{"id":6892,"date":"2009-12-06T13:38:47","date_gmt":"2009-12-06T13:38:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6892"},"modified":"2009-12-06T13:38:47","modified_gmt":"2009-12-06T13:38:47","slug":"die-geval-malema-al-weer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6892","title":{"rendered":"Die geval Malema \u2013 al weer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die beste medisyne vir Malemasitus is om dit te ignoreer \u2013 ook deur die media.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie advies word kort-kort gegee, maar om verskeie redes werk dit nie alte lekker nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As dit kom by die steel van die kollig is Malema \u2018n kleptomaan. Boonop word hy nie net vrye teuels gegee nie, maar die middele om sy omstredenheid die w\u00eareld in te dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n onlangse artikel op ANC Today laat waai hy behoorlik. Hy maak \u2018n paar geldige standpunte soos dat rassisme landswyd hoogty vier. Waar die gemiddelde mens van hom sou verskil, is sy skynbare aanname dat rassisme net deur wit mense gepleeg kan word \u2013 \u2018n houding wat in sy wese juis die kroon op rassisme plaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBlanke mans,\u201d skryf hy, \u201cis geteel en gekultureer onder institusionele rassisme en is nie in staat om te waardeer en te verstaan dat swart mense, Bantoes in besonder, ook menslike wesens is en dat hulle in staat is, of meer in staat is, as wit mense om die werk wat gedoen moet word, te verrig nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea miljoene plaasarbeiders en huishoudwerkers lewe met brutale rassisme op &#8216;n daaglikse basis, maar hul stemme word nie gehoor nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema beskuldig wit kinders voorts dat hulle swartes as sub-menslik sien. Dit, aldus \u2018n Afrikaanse weergawe van die artikel soos op Praag se webwerf verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mag stellings soos hierdie wat in die ANC se amptelike mondstuk verskyn en aanlyn w\u00eareldwyd gelees kan word bloot ge\u00efgnoreer word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om bloot reg te help, help duidelik nie, want die regte feite is al tot vervelens toe opgediep, bloot om weer iewers, selfs van kabinetsvlak af, as feite opgedis te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal Bitterbang Bibberbeentjies Malema loon om in gedagte te hou dat sy uitsprake persepsies voed. \u2018n Skootbrakkie kan immers nie mense aan die hakskene hap sonder om die reputasie van \u2018n hakskeenhapper te kry nie. Mense wat Malema se uitsprake stilswyend kondoneer moet dan ook nie ander mense van rassisme beskuldig as hulle self die rassisme aangeblaas het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie geval gaan dit egter verder as blote stilswyende kondonering. Dit was nie maar net \u2018n losbek-uitspraak van \u2018n verhoog nie, maar op ANC Today. Selfs al sou die ANC aandui dat hierdie uitsprake nie noodwendig die mening van die ANC verteenwoordig nie, maak die causale verband dit uiters moeilik om op enige ander wyse te vertolk. Afgesien van ANC Today se status, is Malema die ANC se Jeugliga-president, en het pres. Jacob Zuma hom onlangs as \u2018n waardige, toekomstige president van die land gesalf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag is die o\u00eb van die w\u00eareld op Suid-Afrika met die Fifa-trekking wat in Kaapstad plaasvind. Alles dui daarop dat sake in hierdie opposisievesting goed gaan verloop en dat die Moederstad Suid-Afrika se buitelandse beeld \u2018n reuse hupstoot gaan gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En elders in die land? In die Wes-Vrystaat is oproer oor swak munisipale dienslewering, die Vrystaatse Hooggeregshof het verskeie tenders, onder meer vir die herstel van paaie, op die ys geplaas weens vermeende tendergeknoei, Eskom jaag die bloeddruk saam met die pryse op, die Tswane-metroraad verloor \u2018n onwenbare saak in die Grondwethof, en dan is daar nog Malema ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan Malema dit werklik duld dat Kaapstad, al is dit net vir \u2018n dag, sy donderweer steel?<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">apk gratis<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die beste medisyne vir Malemasitus is om dit te ignoreer \u2013 ook deur die media. Hierdie advies word kort-kort gegee, maar om verskeie redes werk dit nie alte lekker nie. As dit kom by die steel van die kollig is Malema \u2018n kleptomaan. Boonop word hy nie net vrye teuels gegee nie, maar die middele &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6892\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die geval Malema \u2013 al weer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[6539],"class_list":["post-6892","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-malema"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6892","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6892"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6892\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6892"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6892"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6892"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}