{"id":6920,"date":"2009-12-08T05:37:32","date_gmt":"2009-12-08T05:37:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6920"},"modified":"2009-12-08T05:37:32","modified_gmt":"2009-12-08T05:37:32","slug":"renosterstories","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6920","title":{"rendered":"Renosterstories"},"content":{"rendered":"<p>Neef Ferdie is \u2018n wildboer, en renosters is sy ding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ferdie is nie sy regte naam nie, maar die leser sal teen die einde besef hoekom \u2018n <em>nom de arnoster <\/em>aangewese is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop verkies neef Ferdie swart renosters. Dit het glo niks met kleur te make nie, maar eerder met die humeur. Die swart renoster, so verstaan di\u00e9 stadsjapie, is effens kleiner as die wit renoster, maar die swart humeur van die swart renoster het \u2018n paar opspraakwekkende historiese aantekeninge tot gevolg gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos die ene wat kort na die Engelse \u2018n spoorlyn Kenia se binneland ingebou het, besluit het hy soek net niks sulke raserige indringers nie en die lokomotief bestorm het. Die slag was so hard dat die lokomotief onklaar bly stoom afblaas het, terwyl renoster se kind sy kop \u2018n slag of wat geskud en weggestrompel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neef Ferdie se gunsteling renoster het ook sy naam gekry. Ferdie die renoster was naderhand half mak vir neef Ferdie, maar versigtigheid is nooit oorboord gegooi nie. Soos di\u00e9 slag wat neef Ferdie skielik ges\u00ea het: \u201cLaat waai!\u201d Ons laat waai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veilig in die trok verduidelik neef Ferdie: \u201cAs daai renoster sy ore begin wikkel en sy stert swiep&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna is Ferdie saam met \u2018n paar ander renosters verkoop. Die laaiery is nie al te maklik nie, veral nie as dit swart renosters is nie. Hulle moet verdoof word en dan is dit \u2018n liederlike stuk bedremmelde gewig om te laai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neef Ferdie kyk die storie so. Ferdie die renoster wei nog heel rustig te midde van die rumoer en neef Ferdie wonder of soveel drama regtig nodig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ferdie die renoster was legendaries bekend hoeveel hy van lemoene hou. Meer as een keer het die wildsheining dit ontgeld as \u2018n lorrie met \u2018n vrag lemoene verbyry mark toe, want Ferdie kan iets vreesliks ruik. Veral lemoene.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neef Ferdie gaan haal \u2018n paar lemoene, en a la Hansie en Grietjie word lemoene tot agter in die trok ente uit mekaar gesit. Ferdie vat die buit, en stap al loemsop-spuitend heel rustig tot agter op die bak. Toe word gespring, en die trok toegemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cToe leer ek hoekom renosters, in elk geval swart renosters, nie so getrok word nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die trok was net toe, toe strip daai swart renoster sy moer iets allerverskrikliks. Sommer gou is dit duidelik as daar iets van die trok moet oorbly, moet Ferdie daar afkom. Die bak word oopgemaak en almal laat spaander, want nie eens \u2018n ton lemoene sou nou Ferdie se bui gou laat sak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ou Pula het \u2018n mank been, en Ferdie pik op hom. Net, net betyds haal Pula \u2018n stewige karee, en soos neef Ferdie s\u00ea, met die afkomslag gryp Pula een van die boonste takke vas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Ferdie die renoster se briekse en belyning is nie heeltemal skerp genoeg om betyds op Pula se \u201cdisappearing act\u201d te reageer nie, en hy dryf daai lang neushoring tot by die neusgate in die karee in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neef Ferdie s\u00ea almal wil nog verlig raak, want \u2018n karee laat so \u2018n neushoring soos \u2018n bajonet vassuig. Maar watwou, Ferdie die renoster is gans te die hoenders in om hom so te laat vang. Hy begin ruk, met die gevolg daai boom werk soos \u2018n kleilat en hy slinger vir Pula in \u2018n blinkblaar in. Almal wou nog wonder of Pula dit oorleef het, toe trek hy al vyftig meter verder, met die helfte van sy oorpak wat in die blinkblaar agtergebly het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou moet ek darem ter versagting bys\u00ea as ek nou dalk half wyd met die waarheid omgaan, neef Ferdie las partykeer dinge by sy stories om dit interessanter te maak \u2013 nie lieg nie, maar \u2018n stadsjapie kan dalk nie agterkom dis spekskiet nie en dit vir die waarheid opdis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vertel neef Ferdie, daai karee staan toe op klipperige grond, en met die gespook lig Ferdie die renoster die boom met wortels en tak uit daai losserige bodem.  Hy skud sy kop \u2018n slag of wat woes, en daar trek die boom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou moet ek eers weer \u2018n draai gaan maak om die storie te kan vertel soos dit is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ma het in haar dae voor sy met pa getroud geraak het, vir \u2018n Engelse klas Afrikaans gegee. By geleentheid moes die klompie opstel skryf oor \u2018n jagervaring. Byges\u00ea, destyds is renosters nog gejag, en nie net gestroop nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die een knaap se storie handel oor sy pa wat gaan renosterjag het. Maar toe \u201cwond\u201d hy die renoster. En toe gaan soek daai renoster die man wat hom gewond het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie renoster is so kwaad, hy kyk agter hierdie boom, en hy kyk agter daardie boom.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem is, s\u00ea ma, die Engelse kinders raak soms vreeslik deurmekaar met die Afrikaanse \u201cy\u201d, en die \u201ca\u201d wat in Engels mos ook as \u201cy\u201d uitgespreek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was dus nie soseer ge-\u201ckyk\u201d wat die renoster so agter die bome gedoen het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 storie het al lankal by neef Ferdie uitgekom, synde hy ook so met renosters deurmekaar is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaai Ferdie was so kwaad, hy het nie eens gebodder om agter die bome te gaan kyk nie. Dis net die ene bolle.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank na Ferdie die renoster se vertrek nie, kry neef Ferdie \u2018n beter aanbod en verhuis na \u2018n ander provinsie. Ook hier word op die wildsplaas met renosters gespesialiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns koop toe \u2018n plaas by om uit te brei, en natuurbewaring kom doen inspeksie. Terwyl hulle die kamp inspekteer wei daar \u2018n klompie springbokke in die kamp wat maar daar was toe ons die plaas gekoop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEen van die Natuurbewaringsmense bekyk die springbokke skepties, en vra toe vir neef Ferdie: \u2018Dink jy daar is genoeg springbokke vir die renosters om te eet?\u2019<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNou kan \u2018n man ook nie eens lag nie, want of hulle nou iets weet of nie, hulle het wye magte en kan \u2018n man se aansoek afkeur.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa\u2019\u201d lag ek saam. \u201cSoos almal weet vreet renosters eintlik rooibokke.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, nie springbokke nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig nie want daar het juis &#8216;n ruk gelede \u2018n klompie uitgediende springbokke uit Europa aangekom.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/tematicheskie-igrovye-nabory\/kuhni\">\u043a\u0443\u0445\u043d\u0438 \u0446\u0435\u043d\u0430 \u0443\u043a\u0440\u0430\u0438\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Neef Ferdie is \u2018n wildboer, en renosters is sy ding. Ferdie is nie sy regte naam nie, maar die leser sal teen die einde besef hoekom \u2018n nom de arnoster aangewese is. Boonop verkies neef Ferdie swart renosters. Dit het glo niks met kleur te make nie, maar eerder met die humeur. Die swart renoster, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6920\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Renosterstories&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[7949],"class_list":["post-6920","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale","tag-renosterstories-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6920","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6920"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6920\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6920"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6920"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6920"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}