{"id":6943,"date":"2009-12-09T07:18:45","date_gmt":"2009-12-09T07:18:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6943"},"modified":"2009-12-09T07:18:45","modified_gmt":"2009-12-09T07:18:45","slug":"stof-gaan-le-oor-bulslagting-maar-gaan-klere-waai-nog-n-bul-is-kaalhande-in-n-zoeloeritueel-doodgemaak-en-die-hof-het-nie-n-stokkie-daarvoor-gesteek-nie-die-organisasie-peta-people-fort-he-ethical-tre","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6943","title":{"rendered":"Gaan die klere waai?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n bul is kaalhande in \u2018n Zoeloeritueel doodgemaak, en die hof het ni\u00e9 \u2018n stokkie daarvoor gesteek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die organisasie, Peta, People fort he ethical treatment of animals, wat baie prominent was in hierdie sage, is egter nie \u2018n katjie wat sonder handskoene aangepak kan word nie, en dit laat ook nie sommer los as dit \u2018n saak in die oog het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peta maak daarop aanspraak dat dit meer as twee miljoen lede w\u00eareldwyd het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak oor die Zoeloe-bulritueel is deur Peta se Asiatiese tak gedryf, met sy swaartepunt in Indi\u00eb, waar beeste \u2018n besondere godsdienstige plek inneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peta is veral bekend vir sy jaarlikse protes teen die jaarlikse Pampelona-bullopie in Spanje. Die hoofelement hiervan is dat lede dieselfde roete \u2018n ruk voor die gewraakte geleentheid kaalbas aandurf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook by ander geleenthede is Peta-lede nie &#8230;skaam om die klere te laat waai nie. Hierdeur word verseker dat die o\u00eb van die w\u00eareld op hul saak, en die lense van die fotograwe op hul lywe gefokus bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Duidelike aanduiding dat Peta nie maar gaan berus by die hofuitspraak nie is dat Peta se veldtog rondom die Zoeloe-ritueel heelwat meer as \u2018n 13 000 trefslae op Google oplewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 stadium is dit nog nie duidelik welke optrede Peta verder in gedagte het nie. Een van die voorste aktiviste teen die slagting, die Indiese advokaat Maneka Ghandi, is in die Hindu Times aangehaal vir \u2018n stelling dat duisende studies daarop wys dat mense wat wreedhede teenoor diere pleeg, dikwels ook geweddadig teenoor hul medemens optree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Hindu Times sleep egter self die Fifa-toernooi by die saak by, deur daarop te wys dat minister Sicelo Shiceka volle steun toeges\u00ea het aan planne om rituele slagtings by elk van die 2010-toernooi se stadions te doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of Peta planne het om die klere te laat waai of nie, die organiseerders van die W\u00eareldbeker het nou \u2018n bul in die salf.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ukladka-parketa.com\/products\/ukladka-parketa-raznovidnosti-montazh\">\u0443\u043a\u043b\u0430\u0434\u043a\u0430 \u0444\u0430\u043d\u0435\u0440\u044b \u043d\u0430 \u0441\u0442\u0430\u0440\u044b\u0439 \u0434\u0435\u0440\u0435\u0432\u044f\u043d\u043d\u044b\u0439 \u043f\u043e\u043b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ru.golos.ua\/suspilstvo\/shokin_uvolil_prokurora_harkova_1161\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog \u2018n bul is kaalhande in \u2018n Zoeloeritueel doodgemaak, en die hof het ni\u00e9 \u2018n stokkie daarvoor gesteek nie. Die organisasie, Peta, People fort he ethical treatment of animals, wat baie prominent was in hierdie sage, is egter nie \u2018n katjie wat sonder handskoene aangepak kan word nie, en dit laat ook nie sommer los &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6943\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gaan die klere waai?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7962,5026,7963],"class_list":["post-6943","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-bulslag-ritueel","tag-zoeloe","tag-zulu"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6943","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6943"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6943\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6943"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6943"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6943"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}