{"id":6711,"date":"2009-11-23T05:21:37","date_gmt":"2009-11-23T05:21:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6711"},"modified":"2009-11-23T05:21:37","modified_gmt":"2009-11-23T05:21:37","slug":"ons-blaps-so-lekker-want-ons-gaps-so-lekker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6711","title":{"rendered":"Ons blaps so lekker want ons gaps so lekker"},"content":{"rendered":"<p>Die huidige regering het nie korrupsie uitgevind nie. Nog nooit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net vervolmaak.\u00a0Die minister in die presidensie verantwoordelik vir prestasiemonitering en evaluering, Collins Chabane, gebruik deesdae sy amptelike kredietkaart vir persoonlike uitgawes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, dis nie Herrie wat so s\u00ea nie, dis die regering wat self so s\u00ea. Nou nie in soveel woorde nie, maar dit word darem nou erken dat dinge nou heeltemal hande uit geruk het, want hulle wil nie meer daaroor praat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neem nou maar die parlement\u00eare vliegtuigkaartjies. Dis \u2018n ou ding, en Herrie ken ook een wat destyds gevang is persoonlik. Hy is later tronk toe, maar oor iets anders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, en helikopterritte elke Vrydag na \u2018n sekere missieltoetsterrein naby Waenhuiskrans (waar die minister heel toevallig \u2018n strandhuis gehad het), en Maandae weer terug parlement toe met die helikopter. Nee, dit was ook nie Herrie wat so briljant was om dit uit te pluis nie, maar die inwoners in die stranddorpe waaroor die heli gevlieg het, soos Hermanus, Onrus, Kleinmond, Gordonsbaai&#8230;\u201dDaar gaan die minister weer vir sy naweeklikse inspeksie&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou wie kan dan nou die eerste klip gooi as \u2018n huidige minister oor die Kerstyd in \u2018n Durbanse strandfront-hotel tuisgaan, en \u2018n paar besoeke aan plaaslike polisiestasies bring? Al kon \u2018n mens nou met daai hotelrekening die hele missieltoetsterrein koop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, en \u2018n minister se eersteministerplanne wat in die slag bly toe dit kort voor die werping van die lot aan die lig kom hoe heldersiende di\u00e9 minister was om te weet presies waar damme gebou, en besproeiingsplase uitgel\u00ea gaan word. Koop dan dro\u00eb land, en verkoop besproeiingsgronde. Snaaks, mens sou dink so \u2018n heldersiende minister sou \u2018n gawe eerste minister kon wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Herrie op skool was, was hy self taamlik heldersiende, soos om soos klokslag te weet wanneer die administrateur siek is, en een van die LUK\u2019s as administrateur waarneem. Want dan het sy telgies met daai lang, slap kar, OVS 1, skool toe gekom, chauffeur en al.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ai, en daai bekaf uitdrukkings toe \u2018n paar LUK\u2019s, senior amptenare, \u2018n horde vroue en \u2018n hele klomp vriende,familie en etlike belangstellendes in Bloemfontein van die \u00earrie afklim, en die SAUK (ja, toe was dit nog die SAUK) se TV-kameras wag hulle in. Di\u00e9 lywige afvaardiging sonder \u2018n enkele kundige het oorsee gaan besluit watter skandeerder die provinsie moet aankoop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik was die proffie toe al hoeka oorsee gewees om die skandeerder te gaan kies \u2013 die afvaardiging kon slegs die kleur gaan uitsoek. Fred Schnetler, destydse skrywer van Volksblad se Stop van Myne en deesdae saliger, het toe \u2018n ellelange stuk geskryf oor hoe dit gebeur het dat die verbypad om Senekal 15 jaar geneem het om goedgekeur te raak. Van die afvaardigings wat eers oorsee moes gaan om ondersoek in te stel na die kleur van koppies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardie verbypad, terloops, is nou nog amper 30 jaar later steeds nie gebou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou wie kan dan \u2018n vinger wys na \u2018n hedendaagse brandarm munisipaliteit se toerismebevorderingsekskurie van \u2018n half miljoen rand? Verspot goedkoop!