{"id":6864,"date":"2009-12-02T08:48:56","date_gmt":"2009-12-02T08:48:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6864"},"modified":"2009-12-02T08:48:56","modified_gmt":"2009-12-02T08:48:56","slug":"kopenhagen-nie-net-opofferings-maar-ook-geleenthede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6864","title":{"rendered":"Kopenhagen \u2013 Nie net opofferings maar ook geleenthede"},"content":{"rendered":"<p>Die o\u00eb van die w\u00eareld word algaande op Kopenhagen gerig waar w\u00eareldleiers volgende week koppe bymekaar gaan sit oor hoe om die aarde se klimaat so veel as wat menslik moontlik is, te stabiliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 keer kom die VSA, die w\u00eareld se kampioen-atmosferiese besoedelaar, volgens aanduidings met konkrete voorstelle. Soos in die verlede kry \u2018n welmenende president teenkanting van kongreslede en nyweraars wat bekommerd is oor die impak wat die voorgestelde skedule vir die vermindering van koolstof-vrystellings op die ekonomie en die Amerikaanse huishoudings gaan h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die opkomende reus, China, maak geluide dat di\u00e9 land sy kant gaan bring. China skaar hom egter saam met Brasili\u00eb en Suid-Afrika by die ontwikkelende lande wat aanvoer dat die ontwikkelende w\u00eareld se eiesoortige omstandighede om hul honger massas te voed in gedagte gehou moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omgewingsbewustes gebruik allerlei maniere om die algemene publiek se simpatie te win, soos plakkate van ysbere wat op stukke ys dryf en waarvan die getalle ernstig bedreig word, of natuurlewe-rolprente wat wys hoe sub-Antarktiese eilande se ekosisteme bedreig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter op die kommersi\u00eble vlak waar dit werklik saak maak. Slegs geringe gemiddelde temparatuurstygings kan soveel poolys laat smelt dat die seevlak betreklik beduidend kan styg, en die woon- en werkplekke van ongeveer 90 % van die w\u00eareld se verstedelikte bevolking onder water laat. Sekere saaigebiede kan woestyne word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaat het onlangs \u2018n bestuursplan gekry wat juis op die veranderende klimaat afgestem is, iets wat broodnoodsaaklik is omdat dit aantoon waar nuwe bevolkingsuitbreidings kan kom, en waar nie, omdat dit baie duur is om water oor lang afstande te neem as die re\u00ebnvalstreke verskuif.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook lande wat voordeel trek uit klimaatsverandering. Nadat die Vikings bykans \u2018n duisend jaar gelede hul kolonies in Groenland moes ontruim, en die Noord-Amerikaanse nedersettings dus buite bereik geword het omdat die klimaat te koud geword het, het dit nou so verwarm dat die Groenlanders groter outonomie kon kry, en kan kyk na olie-ontginning in gebiede wat onlangs nog weens dik en bewegende yslae nie moontlik was nie. Selfs die plant van aartappels word nou in die vooruitsig gestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aardverwarmingsgasse wat deur menslike aktiwiteite vrygestel word, is egter nie al wat \u2018n kweekhuiseffek tot gevolg het nie. Metaangas doen dit ook, en die sondaars wat dit betref is enigiets van Australi\u00eb se rysmiere tot Europa se beeskuddes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waaraan die mens absoluut niks kan doen nie, is die sonaktiwiteite wat tot die ontstaan van \u2018n nuwe vakrigting, kosmoklimatologie, gelei het, wat met paleoklimatolo\u00eb saamspan om ooreenkomste tussen tye van ho\u00ebr of minder sonaktiwiteite in die verlede en warm tydperke, en selfs ystydperke, te vind. Ook die huidige stygende temperatuur hou met die fase van sonaktiwiteit verband, maar die kosmoklimatolo\u00eb beklemtoon dat dit net \u2018n bydraende faktor is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die belangrike is dat die klimaatskrisis ook geleenthede bied wat andersins waarskynlik nie gou aan die bod sou kom nie. Kort na die huidige w\u00eareldekonomiese krisis sy ding begin doen het, het verskeie state hul herstelkprogramme minstens ten dele gekoppel aan die ontwikkeling en uitbouing van skoon energie, soos windkragterbunes, elektriese en hibriede motors, die opwekking van krag uit golfwerking met die sogenaamde Anaconda-tegnologie, en die gebruik van moderne tru-osmosestelsels om drinkwater uit soutwater te herwin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Nederland word kragstasies opgerig wat die metaangas van beesmis verbrand, en dan metaanvrye bemesting as neweproduk oplewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie stadium is die ontwikkeling van die alternatiewe, selfs met die beste tegnologie, bykans deurgaans net daardie tikkie duurder as steenkool- en aardgas-kragopwekking, wat lande wat sy industrie op hierdie effens goedkoper krag bou, net daardie klein treetjie voor gee met internasionale mededinging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit gaan nie veel dwarstrekkers kos om die goue planne wat vir Kopenhagen beraam word, soos domino\u2019s te laat kantel nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/kamin-iz-gipsokartona\/\">\u043f\u043e\u0440\u0442\u0430\u043b \u0434\u043b\u044f \u043a\u0430\u043c\u0438\u043d\u0430 \u0438\u0437 \u0433\u0438\u043f\u0441\u043e\u043a\u0430\u0440\u0442\u043e\u043d\u0430 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die o\u00eb van die w\u00eareld word algaande op Kopenhagen gerig waar w\u00eareldleiers volgende week koppe bymekaar gaan sit oor hoe om die aarde se klimaat so veel as wat menslik moontlik is, te stabiliseer. Di\u00e9 keer kom die VSA, die w\u00eareld se kampioen-atmosferiese besoedelaar, volgens aanduidings met konkrete voorstelle. Soos in die verlede kry \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6864\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kopenhagen \u2013 Nie net opofferings maar ook geleenthede&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7891,7890],"class_list":["post-6864","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-klimaatsverandering","tag-kopenhagen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6864","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6864"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6864\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6864"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6864"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6864"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}