{"id":6745,"date":"2009-11-24T06:41:09","date_gmt":"2009-11-24T06:41:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6745"},"modified":"2009-11-24T06:41:09","modified_gmt":"2009-11-24T06:41:09","slug":"die-skandaal-rondom-die-inligting-skandaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6745","title":{"rendered":"Die skandaal rondom die &#8216;inligtingskandaal&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/landman_christo.jpg\" border=\"0\" \/>Voor die uittrede van minister \u201cPik\u201d Botha as destydse minister van buitelandse sake, het hy met groot sorg die geskiedenis van buitelandse sake laat skryf. Groot was my verbasing dat daar in hierdie belangrike stuk werk nie \u2018n woord gerep word oor twee hoofdirektorate onder mnr. Botha wat koverte projekte bedryf het nie. Hierdie stand van sake het die hele inligting-\u201dskandaal\u201d in herinnering geroep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die inligtingtragedie van die tagtigerjare het die direkte gevolg gehad om die befaamde generaal Hendrik van den Berg (hoof van die nasionale intelligensiediens) en die belasterde drs. Connie Mulder (minister van inligting) en Eschel Rhoodie (direkteurgeneraal van inligting) te onttroon. Die verdere gevolge van die \u201cskandaal\u201d was dat president John Vorster in oneer deur die staatsgreep uit die mag gestel is. Minister Connie Mulder moes bedank. Voor dit was hy die kroonprins van die Nasionale Party. Dr. Eschel Rhoodie het eers landuit gevlug, is in Frankryk gearresteer (sonder om sy vrou in te lig wat iewers in \u2018n hotel tevergeefs op hom sit en wag het), hier in Potgieterstraat in die tronk gesmyt, later onskuldig bevind en is per eersteklasvliegkaartjie terug na Europa. Veel later het hy weens \u2018n hartaanval op \u2018n tennisbaan in Amerika gesterf, ver van die land waarvoor hy op &#8216;n stadium alles gegee het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vorster\/Van den Berg\/Mulder-era is opgevolg deur P.W. Botha en R.F. Botha. Dit het bekend gestaan as &#8220;die coup van die Bothas&#8221; en wraak van Robert Charles Barry, die toenmalige ouditeur, kontroleurgeneraal en voorganger van Rhoodie by inligting. Een milit\u00eare vuis, die vuis van Vorster se veiligheidspolisie, is vervang deur die sekurikrate (die weermag en sekretariaat van die staatsveiligheidsraad). Hierdie omruiling van die mag het ook uiteindelik sy logiese uiteinde in die politieke kapitulasie van F.W. de Klerk, die vrylating van Nelson Mandela en oorname deur die ANC gevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beweegrede vir die oorname van die Bothas en die vernietiging van Vorster en Mulder deur die Bothas het rondom die geheime projekte van Eschel Rhoodie en sy inligtingsdepartement gedraai. Suid-Afrika was die skyf van die kommunisme in die Koue Oorlog tussen Oos en Wes. \u201cPik\u201d Botha se buitelandsesakedepartement \u2013 of die streepbroekbrigades, soos hulle geheet het, is nie vertrou om die politieke boodskap van afsonderlike vryhede effektief te bemark nie. Daarom is die departement van inligting in die binne- en buiteland ontplooi, om as propaganda-arm die politieke boodskap van afsonderlike vryhede te verwoord. Die department van inligting se werksaamhede is egter nie deur die Wet op amptelike geheime gedek nie en om dit deur wetgewing te doen, sou slapende honde wakker maak. Daarom moes \u2018n ander weg gevind word. Hierdie weg was die geheime rekening van die Weermag. Die ambisieuse P.W. Botha en opponent van Connie Mulder was die betrokke minister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hooftaak van die inligtingsmanne by buitelandse missies was die bemarking van die politiek van afsonderlike ontwikkeling. Bemarking moes met konvensionele asook onkonvensionele metodes geskied. Politieke fronte is w\u00eareldwyd tot stand gebing. Agente is onplooi en miljoene rande is in \u2018n veldtog, wat op sielkundige oorlogvoering neergekom het, ge\u00efnvesteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met R.F. Botha aan die politieke stuur van buitelandse sake is die inligtingsmanne teen wil en dank by missies aanvaar, maar altyd as tweederangse diplomate hanteer. Inligtingsmanne is as attach\u00e9s, of aangelaptes, ontvang. Hier en daar was daar \u2018n raad en in ander gevalle \u2018n residentminister (\u2018n diplomatieke titel ho\u00ebr as di\u00e9 van \u2018n raadgewer) op die diensstaat van \u2018n ambassade aangestel, maar die tweede-in-bevel was deurgaans \u2018n streepbroekdiplomaat van buitelandse sake. Die teenkant van die munt was natuurlik dat hoofde van missies grootliks in die duister was oor die \u201cpolitieke\u201d doen en late van inligtingsmanne. Dit is aan die diskresie van inligtingshoofde oorgelaat om die hoofde van missies in te lig, as en wanneer nodig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die leiding van die dinamiese Eschel Rhoodie het die departement van inligting, ondersteun deur generaal Hendrik van den Berg se nasionale intelligensiediens, as \u2018n effektiewe propaganda-instrument ontwikkel. Die moreel onder die amptenare was hoog. Die departement is uitgebou as \u2018n alternatiewe \u201cdepartement van buitelandse sake\u201d. As en wanneer B.J. Vorster die mag sou oorgee aan Connie Mulder, waarna Connie Mulder vir Eschel Rhoodie