{"id":6967,"date":"2009-12-10T11:18:49","date_gmt":"2009-12-10T11:18:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6967"},"modified":"2009-12-10T11:18:49","modified_gmt":"2009-12-10T11:18:49","slug":"internetdebat-oor-identiteit-trek-suur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6967","title":{"rendered":"Internetdebat oor identiteit trek suur"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit het soos &#8216;n blink plan geklink &#8211; &#8216;n webwerf waar die Franse kon deelneem aan &#8216;n debat oor hulle nasionale identiteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar President Nicolas Sarkozy se hoop op &#8216;n beskaafde uitruil van gedagtes is blykbaar verydel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duisende sogenaamde &#8220;rassistiese&#8221; bydraes, met die algemene tema dat vreemdelinge huis toe moet gaan, is gepos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Frankryk het &#8216;n Afrika-kolonie geword op &#8216;n manier wat nie nou omgekeer kan word  nie,&#8221; lees die een, terwyl &#8216;n ander s\u00ea:  &#8220;Voorheen het Frankryk kolonies gehad, nou is dit self &#8216;n kolonie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander lees: &#8220;Niemand in Frankryk het gevra om deur vreemdelinge ingeval te word nie,&#8221; &#8220;Om Frans te wees is om in Frankryk gebore te word uit twee Franse ouers,&#8221; en &#8220;Immigrante wat hulle leefstyl op ons wil afdwing, moet huis toe gaan.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Franse eerste minister Francois Fillon het die debat verdedig, en &#8216;n hartstogtelike toespraak gegee oor die onderwerp &#8220;wat dit beteken om Frans te wees,&#8221; tydens &#8216;n dinkskrum in Parys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ingestaan vir President Nicolas Sarkozy wat onttrek het en skeduleprobleme as die rede aangedui het, toe die debat suur getrek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Om hierdie debat te weier en om die idee dat die Franse mense &#8216;n unieke identiteit het te stigmatiseer, gaan daartoe lei dat die veld oop gelaat word vir ekstremiste,&#8221; het mnr. Fillon ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het Sarkozy se mening dat tradisionele partye, soos die regerende UMP, die onderwerp van patriotiese trots uit die greep worstel van die anti-immigrante Nasionale Front, wat hulleself lankal as die kampvegter van &#8216;n &#8220;ware Frankryk&#8221; plooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Segsman vir die minister van immigrasie, Eric Besson, s\u00ea die openlike rassistiese uitsprake was &#8220;onverskoonbaar,&#8221; maar ander negatiewe opvattings was alles deel van die demokratiese debat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die segsman het bygevoeg: &#8220;Twee weke gelede is ons gekritiseer dat ons die mense sensor, en vandag word ons gekritiseer daarvoor dat ons &#8216;n groot diversiteit van opinies respekteer.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Yazid Sabeg, die kommissaris van diversiteit en gelykheid, s\u00ea hy &#8220;verafsku&#8221; die terme van die debat wat deur mnr. Besson se webwerf geopen is, en het bygevoeg: &#8220;Nasionale identiteit is &#8216;n gevaarlike debat. &#8216;n Mens moet die debat die waardigheid en diepte gee wat dit verdien.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alle Franse burgers is uitgenooi om aan mnr. Sarkozy se Groot Debat oor nasionale identiteit, wat veronderstel is om tot die einde van Januarie aan te hou, deel te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rassespanning het in die onlangse jare gedy, met onluste in ho\u00eb-immigrasievoorstede, vrese oor Islamitiese terrorisme, pogings om Moslem-sluiers te verban en vrese dat die Galliese identiteit in die globale ekonomie verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Frankryk het een van die grootste immigrantebevolkings in Europa, asook die grootste Moslem- bevolking van omtrent vyfmiljoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Sarkozy s\u00ea dit is belangrik vir almal om hulle identiteit te bespreek, want wat dit beteken om Frans te wees &#8220;is vergete en soms ontken.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opposisie Sosialiste het betoog dat die nasionale identiteitsdebat &#8216;n politieke slenter is wat daarop gemik is om ondersteuning van die verregse Nasionale Front af te rokkel voor die streeksverkiesings in Maart.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intellektuele en filosowe is ook onder di\u00e9 wat s\u00ea dat die debat xenofobie en rassisme aanmoedig.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">new games play now<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het soos &#8216;n blink plan geklink &#8211; &#8216;n webwerf waar die Franse kon deelneem aan &#8216;n debat oor hulle nasionale identiteit. Maar President Nicolas Sarkozy se hoop op &#8216;n beskaafde uitruil van gedagtes is blykbaar verydel. Duisende sogenaamde &#8220;rassistiese&#8221; bydraes, met die algemene tema dat vreemdelinge huis toe moet gaan, is gepos. &#8220;Frankryk het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6967\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Internetdebat oor identiteit trek suur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[7976],"class_list":["post-6967","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internetdebat-oor-identiteit-in-frankryk-trek-suur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6967","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6967"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6967\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6967"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6967"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6967"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}