{"id":6708,"date":"2009-11-23T04:44:46","date_gmt":"2009-11-23T04:44:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6708"},"modified":"2009-11-23T04:44:46","modified_gmt":"2009-11-23T04:44:46","slug":"die-christen-demokratiese-boodskap-uit-europa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6708","title":{"rendered":"Die Christen-demokratiese boodskap uit Europa"},"content":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse media het, moontlik voorspelbaar, die verkiesing van Herman van Rompuy as eerste vaste voorsitter, of te wel, president, van die Europese Raad grootliks verswyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter iets wat nie \u2018n nietige verwikkeling is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ironies, enkele jare gelede het Suid-Afrikaanse sendelinge in Belgi\u00eb gaan sendingwerk doen, synde geoordeel is dat Belgi\u00eb saam met verskeie ander Wes-Europese lande tot die post-Christelike era behoort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ironies,want Herman van Rompuy is nie net \u2018n Christen-Demokraat nie, sy party, die Christen-Demokrate en Vlaandere (CD &amp; V), is die dominante party van die Vlaamse en Belgiese koalisieregerings. Ook in lande soos Nederland en Duitsland oorheers die Christen-demokrate die koalisieregerings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Rompuy se mees onlangse hoofteenstander vir die presidentskap was Jan-Peter Balkenende, die Nederlandse Premier en leier van die CD &amp; V se susterparty, die Christen-Demokratiese App\u00e8l.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het die hoof-aanspraakmakers geword \u2013 Balkenende te\u00ebsinnig \u2013 nadat dit duidelik geword het die Christen-Demokrate van Wes-Europa gaan iemand uit hul eie geledere in die amp instem, en \u2018n vroe\u00eb gunsteling, Tony Blair van Brittanje, se aansprake so in die stof gebyt het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom: Hoe gebeur dit dat Christen-demokrasie in Europa so sterk is, maar in Suid-Afrika in \u2018n ooreenstemmende gedaante ontbreek?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit wat wel hier bestaan, is nietig klein, soos die ACDP en die Christen-Demokratiese Alliansie wat op sy beurt uit vier partye bestaan. Hierdie partye staan in ideologie en styl veel nader aan \u2018n tweede, kleiner, beweging in Europa, die Europese Christen-Partyebeweging wat onder sy Engelse afkorting, ECPM, bekend staan. Die grootste van sy deelnemende partye is die Nederlandse ChristenUnie, wat uit die ou Gereformeerd Verbond gebore is. Die Christen-Unie vorm saam met die CDA en die PvdA die regerende koalisie, en is die kleinste, maar groeiende party in die koalisie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom daar \u2018n vakuum in Suid-Afrika bestaan, al het invloedryke mense soos FW de Klerk hulle al vir die vorming van so \u2018n party uitgespreek het, is kompleks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten eerste maak Suid-Afrika vanuit sy laaste koloniale afdruk wat partypolitieke rangskikking betref, deel uit van die Engelse w\u00eareld, en na 1994, ook versnit met iets uit die ou Oosblok. In Brittanje ontbreek \u2018n werklike sigbare Christen-demokratiese \u201cvennoot,\u201d en so ook in sy eertydse kolonies soos Australi\u00eb, Nieu-Seeland, Kanada en Suid-Afrika. In hierdie lande is die CDP\u2019s klein. In Kanada het \u2018n meningsopname enkele jare gelede aan die lig gebring dat baie kiesers onbewus was van die bestaan van die Christian Heritage Party. In Nieu-Seeland het die CFP besluit om te ontbind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die VSA, met sy de facto tweepartybedeling, word die Christen-demokratise belange deur lobbies soos die Christian Coalition of America bedryf. Hierdie 4 miljoen ingeskrewe en opbetaalde lobby het \u2018n volledige beleid en is bykans identies met di\u00e9 van die CDP\u2019s, soos sterk voorspraak vir gesinswaardes, \u2018n sterk pro-lewestandpunt (dus om gekant te wees teen aborsie op aanvraag), \u2018n handves van menseregte gerig op ontwikkeling en minderheidsregte eerder as \u2018n oorheersende fokus op individuele regte en die subsidiariteitsbeginsel, dit wil s\u00ea die plasing van gesag op die laagste moontlike vlak, met inbegrepe dat verskillende lewensfere soos skoolbeheerliggame die grootste moontlike outonomie sal h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse media verwys dikwels na die party van Angela Merkel as \u2018n konserwatiewe party, eerder as Christen-demokratiese party. Is dit korrek?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens \u2018n onlangse denkrigting in Europa is dit oudmodies om partye van links na regs, of van liberaal na konserwatief op \u2018n reguit lyn te beoordeel. Die gedagte is dat volwasse partye dele van hul beleid uit \u2018n linkse sfeer en ander dele uit \u2018n regse sfeer neem, en dat \u2018n party se posisie eerder as iewers in \u2018n ronde bal as op \u2018n reguit lyn uitgebeeld moet word. (Toegegee, die opkoms van werklike regse partye in Europa plaas hierdie nuwe denkrigting onder druk, en die versterkte Merkel-regering na die afgelope Duitse verkiesing is in Trouw aangekondig as: \u201cDuitsland slaan na regs af.