sy minister van buitelandse sake sou maak, is wyd en syd gespekuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die leiding van die Rhoodie-broers en onder aansporing van Connie Mulder is gesoek na \u2018n alternatiewe politieke beleid, wat konsosiatiewe demokrasie, Lijphart se model, geheet het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareldwye aanslag teen SA het natuurlik in die guns van die departement van inligting getel. Die ANC het inmiddels geslaag, om met die hulp van Westerse moondhede apartheid tot \u2018n \u201cmisdaad teen die mensdom\u201d te verklaar. Die boodskap wat menige ambassadeur deur minister Botha na die kabinet gestuur het, was dat die w\u00eareldwye aanslag teen SA kan lei tot internasionale sanksies en selfs die blokkade van Suid-Afrikaanse vliegtuie en skepe. Dus \u2018n totale isolasie van die land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die departement van inligting was egter die voorstander van \u2018n idee dat SA net deur onkonvensionele metodes gered kon word. Dit het behels:<\/p>\n<ul>\n<li> Die skepping van geheime frontorganisasies in die belangrikste Westerse lande.<\/li>\n<li> Die geheime ontplooiing van agente, wat politici en joernaliste, in die buiteland ingesluit het.<\/li>\n<li> \u2018n Uitgebreide gasteprogram om buitelandse meningsvormers te toon welke projekte in die binneland van stapel gestuur is om swartes vanuit hul armoede en onderontwikkeling op te hef.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos te verstaan, is agente en medewerkers in harde kontant betaal, maar is kwitansies nie gevra nie. Watter buitelanders sou dan meewerk as dit \u2018n vereiste was?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swak skakel of Achilleshiel in die operasionele raamwerk van die inligtingsdepartment was dat die geheime fondse deur die Weermag gekanaliseer is. Die politieke vyande van Vorster, Mulder en Rhoodie sou hierdie swakte in die politieke magspel tot eie voordeel uitbuit. Na bewering is projekte en dokumente na die media gelek. Op hierdie stadium is dit miskien ongewens om nadere besonderhede oor die personalia en taktiek van die politieke oorname te gee. Feit is dat die Bothas oorgeneem het en dat die buitelandse komponent van die voormalige departement van inligting deur die departement van buitelandse sake opgeneem is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die logiese verwagting is natuurlik dat alle voormalige geheime projekte gesluit sou word. Nee, inteendeel, die ambisieuse \u201cPik\u201d Botha het genoeg politieke slinksheid en diepte gehad om te weet dat hy nou die alleenverantwoordelikheid vir die politieke oorlewing van SA in die buiteland dra. Derhalwe moes die koverte projekte gewoon voortgaan en in intensiteit verhoog! In die reorganisasie van buitelandse sake is die volgende koverte hoofdirektorate tot stand gebring:<\/p>\n<ul>\n<li>Hoofdirektoraat strategiese beplanning met as opdrag die diskreditering van die ANC en van bevrydingsteolo\u00eb; en<\/li>\n<li>hoofdirektoraat ekonomiese projekte, om desinvestering teen te werk.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie hoofdirektorate is stelselmatig mee weggedoen toe die klok vir die Nasionale Party in die onderhandelingspolitiek gelui en die grafskrif ook vir buitelandse sake geskryf is. Hier rondom 1992 is die dokumente van beide hoofdirektorate op groot skaal vernietig en het politieke geheueverlies oorgeneem. Derhalwe is die dokumente nie tot die beskikking gestel van diegene wat die geskiedenis van buitelandse sake geskryf het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om puntjie by paaltjie te plaas: die vermeende inligting-\u201dskandaal\u201d van die tagtigerjare is deur \u2018n ware skandaal in die negentigerjare opgevolg. Tot dusver het geen haan daarna gekraai nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a \u0438\u0433\u0440\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nikmedia.com.ua\/news\/view\/8982\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voor die uittrede van minister \u201cPik\u201d Botha as destydse minister van buitelandse sake, het hy met groot sorg die geskiedenis van buitelandse sake laat skryf. Groot was my verbasing dat daar in hierdie belangrike stuk werk nie \u2018n woord gerep word oor twee hoofdirektorate onder mnr. Botha wat koverte projekte bedryf het nie. Hierdie stand &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6745\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die skandaal rondom die &#8216;inligtingskandaal&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[7723,7717,7715,7718,7722,7719,7720,7716,7721],"class_list":["post-6745","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-buitelandse-sake","tag-connie-mulder","tag-die-skandaal-rondom-die-inligting-skandaal","tag-eschel-rhoodie","tag-hoofdirektorate","tag-inligtingskandaal","tag-john-vorster","tag-pik-botha","tag-pw-botha"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6745","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6745"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6745\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6745"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6745"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6745"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}