{"id":6942,"date":"2009-12-09T06:36:07","date_gmt":"2009-12-09T06:36:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6942"},"modified":"2009-12-09T06:36:07","modified_gmt":"2009-12-09T06:36:07","slug":"volstruispolitiek-of-sluimer-en-slaap-intelligensiedienste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6942","title":{"rendered":"Volstruispolitiek of sluimer en slaap intelligensiedienste?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Een van die belangrikste redes waarom state groot bedrae geld aan Intelligensiedienste bestee is om die regering van behoorlik ge\u00ebvalueerde inligting te voorsien. Twee opdragte wat intelligensie-beamptes by aanstelling kry is dan ook om slegs die waarheid, maak nie saak hoe ongewild nie, aan die regering te rapporteer en om geen onwettige opdrag uit te voer nie.<\/p>\n<p>Sonder hierdie betroubare inligting is dit nie moontlik om die objektiewe regeringsbesluite te neem wat nodig is om \u2018n land stabiel te kan regeer nie. Di\u00e9 inligting behels ook inligting oor \u2018n wye spektrum sosio-ekonomiese sake wat aangespreek moet word om stabiliteit te verseker.<\/p>\n<p>Meer as 80 persent van die inligting wat ge\u00ebvalueer word kom uit oop bronne soos koerante. \u2018n Vrye pers wat nie bang hoef te wees om oor die waarheid te berig nie is dus vir \u2018n staat \u2018n groot hulpmiddel.<\/p>\n<p>Dit is egter moeilik om nie die vraag te vra oor wat nou aan die gang is nie. Enkele dae gelede het die Vrystaatse Premier nog ges\u00ea daar is nie werklik ontevredenheid met vlakke van dienslewering in die Vrystaat nie, en dat mense ook grootliks tevrede is daarmee. In daardie stadium was daar aktiewe munisipale onrus in die provinsie.<\/p>\n<p>Nou, enkele dae later, maak hy grootliks \u2018n ommekeer en erken daar is wel probleme, hoofsaaklik met watervoorsiening. Tog maak hy by dieselfde geleentheid die stelling dat die Vrystaat oor die algemeen stabiel met min optogte is. Die werklikheid is dat Municipal IQ se mees onlangse syfers toon dat die Vrystaat \u2018n besonder groot persentasie van hierdie optogte, en spesifiek dit wat met oproer gepaard gaan, beleef het, hoewel Mpumalanga en Gauteng nog erger deurgeloop het.<\/p>\n<p>Dit sal Magashule se adviseurs ook loon om na Municipal IQ se tabelle te kyk waar Vrystaatse munisipaliteite afwesig is by diegene wat goed presteer, maar wel op die radarskerm verskyn wanneer dit by die swakstes kom.<\/p>\n<p>Pas het \u2018n Suid-Vrystaatse burgemeester die provinsiale regering as swak beskryf weens die toestand van paaie in die platteland.<\/p>\n<p>Die Vrystaat is nie die enigste provinsie waar volstruispolitiek bedryf word nie. Pas het die DA-leier, Helen Zille, tydens \u2018n besoek aan riooloorstroomde dorpe in Noordwes verklaar haar party sal na die volgende verkiesing di\u00e9 provinsie regeer.<\/p>\n<p>In beginsel, in \u2018n regstaat, sou dit nie veel verskil maak nie omdat \u2018n regering in algemene belang, en nie net in belang van sy ondersteuners nie, moet regeer. Hierdie beginsel is sommer uit die staanspoor nek omgedraai met die kader-ontplooiingsbeleid, en waar die some lostrek of sommer oop bars, die hersirkulering van kaders.<\/p>\n<p>Die werklikheid is egter dat die kiesers in Suid-Afrika in groot getalle nie in hul eie beste belang stem nie.<\/p>\n<p>Die kiesers kan nog in \u2018n mate onkunde verskoon word omdat nie almal aan dieselfde inligting blootgestel is nie. Municipal IQ se verslag is byvoorbeeld ruim in al Volksblad se uitgawes gedra en in \u2018n hoofartikel onder die loep geneem. Volksblad word egter in hoofsaak deur Afrikaanssprekendes gelees. Volksblad se groot gemeenskapskoerant wat op die swart gemeenskap gerig is, die Express, het dit egter verswyg.<\/p>\n<p>Die persoon wat die Vrystaatse Wetgewer se nuusoorsig opstel, is boonop nie Afrikaans magtig nie en kan dus ook nie die Wetgewerlede inlig oor nuus wat in Volksblad verskyn nie.<\/p>\n<p>\u2018n Deel van die publiek kan dus nie verkwalik word dat hulle in Kammaland woon nie, maar die Premier en LUR\u2019e behoort hulle nie te kan verweer nie. Maar selfs al sou hulle verkies om intelligensieverslae te ignoreer, sal die geraas wat uit Skoor gaan opstyg wanneer die OG-verslae aan die beurt kom, nie misgekyk word nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/19-landshaftnoe-osveshchenie-dlya\">\u0434\u0435\u043a\u043e\u0440\u0430\u0442\u0438\u0432\u043d\u043e\u0435 \u043b\u0430\u043d\u0434\u0448\u0430\u0444\u0442\u043d\u043e\u0435 \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die belangrikste redes waarom state groot bedrae geld aan Intelligensiedienste bestee is om die regering van behoorlik ge\u00ebvalueerde inligting te voorsien. Twee opdragte wat intelligensie-beamptes by aanstelling kry is dan ook om slegs die waarheid, maak nie saak hoe ongewild nie, aan die regering te rapporteer en om geen onwettige opdrag uit te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6942\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Volstruispolitiek of sluimer en slaap intelligensiedienste?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-6942","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6942","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6942"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6942\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6942"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6942"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6942"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}