{"id":6822,"date":"2009-11-30T17:43:30","date_gmt":"2009-11-30T17:43:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6822"},"modified":"2009-11-30T17:43:30","modified_gmt":"2009-11-30T17:43:30","slug":"bedorwe-proteas-gee-saggies-oor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6822","title":{"rendered":"Bedorwe Proteas gee saggies oor"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Sou daar &#8216;n wedstryd op St. George&#8217;s Park in Port Elizabeth wees, sal dit die kaptein betaam om te luister na kenners wat di\u00e9 blad en die omstandighede ken, iemand soos, s\u00ea nou maar, Keppler Wessels. Hy het &#8216;n vrag wedstryde daar gespeel, meeste as kaptein. En hy sal vir die kaptein s\u00ea, in die woorde wat hy tydens gister se televisie-uitsending gebruik het, dat as die wind waai, en dis bewolk en dis bedompig, moet jy nie, as jy die loot wen, besluit om te kolf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Smith h\u00e9t die loot gewen, hy h\u00e9t nie na Keppler geluister nie en hy h\u00e9t besluit om te kolf. Fout. Die eerste uur van die wedstryd het die bal weggekaats van die naat en was daar &#8216;n angel in die blad. Daarna het die wind en die son die blad uitgedroog en was dit so mak soos Roelf Meyer se politiek. Maar na &#8216;n uur was die Proteas se doppie reeds geklap want die toporde het toe reeds energiedrankies in die paviljoen gesuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie dat die blad sonder medepligtiges was nie. Die Proteas het gekolf asof hierdie beurt &#8216;n voortsetting van Vrydag se lopievloed op Nuweland was. Dit was nie en dit was asof dit die Suid-Afrikaanse kolwers so nukkerig gemaak het dat hulle geweier het om vas te byt en te konsentreer. Smith het self &#8216;n hele twee lopies tot sy span se fortuin bygedra en Amla 11. De Villiers het 99 lopies minder as Vrydag se 121 gekry en Duminy het n\u00f3g &#8216;n rondte teen die kortbal verloor om agter die penne deur Prior van Anderson uitgevang te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die enigste kolwer wat enige toewyding getoon het, was die onbesonge Alviro Petersen met sy derde agtereenvolgende vyftigtal. Hy was laaste uit op 51 met Suid-Afrika op &#8216;n skandalige 119.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verloopte Suid-Afrikaners, Jonathan Trott en Andrew Strauss het 80 persent van die lopies aangeteken voordat Morgan by Trott aangesluit het om die taak af te handel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jimmy Anderson was die Man van die Wedstryd met sy beste ontleding ooit van vyf vir 23.<\/p>\n<p>Engeland is nou 2-1 voor in die reeks met nog net een wedstryd, Vrydag, in Durban oor.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free casino gambling<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/topcargo\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sou daar &#8216;n wedstryd op St. George&#8217;s Park in Port Elizabeth wees, sal dit die kaptein betaam om te luister na kenners wat di\u00e9 blad en die omstandighede ken, iemand soos, s\u00ea nou maar, Keppler Wessels. Hy het &#8216;n vrag wedstryde daar gespeel, meeste as kaptein. En hy sal vir die kaptein s\u00ea, in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6822\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bedorwe Proteas gee saggies oor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[7839,7374,7837,6412,7838,21115,6666,21101,2242],"class_list":["post-6822","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c79-krieket","tag-alviro-pietersen","tag-andrew-strauss","tag-bedorwe-proteas-gee-saggies-oor","tag-engeland","tag-jp-duminy","tag-c79-krieket","tag-proteas","tag-s25-sport","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6822","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6822"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6822\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6822"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6822"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6822"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}