiara<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/nahnews.org\/160337-kto-pomogaet-xarkovchanam-skryvatsya-ot-mobilizacii\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Adriaan Vlok het homself enkele maande gelede verneder deur die radikale teoloog, Frank Chikane, se voete te gaan was. Nou ontvang hy sy verdiende loon met die nuus dat hy waarskynlik vervolg gaan word.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar ook F.W. de Klerk, die voormalige staatspresident wat ons in die huidige toestand van volslae magteloosheid, ongelykheid en geweld gedompel het met sy onbesonne oorgawe aan die radikale ANC\/SAKP-ballingbende, gaan blykbaar tesame met Vlok vervolg word.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,757],"class_list":["post-697","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-vervolg-de-klerk-en-vlok-gerus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/697","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=697"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/697\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=697"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=697"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=697"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}