{"id":6952,"date":"2009-12-10T07:59:24","date_gmt":"2009-12-10T07:59:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6952"},"modified":"2009-12-10T07:59:24","modified_gmt":"2009-12-10T07:59:24","slug":"mensdom-vanjaar-n-eeu-gelede-byna-van-jules-verne-se-beste-werk-beroof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6952","title":{"rendered":"Mensdom vanjaar \u2018n eeu gelede byna van Jules Verne se beste werk beroof"},"content":{"rendered":"<p>Kan dit weer gebeur?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanjaar, presies \u2018n 100 jaar gelede, het \u2018n boek onder die naam van Jules Verne verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die boek, <em>Les naufrag\u00e9s du Jonathan<\/em>, (Die oorlewendes van die Jonathan) het vier jaar na die dood van Verne verskyn, en was \u2018n somber, swartgallige beskouing van die samelewing van sy tyd. Die manuskrip is reeds in 1897 neergepen, en die somberheid is toegeskryf aan Verne se goemoedstoestand nader aan sy dood in 1905.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie boek het gou in die vergetelheid geraak, en dit het in 1977 eers duidelik geword hoekom. Dit was skynbaar reeds bekend dat Verne se seun, Michel, die oorspronklike manuskrip verwerk het, maar in 1977 het Piero Gondolo della Riva van Venesi\u00eb die oorspronklike manuskrip, opgespoor, en die boek het onder sy oorspronklike titel, Magellania, verskyn. \u2018n Engelse vertaling het eers in 2002 die lig gesien. Toe eers het dit duidelik geword in welke mate Michel die boek herskryf, en eintlik verongeluk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Michel beoog het is nie duidelik nie. Meestal word aanvaar dat Magellania so dramaties van Verne se ander werke verskil het, dat die uitgewer gemeen het Verne se aanhangers sou hierdie andersheid nie aanvaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die verskyning van die oorspronklike Magellania is egter \u2018n nuwe gehalte-dinamika aan Verne se oeuvre toegevoeg, iets waarvan sy seun sy nalatenskap byna beroof het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs vandag nog beperk inligtingstukke oor Verne hom dikwels tot die vader van wetenskapsfiksie. Verne was egter geen fiksieskrywer in die egte sin van die woord nie. Talle van die tuie en instrumente wat hy in sy boeke beskryf het, het later werklikheid geword, en van die uitvinders het ook erkenning aan Verne vir hul inspirasie gegee. Onder Verne se \u201cvoortydige\u201d beskrywings tel duikbote, helikopters, lugre\u00eblings en rolprente.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Magellania speel hom egter op \u2018n heel ander vlak af \u2013 \u2018n kliniese ontleding van gemeenskapslewe, filosofie, godsdiens en die mens se posisie in die natuur. As basis gebruik hy die lot van \u2018n groep skipbreukelinge wie se skip in die Straat van Magellaan vergaan het. Die oorlewendes besluit om \u2018n kolonie te stig. Hul wel en we\u00eb kruis met di\u00e9 van \u2018n persoon van onbekende herkoms, Kaw-djer, wat voorheen net ingestel was op sy eie en die inboorlinge se behoeftes. Sy eie herkoms is in misterie gehul, en sy lewensuitkyk, \u201cGeen God en geen meester nie\u201d verklap die filosofiese diepte waarin die boek delf. Kaw-djer, met sy uitgebreide kennis, help die koloniste om te vestig, maar toe die gemeenskap uitmekaar begin val, is hy teensinnig om as leier oor te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kaw-Djer, wie se innerlike gemoed en gedagtegang eerder as die omgewing en gebeure die verhaal oorheers, is \u2018n passiewe anargis en hy glo vas in die vryheid van die menslike gees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier, aan die suidpunt van Amerika, waar Chili en Argentini\u00eb met mekaar oorhoeks is oor waar die grens tussen hulle loop, vind Kaw-djer die niemandsland waar hy sy lewensuitkyk ongesteurd kan uitleef. Met die stranding van die Jonathan, wie se skipbreukelinge eintlik na Afrika onderweg was, word sy opvattings deur praktiese realiteite uitgedaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Magellania was egter nie die enigste werk van Verne wat geykte opvattings van die skrywer uitgedaag het nie. Op grond van sy werk, Mathias Sandorf, wat oor \u2018n Hongaarse vryheidsvegter handel, is hy soms ook as rewolusion\u00ear beskou. Sandorf, wat as verdediger van die verdrukte volksmassa intree, is reeds \u2018n voorloper van Kaw-Djer wat dieper na die lewe kyk as die geykte opvattings van sy tyd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter moeilik om te bepaal of Verne Kaw-Djer se lewensbeskouing futuristies op vandag se samelewing sou wou projekteer, soos hy met sy tegnologiese \u201cuitvindings\u201d gedoen het.  