{"id":6760,"date":"2009-11-25T06:11:29","date_gmt":"2009-11-25T06:11:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6760"},"modified":"2009-11-25T06:11:29","modified_gmt":"2009-11-25T06:11:29","slug":"eufemisme-van-die-dekade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6760","title":{"rendered":"Eufemisme van die dekade"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Stelling wat gereeld gemaak word is dat die regering \u2018n beheptheid met middelmatigheid het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die vlakke van dienslewering, en in die besonder munisipale dienslewering, as middelmatig te beskryf word nie deur die werklikheid gereflekteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis swak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslae van die ouditeur-generaal oor die stand van sake in munisipaliteite is reeds genoeg bewys dat die woord \u201cmiddelmatigheid\u201d hier \u2018n erge eufemisme is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog verklaar die Vrystaatse premier dat die vlakke van dienslewering in di\u00e9 provinsie goed is, en dat die inwoners tevrede is daarmee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy woorde is skaars geuiter of sy eie tuisdorp, Parys, se munisipaliteit, moet in die hof in Heilbron redes aanvoer waarom \u2018n bestraffende kostebevel nie teen ampsdraers van di\u00e9 munisipaliteit gemaak moet word nie, na die munisipaliteit bloedneus \u2018n rondte in die hof gekry het. Di\u00e9 hofsaak, wat deur die Heilbron-belastingbetalersvereniging aanhangig gemaak is, het beslis nie uit tevredenheid met dienslewering gevloei nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die munisipale onluste in onder meer Harrismith, Boshof en Jagersfontein ook nie. Trouens, volgens Municipal IQ was daar vanjaar landswyd \u2018n skerp toename in onrus oor munisipale dienslewering, met die Vrystaat wat persentasiegewys meer as sy deel van die onluste beleef het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop verskyn amptenare en oud-amptenare van die provinsie se naasgrootste stad, Welkom, op kriminele aanklagte in die hof wat weens die Matjabeng-munisipaliteit se hantering van die stad en omgewing se rioolwerke. In ander munisipaliteite is siviele hofbevele hieroor teen Vrystaatse munisipaliteite verkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaatse bloudruppel-status word op enkele uitsonderings as skrikwekkend beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Vrystaatse hoofstad gaan dit nie beter nie. Ter demonstrasie, die geval van \u2018n stormwater-inlaat se deksel wat deur \u2018n swaar voertuig op \u2018n sypaadjie stukkend getrap is. Dit is deur \u2018n lid van die munisipale wykskomitee behoorlik gerapporteer, en gerapporteer en gerapporteer. Na meer as \u2018n jaar het die meegaande foto in \u2018n koerant verskyn, en na nog meer as \u2018n jaar gaap die gat steeds op die sypaadjie. In hierdie tydperk het die Mangaung-munisipaliuteit \u2018n hofsaak verloor na \u2018n vrou in \u2018n oop mangat op \u2018n sypaadjie geval het na die deksel vir skrootyster gesteel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Magashule se opmerking plaas nuwe betekenis aan sy woorde by \u2018n Salga-kongres dat onbevoegde en korrupte munisipale bestuurders en burgemeester die trekpas gaan kry. Hy is destyds uitgelag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het hierna laat blyk dat sy LUR\u2019e wat nie die mas opkom nie, ook die trekpas gaan kry, en die getal van drie is selfs genoem, sodat die media bespiegel het watter drie hierdie lot te beurt gaan val.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik, so lyk dit, is vlakke van dienslewering wat Magashule as bevredigend beskou, nie juis teksboekvoorbeelde van bevredigend nie. Trouens, om hierdie vlakke van dienslewering aan \u2018n beheptheid met middelmatigheid te beskryf, kom op politieke korrektheid in die oortreffende trap neer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal Suid-Afrika loon om die oog op die telbord te hou. Die debakel rondom Collins Chabane se aanwending van sy amptelike kredietkaart word veral geaksentueer deur die feit dat hy die staat se beoogde optrede teen korrupsie moet orkestreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Julius Malema het weer gesorg dat die kollig op hom val deur te verklaar landbougrond is van swart mense gesteel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brittanje het intussen \u2018n amptelike waarskuwing aan sy burgers uitgereik dat hulle tydens hul Fifa-besoek in Suid-Afrika gekaap kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fifa hou in Desember \u2018n buitengewone vergadering.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/tiaras\/\">tiaras for sale<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Stelling wat gereeld gemaak word is dat die regering \u2018n beheptheid met middelmatigheid het. Om die vlakke van dienslewering, en in die besonder munisipale dienslewering, as middelmatig te beskryf word nie deur die werklikheid gereflekteer nie. Dis swak. Die verslae van die ouditeur-generaal oor die stand van sake in munisipaliteite is reeds genoeg bewys &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6760\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eufemisme van die dekade&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[7744,5380,7743,7507],"class_list":["post-6760","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-boshof","tag-dienslewering","tag-heilbron","tag-parys"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6760","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6760"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6760\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6760"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6760"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6760"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}