{"id":6789,"date":"2009-11-27T06:37:32","date_gmt":"2009-11-27T06:37:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6789"},"modified":"2009-11-27T06:37:32","modified_gmt":"2009-11-27T06:37:32","slug":"sapd-se-klag-by-persombudsman-teen-volksblad-teruggetrek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6789","title":{"rendered":"SAPD se klag by persombudsman teen Volksblad teruggetrek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In die aanloop en na afloop van die Konfedereasiebekertoernooi was die polisie duidelik ongemaklik oor die persepsie wat die publiek en besoekers oor die misdaadsituasie in die land sou ontwikkel. Veral die polisie in gasheerstede vir volgende jaar se Sokkerw\u00eareldbekereindtoernooi is met \u2018n vergrootglas dopgehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop het dit in dieselfde tyd aan die lig gekom dat verskeie polisiestasies met hul misdaadsyfers gepeuter het om sake beter te laat lyk, en is ondersoeke gelas en is selfs opgetree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat van die stasiekommissarisse onder die druk sou swaarkry was te wagte. In Bloemfontein is \u2018n vrou wat \u2018n rooftog gerapporteer het wat toe die koerant gehaal het, deur die stasiekommissaris gebel en erg uitgetrap omdat sy, soos dit gestel is, \u201cpetty crime\u201d gerapporteer het. Volgens hom word \u201cpetty crime\u201d nie gerapporteer nie want dit werp \u2018n swak indruk op die polisie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vrou het dit bloot ter wille van \u2018n versekeringseis gerapporteer omdat sy in ieder geval te min vertroue in die polisie se vermo\u00eb om die skuldige aan te keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In nog \u2018n geval, wat net die buitelandse media en IOL gehaal het, is \u2018n Brit wat in dieselfde tyd die wedstryd tussen die Britse en Ierse Leeus en die Cheetahs bygewoon het, naby die gastehuis waar hy tuisgegaan het met \u2018n harde voorwerp oor die kop geslaan en beroof. Die man, Midge Fergusson, het aan IOL vertel dat hy deur \u2018n senior polisieman besoek is terwyl hy in intensiewe sorg gel\u00ea het, en die indruk gekry het die polisieman is erg bekommerd oor die impak van slegte publisiteit oor die voorval, en minder bekommerd oor die voorval self.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kort hierna het die provinsiale polisiekommissaris alle kommunikasie met Volksblad en sy 13 tuiskoerante opgeskort. \u2018n Klag is ook hierna by die Persombudsman gel\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het geblyk dat die SAPD ongelukkig was oor twee berigte, wat in hoofsaak impliseer dat die provinsiale kommissaris se vriende bevoordeel word. In die een geval het dit gehandel oor \u2018n polisieman wat \u2018n kollega so erg aangerand het dat hy rekonstruktiewe chirurgie moes ondergaan. Die beweerde aanrander is eers na heelwat gemeenskapsdruk geskors, maar die skorsing is later opgehef, en die man boonop terugwerkend bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mediaboikot teen Volksblad is mettertyd opgehef, en nou het die SAPD ook die klag by die Persombudsman teruggetrek voor die saak bereg kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op papier het Suid-Afrika, in internasionale terme, buitengewone persvryheid en word dit onder meer pertinent in die grondwet verskans. Die grondwet bevat ook bepalings oor die reg op toegang tot inligting wat die persoon se regte raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die praktyk kom daar egter dadels van as die staat eenvoudig inligting weerhou soos in die geval van Staatsdieskommissie se ondersoek na die nuwe Openbare Vervolger, Menzi Simelane se geskiktheid. Selfs die grondwet vereis dat \u2018n persoon geskik vir aanstelling in \u2018n staatsgefinansierde pos moet wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Essop Pahad, destydse minister in die presidensie, se dreigement dat die staat advertensies van sekere media kan weerhou, was niks minder nie as \u2018n vinger in die oog druk van persvryheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die polisie betref, is daar net een manier om nie negatiewe publisiteit te kry nie, en dit is om so ver moontlik niks verkeerd te doen nie, en om genadeloos en sigbaar teen vrot appels in eie geledere op te tree. Vrot appels, soos die polisie wat versuim het om meer as \u2018n dosyn hofbevele wat teen \u2018n spesifieke persoon verkry is, uit te voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koestering van vrot appels hou implikasies in soos om die stygende aantal sterftes van mense in polisieselle te verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/saunas\/\">\u0441\u0430\u0443\u043d\u0430 \u0432 \u0436\u0443\u043b\u0435\u0431\u0438\u043d\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die aanloop en na afloop van die Konfedereasiebekertoernooi was die polisie duidelik ongemaklik oor die persepsie wat die publiek en besoekers oor die misdaadsituasie in die land sou ontwikkel. Veral die polisie in gasheerstede vir volgende jaar se Sokkerw\u00eareldbekereindtoernooi is met \u2018n vergrootglas dopgehou. Boonop het dit in dieselfde tyd aan die lig gekom &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6789\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SAPD se klag by persombudsman teen Volksblad teruggetrek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-6789","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6789","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6789"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6789\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6789"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6789"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6789"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}