{"id":6870,"date":"2009-12-03T04:51:14","date_gmt":"2009-12-03T04:51:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6870"},"modified":"2009-12-03T04:51:14","modified_gmt":"2009-12-03T04:51:14","slug":"gm-gaan-die-volt-volgende-jaar-in-kalifornie-loods","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6870","title":{"rendered":"GM loods Volt"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">General Motors sal hulle vurig verwagte Chevrolet Volt elektriese motor volgende jaar in Kaliforni\u00eb loods, het die maatskappy gister aangekondig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse motorvervaardiger het die besluit aangekondig toe die Los Angeles Motorskou afgeskop het, &#8216;n dag na die onverwagse  vertrek van die motorreus se uitvoerende hoof, Fritz Henderson.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">GM vise-voorsitter, Bob Lutz, s\u00ea die Volt, wat by &#8216;n konvensionele kragprop herlaai kan word en vir tot 65 kilometer sonder brandstof kan loop, sal laat in 2010 in Kaliforni\u00eb vrygestel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander markte vir die kar, wat ontleders skat sal in die kleinhandel vir tussen R210,000 en R280,000 verkoop, sal later aangekondig word, s\u00ea Lutz.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kaliforni\u00eb is al lank &#8216;n leier in omgewingsverandering en ons by GM is opgewonde om die Volt se tegnologie aan verbruikers beskikbaar te stel,&#8221; s\u00ea Lutz.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die maatskappy het ook &#8216;n vennootskap met Kaliforni\u00eb-nutsmaatskappye aangekondig wat sal meebring dat hulle &#8216;n vloot van omtrent &#8216;n honderd Volts sal ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skema sal ook die installering van meer as 500 herlaaistasies regoor die staat meebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tussen vier- en sesduisend motors sal aanvanklik beskikbaar wees, s\u00ea Luts, terwyl produksie tot omtrent 10,000 eenhede in die eerste volle jaar van vervaardiging in 2011 sal toeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Uiteindelik sal ons dit verhoog tot &#8216;n volle kapasiteit van 50- tot 60,000 voertuie &#8216;n jaar,&#8221; het hy aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het geen twyfel dat ons in komende jare hierna sal terugkyk as &#8216;n tyd van groot vooruitgang in die ontwikkeling van elektrisiteitsgedrewe voertuie,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Dit is in elke opsig so belangrik soos die oorgang van perde na perdekrag.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">GM beskou die Volt as &#8216;n potensi\u00eble spelveranderende voertuig terwyl dit poog om met Toyota Prius se hibriede voertuig, wat in 1997 vrygestel en vir die eerste keer in die VSA in 2001 bekendgestel is, mee te ding.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/vodnye-i-naduvnye\/matrasy-dlya-plavaniya\/\">\u043c\u0430\u0442\u0440\u0430\u0441 \u0434\u043b\u044f \u043f\u043b\u0430\u0432\u0430\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>General Motors sal hulle vurig verwagte Chevrolet Volt elektriese motor volgende jaar in Kaliforni\u00eb loods, het die maatskappy gister aangekondig. Die Amerikaanse motorvervaardiger het die besluit aangekondig toe die Los Angeles Motorskou afgeskop het, &#8216;n dag na die onverwagse vertrek van die motorreus se uitvoerende hoof, Fritz Henderson. GM vise-voorsitter, Bob Lutz, s\u00ea die Volt, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101],"tags":[],"class_list":["post-6870","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c92-motornuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6870","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6870"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6870\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6870"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6870"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6870"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}