{"id":6735,"date":"2009-11-24T04:59:15","date_gmt":"2009-11-24T04:59:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6735"},"modified":"2009-11-24T04:59:15","modified_gmt":"2009-11-24T04:59:15","slug":"etniese-geweld-vlam-in-drk-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6735","title":{"rendered":"Etniese geweld vlam in DRK op"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Sektariese geweld het ten minste 100 lewens ge\u00ebis en 53 000 mense verdryf sedert die einde van Oktober in die Demokratiese Republiek van die Kongo se noordoostelike Orientaleprovinsie, het die VN Maandag ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede Vrydag is twee dorpe aangeval en in die een, Burburu, het 8 000 mense gevlug voor die aanval, volgens die VN se missie, Monuc, in die DRK. Hulle kon nie die aantal sterftes vasstel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dorp is 150km suid van Dongo aan die oewer van die Oubangirivier wat die grens is tussen die DRK en die Kongo-Brazzaville. Dinsdag en Donderdag was daar skermutselinge in Sabasaba, 25km suidoos van Dongo waarin ongeveer 10 mense omgekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geweld het op 29 en 30 Oktober uitgebreek tussen die Lobalastam, of die Enyele, en die Bamboma-mense, wat onderskeidelik van die dorpe Enyele en Monzaya afkomstig is, maar ook elders woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskil tussen die etniese groepe gaan hoofsaaklik oor watergebied wat ryk is aan vis en die twis het ge\u00ebskaleer na geweld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die VN is kapmesse en wapens gebruik in die konflik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie mense het verdrink nadat hulle gepoog het om na veiligheid in die Kongo, oorkant die Oubangirivier, te vlug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dongo is tans &#8216;n spookdorp met lyke wat besaai l\u00ea in die strate en talle huise en winkels afgebrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeveer 53 000 mense het voor die geweld gevlug, waarvan 37 000 na die Kongo volgens die VN se ho\u00ebkommissaris vir vlugtelinge. Nog 16 000 is steeds in die DRK volgens Monuc.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dongo se minister van binnelandse sake, Guy Inenge, het aan AFP ges\u00ea die beweegredes agter die geweld is baie dieper as net visvangregte en het dit as &#8216;n &#8220;rebellie&#8221; beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Inenge is ten minste 400 lede van die MLC, die hoofopposisieparty in die DRK, betrokke by die geweld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n DRK-regeringswoordvoerder Lambert Mende het die Lobala se optrede as &#8220;kriminele etniese suiwering&#8221; beskryf. Volgens Monuc word &#8220;jong lede op die oomblik met behulp van kontant gewerf&#8221; om deel te neem aan die geweld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Monuc oorweeg tans of hulle lug- of rivierpatrollies na die afgele\u00eb gebied sal stuur &#8220;om &#8216;n beter prentjie van die situasie te kry&#8221; en &#8220;om te help om &#8216;n oplossing vir vrede te vind,&#8221; het &#8216;n amptenaar ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/17-kardannye-svetilniki-raznovidnosti-i-dostoinstva\">\u043a\u0430\u0440\u0434\u0430\u043d\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sektariese geweld het ten minste 100 lewens ge\u00ebis en 53 000 mense verdryf sedert die einde van Oktober in die Demokratiese Republiek van die Kongo se noordoostelike Orientaleprovinsie, het die VN Maandag ges\u00ea. Verlede Vrydag is twee dorpe aangeval en in die een, Burburu, het 8 000 mense gevlug voor die aanval, volgens die VN &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6735\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Etniese geweld vlam in DRK op&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[7701],"class_list":["post-6735","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-sektariese-geweld-het-ten-minste-100-lewens-geeis-en-53-000-mense-verdryf-demokratiese-republiek-van-die-kongo-se-noordoostelike-orientaleprovinsie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6735","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6735"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6735\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6735"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6735"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6735"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}