{"id":6881,"date":"2009-12-04T05:11:06","date_gmt":"2009-12-04T05:11:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6881"},"modified":"2009-12-04T05:11:06","modified_gmt":"2009-12-04T05:11:06","slug":"politici-leer-stadig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6881","title":{"rendered":"Politici leer stadig"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Politici leer stadig. Indien ooit. Dit is die jaar 1970. Min of meer, want ek kan die dag en datum nie presies onthou nie. Maar die gebeurtenis is in my brein ingegraveer. Ek is jonk, ambisieus en begeester. Die plek is die stadsaal van Pretoria. Die geleentheid: die kongres van die Nasionale Party van Transvaal is in sitting. Daar hang spanning in die lug. Die eerste tekens van \u2018n breukspul sweef reeds rond.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die knelpunt waaroor dit gaan is die reg van die Nieu-Seelanders om Maori\u2019s in hulle besoekende span na SA in te sluit. \u2018n Belaglike saak, sou \u2018n mens dink. Hoe kan SA nou voorskryf aan \u2018n buitelandse moondheid wie in \u2018n nasionale span ingesluit mag word, al dan nie. Daar is twee kampe: die Hertzog-mense teenoor die uitwaartse beleid van John Vorster. Albert Hertzog redeneer dat dit die dun wig is wat die dyke sal breek. Vorster is die Eerste Minister. Die tragiek van die saak is nie die tema waaroor dit gaan nie, maar hoe die politieke voorbokke van die NP dit hanteer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">John Vorster volhard dat die sportbeleid nie verander nie. Hertzog vra hoedat die sportbeleid dieselfde kan bly as Maori\u2019s voorheen nie welkom is nie, maar voortaan welkom sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kongres is egter, soos menige vorige keer, \u2018n rubberstempel van die leierskap. \u2018n Ordemosie word voorgestel dat daar gestem word. Daar word nie oor ordemosies gepraat nie. Daar is ook nie per geslote stembriefie gestem nie. Dit is hande-opsteek. Diegene wat daarteen gestem het dat Maori\u2019s nie die land mag besoek nie, moes opstaan, hulleself identifiseer (naam, kiesafdeling, ens.). Die teenstemme se name en besonderhede is in Die Transvaler, die destydse mondstuk van die NP, gepubliseer. Hulle is ge\u00efntimideer, ge\u00efsoleer en geostraseer. Die netto-resultaat: Albert Hertzog, Jaap Marais, Willie Marais en ander LV\u2019s verlaat die NP en stig die Herstigte Nasionale Party.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het baie water in die see geloop.  Die dyke het gebreek. Daar is boedel oorgegee. Die Afrikaner is ernstig verdeel. Die jaar is 2009. Die geleentheid: die Vryheidsfront se Jeugkongres vind in Orania plaas. Tot dusver het die VF op kampusse, soos op Pretoria, die morele ho\u00ebgrond beset. Daar is heethoofde onder hulle. Daar is ongeduld oor die gebrek aan vordering. Die een wil dit en die ander wil die pas volgens die bevele van die senior leiers markeer. Intussen was daar die rebellie van die vorige leier van die Jeugarm. Soos tipiese politici word daar gekonkel oor wie die gedissiplineerde en uitgestote rammetjie-uit-nek Van Rensburg moet vervang. Daar word koppe getel. Daar word gevind dat die voorkeurkandidaat van die leierskap nie die paal gaan haal nie. Wat doen een van die senior leiers van die VF? Presies soos verwag kan word!  Hy gebruik die lat om orde te skep.  Die Gauteng-jeugarm word ongrondwetlik verklaar, omdat hulle nie volgens die \u201cboek\u201d van voorskrifte betyds binne die spesifieke tydraamwerk gereorganiseer het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die resultaat? Onmin. Tweespalt. \u2018n Uitstappery. Die solidariteit is verbreek. Nog meer: die broederskap verkrummel en nog \u2018n dyk breek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bogenoemde twee gevalle herinner my aan my kuier in 1968 by staatspresident \u201cBlackie\u201d en tant Nellie Swart op hulle plaas \u201cDe Aap\u201d naby Brandfort in die Vrystaat. Ons gesels oor leierskap. Ek vra: \u201cWatter leier is na u mening die grootste van hulle almal\u201d. Ek het bedoel Afrikanerleier! Oom Blackie was gou om te antwoord: \u201cTwee name staan uit. Dr. H.F. Verwoerd en dr. D.F. Malan.