{"id":6859,"date":"2009-12-02T06:37:19","date_gmt":"2009-12-02T06:37:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6859"},"modified":"2009-12-02T06:37:19","modified_gmt":"2009-12-02T06:37:19","slug":"bly-binne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6859","title":{"rendered":"&#8216;Bly binne&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Joernalis Chris Louw, is met &#8216;n kopwond gevind wat dui op selfmoord, het die Noordwespolisie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHy het sy vrou beveel om in die huis te bly, en toe na buite gegaan. Daar is \u2018n plek waar hy blomme geplant het, wat \u2018n spesiale plek vir hom was soos ons verstaan. En by daardie plek het hy homself met \u2018n AK47-aanvalsgeweer geskiet,&#8221; het sup. Lesego Metsi, \u2018n polisiewoordvoerder ges\u00ea het nadat sy lyk op sy plaas naby die Hartbeespoortdam in Noordwes gevind is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Louw, 56, het sy eie lewe geneem terwyl sy vrou en dogter in die huis was. Sy seun het na die woning teruggekeer toe hy van die voorval in kennis gestel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Selfmoordnota is langs Louw se liggaam gevind en n\u00f3g een is op sy rekenaar gevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHy het \u2018n selfmoordnota op die 29ste (November) geskryf, maar die datum daarna verander na die 30ste omdat hy nie toe sy lewe kon neem nie,\u201d het Metsi ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het ook &#8216;n harde kopie van die nota gekry wat die datum van die 30ste dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Metsi het ges\u00ea die polisie het \u2018n ondersoek geloods om vas te stel waar Louw die AK47 vandaan kon kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns ondersoek ook waar die aanvalsgeweer vandaan kom want Louw se vrou het bevestig dat hy nie die eienaar van die AK47 was nie. Die aanvalsgeweer het roes op gehad, so dit lyk asof dit iewers weggesteek was voor hy selfmoord gepleeg het,\u201d het Metsi ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Familie en vriende het vroe\u00ebr by Louw se plaas naby die Hartebeespoortdam in Noordwes bymekaargekom om hul meegevoel te toon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is altyd \u2018n skok en natuurlik was hy \u2018n oud-kollega \u00e9n vriend,&#8221; het Foeta Krige ges\u00ea, wat Louw se lyk gevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Krige het ges\u00ea Louw het Maandagmiddag kort na 14:00 vermis geraak. Die plaaslike buurtwag het gesoek maar kon hom nie vind nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Krige het ges\u00ea Louw, wat sy voormalige baas by Radio Sonder Grense was, het onlangs \u2018n boekkontrak losgeslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Krige s\u00ea Louw het die gesig van hedendaagse Afrikaanse debatte verander toe hy uitvoerende regisseur van RSG was en dat hy &#8216;n &#8220;baie liberale Afrikaner&#8221; was. Krige is tans die regisseur van Monitor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook die afgelope tyd gereeld oor &#8216;n vlaag misdade in die gebied vir Beeld geskryf en het sy kommer oor die toestand in die land te kenne gegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIn sy laaste artikels het hy die ontnugtering van baie Suid-Afrikaners, wat se verwagting van die nuwe Suid-Afrika nie \u2018n werklikheid geraak het nie, uitgebeeld,&#8221; het Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus, oor Louw ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Louw het bekendheid verwerf met sy opspraakwekkende &#8220;Ope brief aan Willem de Klerk, Boetman is die bliksem in&#8221;, wat deur PRAAG uitgegee is. Die ope brief is net gedeeltelik in Media24 weergegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ope brief het aanleiding gegee tot die Boetmandebat. Hy het in sy brief aan de Klerk die ouer generasie Nasionale Partyleiers daarvan beskuldig dat hulle papbroekige verraaiers was wat bereid was om jong lewens vir hulle ideaal van apartheid op te offer maar daarna eenvoudig oorgestap het na die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Louw was deel van &#8216;n sending Afrikaners wat in 1987 met die toe-nog-verbode ANC ontmoet het in Senegal. Hy het eerstehandse kennis gedra van die oorgawe en verraad van die Nasionale Party. Hy gee &#8216;n omvattende beskrywing daarvan in sy opvolgboek &#8220;Boetman en die swanesang van die verligtes&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy was \u2018n joernalis vir verskeie publikasies soos Mail &amp; Guardian, Die Landbouweekblad, Vaderland en Oggendblad en het baie artikels vir Beeld geskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Louw word deur sy vrou, seun en dogter oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder het Louw se eerlikheid geprys. &#8220;Ek het groot waardering gehad vir die eerlike wyse waarop hy ander gekritiseer het, ook homself. Die vreeslose manier waarop hy alles en almal gestorm het wat hy as oneerlik beskou het, sal sy groot bydra tot die Suid-Afrikaanse debat bly.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">online casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Joernalis Chris Louw, is met &#8216;n kopwond gevind wat dui op selfmoord, het die Noordwespolisie ges\u00ea. \u201cHy het sy vrou beveel om in die huis te bly, en toe na buite gegaan. Daar is \u2018n plek waar hy blomme geplant het, wat \u2018n spesiale plek vir hom was soos ons verstaan. En by daardie plek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-6859","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6859","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6859"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6859\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6859"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6859"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6859"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}