{"id":6837,"date":"2009-12-01T07:03:42","date_gmt":"2009-12-01T07:03:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6837"},"modified":"2009-12-01T07:03:42","modified_gmt":"2009-12-01T07:03:42","slug":"time-se-zuma-artikel-en-werklikheidskoors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6837","title":{"rendered":"Time se Zuma-artikel en werklikheidskoors"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In die jongste uitgawe van Time is \u2018n breedvoerige artikel oor pres. Jacob Zuma wat net sowel deur \u2018n uiters knap beeldpoetser geskryf kon wees. Dit skep \u2018n oorheersend positiewe indruk terwyl genoegsaam op die bedenkinge gewys word om die artikel geloofwaardigheid te verleen, veral aan lesers in lande wat nie daagliks op die Suid-Afrikaanse kontakvlak van dienslewering en regeringsbesluite leef nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die positiewe eienskappe van Zuma word veral gebou rondom die feit dat Zuma, veel meer as sy voorganger wat periodieke blits-ampsbesoeke aan Suid-Afrika gebring het, die voetsoolvlak hard slaan, en dat Zuma foute erken en onderneem om dit aan te spreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is inderdaad \u2018n gees van werklikheidskoors in die ANC-alliansie vaardig, soos wat Volksblad vanoggend in \u2018n hoofartikel skryf. Word egter na aktualiteitsprogramme geluister of gekyk, is kundiges dit bykans eens in hul skeptisisme of die ANC-regering oor die vermo\u00eb of wil beskik om daad by die woord te voeg en vrot appels uit te smyt. Trouens, die vroe\u00eb fases van die Zuma-bewind is eerder gekenmerk deur die hersirkulering van comrades wat na \u2018n lang gespook iewers die trekpas gekry het, maar dan net weer elders op dieselfde of selfs ho\u00ebr vlak aangewend word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die artikel is ook geskryf voor Collins Chabane se aanwysing om die stryd teen korrupsie te ko\u00f6rdineer en dit aan die lig gekom het dat hy self sy amptelike kredietkaart misbruik het, of alternatiewelik het Time hierdie feit ge\u00efgnoreer. Dit is egter duidelik geskryf voor die aanstelling van adv. Menzi Simelane as direkteur van Openbare Vervolger wat eerder op hardnekkige volstruispolitiek as werklikheidskoors dui..<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die rimpelings wat die Simelane-kwessie internasionaal maak, kan saam met \u2018n horde negatiewe beriggewing w\u00eareldwyd die Time-artikel in Suid-Afrika se gesig laat ontplof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika is danksy die internet en ander tegnologie nie \u2018n nuus-eiland nie. Ter demonstrasie: Twee van die kleiner partye hier, die Vryhjeidsfront Plus en die Christen-Demokratiese Alliansie striem di\u00e9 week adjunk-president Kgalema Motlanthe nadat hy boere se optrede teenoor plaaswerkers die skuld vir plaasmoorde gegee het. Anders as gewoonlik het dit  di\u00e9 keer nie prominensie in die Afrikaanse dagbladpers gekry nie en is selfs grootliks ge\u00efgnoreer, maar die SAUK dra dit in verskeie nuus- en aktualiteitsberigte, en dit word deur verskeie elektroniese nuusvoorsieners soos SAPA, IOL , iAfrica en News 24 die w\u00eareld ingestuur sodat Google vanoggend reeds meer as 3 500 trefslae oplewer, waarvan \u2018n groot deel op di\u00e9 spesifieke nuusgebeure betrekking het. In baie word die grusame statistieke oor plaasaanvalle weer aan die groot klok gehang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika moet vrede maak dat di\u00e9 land in die aanloop tot die Fifa-toernooi, die o\u00eb van die w\u00eareld op hom vasgevang sal hou, en dat die goeie \u00e9n slegte die nuus sal haal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeldpoetsers kan ook n\u00e9t soveel vermag \u2013 die werklikheid sorg vir die res van die persepsie wat die w\u00eareld oor \u2018n land en sy leiers koester. Hoe meer geploeter en verbrou word, hoe harder word aan die negatiewe persepsie gebou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werklikheidskoors is belangrik, maar die doen van wat nodig is om dit aan te spreek is soveel belangriker.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino register<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/comments.ua\/society\/596417-trehletniy-malchik-skonchalsya.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die jongste uitgawe van Time is \u2018n breedvoerige artikel oor pres. Jacob Zuma wat net sowel deur \u2018n uiters knap beeldpoetser geskryf kon wees. Dit skep \u2018n oorheersend positiewe indruk terwyl genoegsaam op die bedenkinge gewys word om die artikel geloofwaardigheid te verleen, veral aan lesers in lande wat nie daagliks op die Suid-Afrikaanse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6837\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Time se Zuma-artikel en werklikheidskoors&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-6837","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6837","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6837"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6837\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6837"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6837"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6837"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}