Hy het immers vir Kaw-Djer \u2018n afgele\u00eb deel van die w\u00eareld gekies wat slegs deur beperkte buite-insette aangetas is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Meer sinvolle vraag sou moontlik wees hoeveel armer die w\u00eareld is omdat nuwe insigte nie in die gemeenskap opgeneem word nie. Skrywers, by uitstek, is aan die beoordeling van uitgewers uitgelewer of hul pennevrug die gemeenskap sal haal. Vandag bied die internet wel \u201caflaaiplek\u201d en potensieel \u2018n w\u00eareldgehoor, maar dit is steeds die gedrukte media wat die denkraamwerk bepaal. By die onlangse SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se eeufeesvieringe is byvoorbeeld (so ver bekend) geen kategorie geskep vir bydraes tot Afrikaans of die wetenskap wat op die internet geplaas is nie. Daar is dus geen aanmoediging of inspirasie vir internetskrywers om by standaard-taalgebruik en spelling te bly nie, en die spelling is gewoonlik ook beroerd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklike vraag is egter: Bepaal dit wat die gemeenskap verwag \u2013 dit wat binne sy gemaksone val, nie dit waaraan die denkende gemeenskap blootgestel word nie? As \u2018n skrywer soos Verne amper-amper van sy diepgang en veelsydigheid beroof kon word, hoeveel ander gevalle is daar nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die gevestigde w\u00eareld van die evolusioniste, insluitend die te\u00efstiese evolusioniste, geomorfolo\u00eb en sterrekundiges word deurlopend deur jong aarde kreasioniste bygedam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit werklik in die Akademie se belang dat gemeenskappe moet ervaar dat die sepie-kultuur \u2018n groter erkenning verdien as diepgang buite die gedrukte en uitgesaaide w\u00eareld bloot omdat dit deur vooropgesette idees na die internet \u201cverban\u201d is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan daar oor bykans \u2018n eeu \u2018n Piero Gondolo della Riva wees wat daarin gaan slaag om kosbaarhede van skrywers op die internet gaan opspoor en deel van die hoofstroom-raamwerk neem? Gaan daar van gevestigde en selfs bekroonde skrywers so werke na vore kom wat die letterkunde gaan verryk, maar internet toe verban is omdat dit anders as hul geykte patroon was?<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/stomatologicheskie-kliniki-moskvy\/\">\u043b\u0443\u0447\u0448\u0430\u044f \u0441\u0442\u043e\u043c\u0430\u0442\u043e\u043b\u043e\u0433\u0438\u044f \u0432 \u043c\u043e\u0441\u043a\u0432\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan dit weer gebeur? Vanjaar, presies \u2018n 100 jaar gelede, het \u2018n boek onder die naam van Jules Verne verskyn. Die boek, Les naufrag\u00e9s du Jonathan, (Die oorlewendes van die Jonathan) het vier jaar na die dood van Verne verskyn, en was \u2018n somber, swartgallige beskouing van die samelewing van sy tyd. Die manuskrip is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6952\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mensdom vanjaar \u2018n eeu gelede byna van Jules Verne se beste werk beroof&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[7968,7967,7966],"class_list":["post-6952","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","tag-beste-boek","tag-jules-verne","tag-les-naufrages-du-jonathan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6952","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6952"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6952\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6952"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6952"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6952"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}