{"id":6876,"date":"2009-12-03T07:10:37","date_gmt":"2009-12-03T07:10:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6876"},"modified":"2009-12-03T07:10:37","modified_gmt":"2009-12-03T07:10:37","slug":"goudkoors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6876","title":{"rendered":"Goudkoors"},"content":{"rendered":"<p>Die rekordvlakke wat die goudprys nou aandurf laat goudkoors w\u00eareldwyd opvlam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mooi demonstrasie is die planne van \u2018n maatskappy om goud betreklik diep vir Amerikaanse standaarde, met \u2018n horisontale skag onder \u2018n berg by Butte, Montana, te delf. Groot kostes word aangegaan om die verwagte half miljoen onse goud te win.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie spesifieke projek roep baie nostalgie op, aangesien dit die sentrum van \u2018n delwery was wat sowat \u2018n eeu gelede doodgebloei het. Nou word \u2018n ou ertsmeule weer opgeknap om weer erts hierheen te vervoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die impak wat goud op die geskiedenis van Butte gehad het, blyk daaruit dat die plaaslike professionele voetbalspan steeds as die Ore Diggers bekend staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontdekking van goud en die uitbreek van goudkoors het nie net in Suid-Afrika tot kits-nedersettings gelei nie, maar w\u00eareldwyd. Dit het grootliks tot die ontwikkeling van Kaliforni\u00eb en Australi\u00eb bygedra. Goud was van die hoofoorwegings waarom indrukwekkende ryke soos di\u00e9 van die Asteke en die Inkas verwoes is, terwyl daar aanduidings is dat minstens een Fenisiese ekspedisie in opdrag van \u2018n Egiptiese farao om nuwe goudbronne te vind eeue gelede reeds om die suidpunt van Afrika gevaar het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Suid-Afrika, as die w\u00eareld se vierde grootste goudprodusent en die w\u00eareld se grootste platinum-produsent heelwat baat by die Midaslopie en selfs blinker platinumlopie sal baat is voor die hand liggend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is hoe die land met hierdie verhoogde inkomste te werk sal gaan. \u2018n Onoordeelkundige stropersmentaliteit beteken dat die omgewing waar dit gedelf is naderhand in armoede kan steier, of selfs \u2018n spookdorp word, terwyl magnate oorsee die dollars tel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stropersmentaliteit word goed gedemonstreer deur die finansieringsmodelle waarmee Eskom vorendag kom, en die reuse meevaller waardeur die SAUK weer op dreef gekry word. Terwyl Eskom kliphard brom dat die 35 % verhoging per jaar te min is, is die kragreus taamlik stil oor besuinigingsmaatre\u00ebls soos die bevriesing van bonusse, die stroomlyn \u2013 verskoon die woordspeling \u2013 van bedryfsuitgawes om elke beskikbare rand so ver as moontlik te rek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solidariteit se konferensie oor \u2018n finansieringsmodel vir Eskom sal na verwagting ook aan die lig bring of daar ander opsies is as om die resessievoos publiek met dreigemente van flikkerende kerse in plaas van elektriese lig in die tonnel met reuse verhogings gyselaar te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Krisis wat Eskom, en nie die publiek nie, veroorsaak het.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/barrettes\/\">wedding combs for<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rekordvlakke wat die goudprys nou aandurf laat goudkoors w\u00eareldwyd opvlam. \u2018n Mooi demonstrasie is die planne van \u2018n maatskappy om goud betreklik diep vir Amerikaanse standaarde, met \u2018n horisontale skag onder \u2018n berg by Butte, Montana, te delf. Groot kostes word aangegaan om die verwagte half miljoen onse goud te win. Hierdie spesifieke projek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6876\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Goudkoors&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[6643],"class_list":["post-6876","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-goud"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6876","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6876"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6876\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6876"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6876"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6876"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}