\u201d  Hy vertel \u2018n verhaal met \u2018n lewensles vir ware leierskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is die jaar 1947. Die verkiesing van 1948 loer om die hoek. Die Verenigde Party van Smuts is aan die stuur. Die Afrikaners is verdeel tussen Sappe (die VP), die Afrikanerparty van Klasie Havenga en die gesuiwerde Nasionale Party van J.G. Strydom (die latere eerste minister). Die Hoofleier van die Nasionaliste is dr. D.F. Malan. Hy is oud-predikant. Hy is self bejaard. Die plek: dit is die Raadsaal van die Vrystaatse Republiek in Bloemfontein. Die tema: die wenslikheid van samewerking tussen die Nasionale Party van D.F. Malan en die Afrikanerparty van Klasie Havenga. Daar is duidelik twee kampe. Die \u201chardegat\u201d gesuiwerdes, onder die leiding van J.G. Strydom (die leeu van die Noorde) en ondersteun deur H.F. Verwoerd en mev. Ebel Jansen (vrou van die toenmalige Goewerneur-generaal) is teen \u2018n politieke alliansievorming met die Afrikanerparty. Dr. D.F. Malan, ondersteun deur dr. Eben D\u00f6nges verwoord die noodsaak van samewerking.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spanning laai op. Twee onversoenbare standpunte staan teenoor mekaar. Die donker houtpanele en swaar skilderye aksentueer die historisiteit van die oomblik. En dan gebeur die onverwagte: iemand uit die \u201cliberale Kaapse kant\u201d ten gunste van samewerking staan op en beledig die brullende Leeu van die Noorde.  Dit lyk asof die swaar gordyne skielik versteen. Hiermee neem J.G. Strydom nie genoe\u00eb nie. Hy staan op. Grom dat hy hom nie sal laat beledig nie. Gryp sy bre\u00ebrandhoed en aktetas en stap dubbeldeure se kant toe. Toe Strydom opstaan, toe volg H.F. Verwoerd en mev. Jansen. Die konsekwensie is duidelik: skeuring is aan die orde van die dag. Nog \u2018n dyk breek. Verdeel en heers &#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Malan steun met sy swaar kop op sy hand wat onder die ken staan gemaak is. Hy sien hoe Strydom die middelpaadjie afstap. Hy besef die krieke aard van die moment. Toe Strydom die antieke koper-deurhandvatsel vasvat om die deur oop te maak en finaal uit te stap plof die hand van Malan op die stinkhouttafelblad neer. Hy blaf \u2018n skor bevel uit: \u201cHans, kom terug &#8230; ek het jou nodig &#8230; ek s\u00ea kom terug!\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hans Strydom, die Leeu van die Noorde, het omgekyk en diep in die o\u00eb van Malan ingekyk en die opregtheid raakgesien. Strydom het sy greep op die handvatsel verslap. \u2018n Paar sekondes stilgestaan en die oomblik oorweeg. Hy het met afgemete tree na dr. Malan terug gestap en sy sitplek ingeneem. Verwoerd die denker en die vurige Mabel Jansen het gevolg. Die geredekawel is gestop. Daar is eenparig besluit om in alliansie met die Afrikanerparty te gaan. Die verkiesing het gekom en gegaan en dr. D.F. Malan het op sy bejaarde leeftyd van bykans tagtig eerste minister van die Unie geword. Oom Klasie, soos ek hom as kind geken het, is die portefeulje van Finansies gegee. So het die \u201cgoue jare\u201d van aanvanklike NP-bewind begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Later het J.G. Strydom met die aftrede van dr. D.F. Malan die eerste minister geword. Ja, D.F. Malan het ook geweet dat daar \u2018n tyd is om uit te tree, om die leierskap aan iemand anders te gee. Die begaafde Hendrik Frensch Verwoerd het nog later eerste minister geword en \u2018n republiek uitgeroep. Met die steek van \u2018n dolk in sy hart, het die Afrikaner stelsel matig doodgebloei &#8230;. tot waar ons vandag is. In sak en as!<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malchikov\/radioupravlyaemye-vertolety\/\">\u0440\u0430\u0434\u0438\u043e\u0443\u043f\u0440\u0430\u0432\u043b\u044f\u0435\u043c\u044b\u0435 \u0432\u0435\u0440\u0442\u043e\u043b\u0435\u0442\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Politici leer stadig. Indien ooit. Dit is die jaar 1970. Min of meer, want ek kan die dag en datum nie presies onthou nie. Maar die gebeurtenis is in my brein ingegraveer. Ek is jonk, ambisieus en begeester. Die plek is die stadsaal van Pretoria. Die geleentheid: die kongres van die Nasionale Party van Transvaal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6881\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politici leer stadig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[],"class_list":["post-6881","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6881","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6881"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6881\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6881"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6881"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6881"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}