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook voor die nuwe bedeling vertel \u2018n hoofdirekteur van die TPA van \u2018n sekere burgemeester wat \u2018n kontrak met \u2018n ontwikkelaar gesluit het. Die maatskappy sou hom naamlik \u2018n miljoen rand betaal, en sy seun in die VSA op universiteit hou. Boonop, een keer jaar, gaan die gesin op maatskappykoste vir boetman in die vreemde kuier. Natuurlik is die teenprestasie nie in die kontrak vervat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe lek die spulletjie uit, en die eintlike kontrak byt in die stof. Die maatskappy dog nog die ander kontrak is ook daarmee heen, toe laat weet die, toe gewese burgemeester, aik\u00f4na, daar is mos niks van \u2018n teensprestasie nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar soos Herrie s\u00ea, al het die nuwe regering nie korrupsie uitgevind nie, hulle het dit vervolmaak. Of dit nou \u201chandling fees\u201d vir kontrakte is, of dit \u201cgeskenkies is om die hart bly te maak, en of dit nou sommer doodgewoon tsj\u00f4tsj\u00f4 is, Herrie het dit als gesien..<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs \u2018n burgemeester wie se onder die tafel-aksies op \u2018n versteekte video-kamera vasgel\u00ea is. Pleit onskuldig, want, voer hy aan, wetgewing maak net voorsiening daarvoor dat iemand vir prostitusie en diamante in \u2018n lokval gevang kan word. Nie korrupsie nie. Hy is onskuldig bevind, maar Herrie weet nie of dit iets met sy verweer te make gehad het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, Herrie het al als gesien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of nee, daar was variasies wat Herrie nie geken het nie. Ai, soos die slag wat Herrie deel was van \u2018n vergadering met die onderwysbase en die een kollega \u2018n geldjie vir die onthaal kry. Die \u201conthaal\u201d het in inkopiesakkie in die hoek bly staan \u2013 doodgewone kruideniersware vir die huis met ongewone fondse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In geheel was Herrie se verslag aan die Ouditeur-generaal oor die hele projek 86 bladsye.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie se Sothonaam het van Lethola (die een wat sag praat weens \u2018n gewas wat die senuwee na die stembande seergemaak het) na Moferefere (die een wat onluste maak) verander. So erg, \u2018n hoofdirekteur uit die vorige bedeling het Herrie ingeroep en ges\u00ea Herrie skep vir die nuwe regering probleme. Herrie, of dan Moferefere, moet net bietjie diskresie aanleer, leer wegkyk nou en dan, en as Herrie hom ooit aanhaal sal hy dit \u201cvoor die Here ontken.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sjoe, so lekker gaan dit, \u2018n bekende advokaat se naam is glads \u201cGaps\u201d en \u2018n rubriekskrywer \u201cRoof.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En as iemand dalk self moeite het om in te sien wat verkeerd is met korrupsie \u2013 neem dan maar die W\u00eareldbank se woord daarvoor: Korrupsie is die diefstal van \u2018n land se toekoms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/kukly-i-aksessuary\/kukly-i-nabory\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u043a\u0443\u043a\u043b\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die huidige regering het nie korrupsie uitgevind nie. Nog nooit nie. Net vervolmaak.\u00a0Die minister in die presidensie verantwoordelik vir prestasiemonitering en evaluering, Collins Chabane, gebruik deesdae sy amptelike kredietkaart vir persoonlike uitgawes. Nee, dis nie Herrie wat so s\u00ea nie, dis die regering wat self so s\u00ea. Nou nie in soveel woorde nie, maar dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[7669],"class_list":["post-6711","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-die-huidige-regering-het-nie-korrupsie-uitgevind-nie-nog-nooit-nie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6711","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6711"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6711\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6711"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6711"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6711"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}