{"id":6774,"date":"2009-11-26T06:25:52","date_gmt":"2009-11-26T06:25:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6774"},"modified":"2009-11-26T06:25:52","modified_gmt":"2009-11-26T06:25:52","slug":"trias-politica-bly-onder-druk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6774","title":{"rendered":"Trias politica bly onder druk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Teen die agtergrond dat Suid-Afrika tot gevaarlik na-aan die onderpunt van die VN se sogenaamde piesangreplubliek-indeks beweeg het, kom die nuus dat pres. Jacob Zuma adv. Menzi Simelane as die nuwe direkteur van Openbare Vervolging aangestel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kritiek op Simelane is veral gebou rondom bevindings van die Ginwala-kommissie van ondersoek, en \u2018n voortspruitende ondersoek deur die Staatsdienskommissie na die optrede en bekwaamheid van Simelane. In bre\u00eb trekke word hy deur opposisiepartye daarvan beskuldig dat hy nie die onafhanklikheid van die regbank verstaan nie, en dus by implikasie nie verstaan hoe die demokrasie in \u2018n moderne regstaat funksioneer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In eenvoudiger taal gestel \u2013 hy word daarvan beskuldig dat \u2018n marionet van die regerende party is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ironie is dat hy adv. Vusi Pikoli vervang wat weliswaar as direkteur van Openbare Vervolging so onafhanklik opgetree het dat hy eers die trekpas en toe \u2018n vrypas en skikking van meer as R7 miljoen ontvang het, maar as direkteur-generaal van Justisie \u2018n duik in aansien op die lyf geloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In daardie geval het \u2018n adjunk-direkteur-generaal, M.M. Tshishonga, by Pikoli as direkteur-generaal gekla dat die destydse minister van Justisie, dr. Penuell Maduna onregmatig by die Meesterskantoor inmeng om lonende kontrakte vir \u2018n vriend te bekom. Nadat Pikoli versuim het om iets aan die saak te doen, het Tshishoga hom na dr. Essop Pahad, minister in die presidensie gewend. Ook hier het hy \u2018n bloutjie geloop. Hy het vervolgens \u2018n mediakonferensie bel\u00ea en met die sak patats vorendag gekom. Tshishonga het hom op die arbeidshof beroep toe teen hom opgetree is, met Maduna as eerste verweerder, en Pikoli as tweede. Tshishonga het die saak gewen omdat Maduna en Pikoli hom geen alternatief gelaat het as om hom op die media te beroep nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was Maduna se einde, maar ni\u00e9 Pikoli s\u2019n nie. Politieke gedienstigheid, selfs om \u2018n korrupte saak te dien, is blykbaar geen sonde nie, maar toe hy wel onafhanklik optree soos om met die teenkanting van Simelane, toe DG van Justisie, teen Jackie Selebi op te tree, was dit afdankingswaardig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs al sou slegs die simboliek van Simelane se aanstelling ten hemele skreeu, kan die feit nie weggeredeneer word dat hierdie aanstelling skadelik vir die land en vir pres. Jacob Zuma se internasionale aansien is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit staan boonop in die skadu van adv. Lauwrence Mushwana, afgetrede Openbare Beskermer, se herontplooiing as voorsitter van die Menseregtekommissie. Boonop het Mushwana \u2018n afskeidsgeskenk van R7 miljoen ontvang toe sy termyn by die Openbare Beskermer afgeloop het, na die Openbare Beskermer op sy wagbeurt minstens twee hofsake \u2013 die een oor die Staatsteaterondersoek en die ander oor die Petro SA \u2013 Invume \u2013aangeleentheid, verloor het. Veral laasgenoemde het die vraagtekens oor sy politieke onafhanklikheid geplaas. Hy is immers as ANC-LP as Openbare Beskermer ontplooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ironie is dat die hof gister self \u2018n boodskap van onafhanklikheid en juridiese suiwerheid uitgestuur het toe die SAPD aanges\u00ea is om binne twee dae uitvoering te gee aan altesaam 15 ge\u00efgnoreerde hofbevele teen \u2018n sakeman, wat volgens sy eie aansprake ho\u00eb konneksies en dus onaantasbaar is. Die hof het klem gel\u00ea op die impak wat die SAPD se optrede op die funksionering van die regstaat het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit bly egter \u2018n hartseer saak dat die skeiding van magte, soos in die trias politica \u2018n demokratiese konvensie geword het, en die onafhanklikheid van die regbank, so diep in die 21ste eeu in Suid-Afrika steeds sukkel om die babasokkies af te skud.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe ver agter Suid-Afrika geraak het blyk uit die skorsing van \u2018n Belgiese regter omdat sy glo \u2018n sakeman sou bevoordeel het in \u2018n saak wat ooreenkomste toon met dele van die Hlope-debakel. Ten spyte daarvan dat dit gou aangespreek is, het die Belgiese premier steeds verklaar dat die insident die demokrasie self bedreig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie premier het pas die eerste president van die Europese Raad geword.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-dlya-vyezda-za-granicu-forma-082u\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 082\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.dozor.ua\/news\/vlast\/1153567.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Teen die agtergrond dat Suid-Afrika tot gevaarlik na-aan die onderpunt van die VN se sogenaamde piesangreplubliek-indeks beweeg het, kom die nuus dat pres. Jacob Zuma adv. Menzi Simelane as die nuwe direkteur van Openbare Vervolging aangestel het. Kritiek op Simelane is veral gebou rondom bevindings van die Ginwala-kommissie van ondersoek, en \u2018n voortspruitende ondersoek deur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6774\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Trias politica bly onder druk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7762],"class_list":["post-6774","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-trias-politica-bly-onder-druk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6774","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6774"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6774\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6774"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6774"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6774"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}