{"id":6818,"date":"2009-11-30T07:36:57","date_gmt":"2009-11-30T07:36:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6818"},"modified":"2009-11-30T07:36:57","modified_gmt":"2009-11-30T07:36:57","slug":"die-terreur-van-plaasmoorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6818","title":{"rendered":"Die terreur van plaasmoorde"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die stelling van die ondervoorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha, dat plaasmoorde niks anders as terreur is om boere van hul plase te intimideer nie, is nie \u2018n nuutjie nie. Sy reaksie kom nadat adjunkpresident Kgalema Motlanthe opnuut boere vir die plaasaanvalle geblameer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die syfers na alle kante dui daarop dat mense wat meen plaasmoorde is terreur \u2018n punt beet het. Suid-Afrika se amptelike moordkoers is in die omgewing van 40 per 100 000 per jaar teenoor die w\u00eareldgemiddeld van 5, terwyl die syfer onder boere en hul gesinslede by tye in die omgewing van 130 per 100 000 per jaar is. Saam met normale landbouverwante ongevalle, maak dit boer wees in Suid-Afrika \u2018n gevaarliker beroep as om \u2018n Chinese steenkoolmynwerker te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is nog \u2018n manier van hierna kyk. In die ooreenstemmende tyd is ongeveer dubbel soveel mense deur plaasmoorde in Suid-Afrika afgemaai as wat Britse soldate in die oorloggeteisterde Afganistan omgekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veel is al geskryf oor die wreedheid waarmee plaasaanvalle gepaard gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken nie die regering het gaan sit en \u2018n beleid geformuleer dat boere deur plaasmoorde van hul plase af ge\u00efntimideer moet word nie. Dat die regering egter dade en uitsprake stilswyend gekondoneer het wat ongeveer dieselfde impak het, is egter ook so. Dit het byvoorbeeld \u2018n app\u00e8l teen \u2018n bevinding van die Menseregtekommissie gekos om die slagkreet \u201cKill the Boer, kill the farmer\u201d tot haatspraak verklaar te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Vorige minister van Landbou, Lulu Xinwana, was deurlopend by boere in onguns oor uitsprake. Haar Kerkplein-uitbarsting teen boere wat hul plaaswerkers sou mishandel was gebaseer op \u2018n verslag van \u2018n enkele voorval in die Wes-Kaap. Hierdie insident het boonop geblyk die gevolg van fabrikasie van \u2018n Nie-regeringsorganisasie te wees wat \u2018n vroulike plaaswerker voorges\u00ea het. Sy het later tot bekering gekom, en erken dit was vals en die boer om vergifnis gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog later het dit geblyk dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat di\u00e9 beweerde voorval ondersoek het, en dit as vals bevind het, en dat die regering reeds sewe maande in besit van hierdie OKD se verslag was toe die minister haar opmerkings gemaak het. Ook die langdienende adjunk-minister van Landbou en Grondsake, wyle Dirk du Toit, was bekend vir sy gelaaide uitsprake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou het Motlanthe ook die skuld vir plaasaanvalle op die boere self gepak. Sy stellings oor hoe boere hul werkers sou behandel is nie net grof veralgemeend nie, dit is al deur verskeie amptelike ondersoeke onder die loep geneem, en as \u2018n vals aanname bevestig. Een so \u2018n ondersoek was \u2018n gesamentlike poging van Agri Wes-Kaap en die destydse ANC-beheerde provinsiale departement van Landbou, en die ander \u2018n peperduur ondersoek deur die destydse Vrystaatse Premier, Winkie Direko wat onder meer behels het dat getuies op staatskostes van heinde en verre aangery is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Wes-Kaapse ondersoek was skaars afgehandel of \u2018n string NRO\u2019s en politici uit die Wes-Kaap gaan eenvoudig voort met die aantygings tydens \u2018n nasionale grondberaad. Die waarheid word gewoon te maklik vir politieke munt opgeoffer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Statistieke SA het pas weer syfers bekend gemaak oor hoe die aantal kommersi\u00eble boerdery-eenhede in Suid-Afrika deurgaans verminder. Verskeie faktore speel \u2018n rol, maar dat baie mense nie meer kans sien vir die blootgestelde lewe op plase nie, is ook waar. Die ironie is dat verskeie boere wat vir hul veiligheid op die dorp gaan woon het \u2013 waaronder \u2018n vroueboer van Boshof en \u2018n boer van Paul Roux, kort na mekaar in hul dorpshuise vermoor is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Grusame aanvalle soos hierdie kan as niks anders nie as terreur beskryf word, selfs al sou dit nie spesifiek of deurgaans politieke terreur wees nie \u2013 is die kommandostelsel ontbind.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/59-torshery\">\u0442\u043e\u0440\u0448\u0435\u0440\u044b \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die stelling van die ondervoorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha, dat plaasmoorde niks anders as terreur is om boere van hul plase te intimideer nie, is nie \u2018n nuutjie nie. Sy reaksie kom nadat adjunkpresident Kgalema Motlanthe opnuut boere vir die plaasaanvalle geblameer het. Die syfers na alle kante dui daarop dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6818\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die terreur van plaasmoorde&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[7830,7826,7827,626,7828,6336,21092,7829],"class_list":["post-6818","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-afgainstan","tag-die-terreur-van-plaasmoorde","tag-ds-theunis-botha","tag-herman-toerien","tag-kgalema-motlanthe","tag-plaasmoorde","tag-rubrieke","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6818"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6818\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}