\u201d Dood is die reguit lyn, maar lank lewe regs en links).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder het die klem die afgelope paar jaar sterk begin val op die verskerping van moraliteit in die politiek en sommer ook die media. Die w\u00eareld-ekonomiese krisis en die rol wat bloedsuiers gespeel het, het partye die geleentheid gegee om in hul beleidsvoorstelle vir ekonomiese herstel, sterk elemente van moraliteit in te bou, en dit het niks met \u201cregs\u201d of \u201clinks\u201d te make nie. Van Rompuy se party was juis een wat in sy heropboubloudruk breedvoerig hieroor uitgebrei het. In sommige kringe is na 2009 as die jaar vir geestelike higi\u00ebne verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat \u2018n duidelike Christen-demokrasie in die Nuwe W\u00eareldlande van die eertydse Britse Dominium eerder die Britse as die vastelandse Europa navolg, beteken uiteraard nie dat dit so moet wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net \u2018n blitsige tussenwerpsel oor die Amerikaanse model: Daar k\u00e1n \u2018n lobby die funksie verrig omdat partykoukus nie bestaan soos hier nie. Die DA probeer wel die ruimte laat deur \u2018n keusevryheid aan lede te gee oor tipiese Christen-politieke beginsels soos die doodstraf, gay huwelike en aborsie. Dit kan ooglopend net werk so lank \u2018n party beoog om \u2018n opposisieparty, en nie regerende party te wees nie. Hoe moeilik Christen-demokrasie en liberale demokrasie meng, blyk uit \u2018n mediaverklaring deur Diane Kohler-Barnard om voorstelle vir die wettiging van prostitusie namens die DA te steun, en \u2018n verklaring later dieselfde dag deur Athol Trollip, destyds Oos-Kaapse leier van die DA, waarin die voorstelle onomwonde verwerp word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is die huidige situasie waar die groot rolspelers in \u2018n oorvol humanistiese deel van die politieke poel saambondel, sterk histories be\u00efnvloed. Suid-Afrika was immers nie vry van variasies van wat breedweg as Christelike politiek beskou kan word nie. Die Nasionale Party het hom lank as Christelik-nasionale party beskryf, en op die ander kant van die politieke spektrum was die \u201cbevrydingsteolo\u00eb\u201d erg sigbaar en aktief. Beide het \u2018n impak gelaat op die aansien van Christelike politiek, en \u2018n ongunstige klimaat vir die posvat van Christen-demokrasie geskep. \u2018n Verdere variasie, die Christelik-volkseie, plaas selfverduidelikende beperkings op sy groeipotensiaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terminologie is boonop opportunisties wanaangewend. Met die samesmelting van die DP en die NP is gewag gemaak van hoe identies hul beleid is. Toe die huwelik op \u2018n egskeiding uitloop, is gemotiveer dat die DP\/ DA sy wortels in die liberale demokrasie vind, en die NP in die Christelik-nasionale. Marthinus van Schalkwyk is selfs aangehaal as sou die NP \/ NNP Christelik-demokraties wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog was dit toe weer \u201cidenties\u201d genoeg om by die sosiaal-demokratiese ANC in te skakel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontstaan en ontplooiing van Cope demonstreer waarskynlik die dilemma van Christen-demokrasie hier te lande ten beste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In wese moes Cope kies tussen waar \u2018n vakuum in beleid bestaan, naamlik die Christen-demokratiese, of waar die kiesers was (binne die ANC). Bedoeld of onbedoeld, dit het in \u2018n &#8220;mini me&#8221; ANC ontwikkel, soos ook die UDM.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kiesers is wel binne die ANC, maar is een uit tien, of een uit dertig weens beleids- en ideologiese redes in die ANC?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die speelveld van die Christen-demokrasie bly dus effektief onaangeraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik kry die media dikwels die skuld hiervoor. Die vorige leier van die Kanadese CHP het graag aangehaal uit \u2018n Amerikaanse studie wat bevind het die gemiddelde Amerikaanse joernalis is links van die gemiddelde Amerikaner. Dan word ge\u00efmpliseer dieselfde geld in \u2018n grotere of mindere mate elders, en daarom word die Christen-demokrasie buite Wes-Europa deur die media grootliks verswyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2018n ander siening, naamlik dat die Suid-Afrikaanse bevolking, media inkluis, ideologies ver agter Europa is en nou eers in die era van die 70\u2019s van die vorige eeu verkeer, waar Europa tot op die randjie beweeg het tot waar ongebreidelde liberalisme lande kan voer \u2013 en \u2018n teenreaksie ontstaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Nederland is byvoorbeeld baie gemaak van Calvyn se 500ste herdenking, en het \u2018n studie aangetoon die gemiddelde jong Nederlander is meer Calvinisties as hul ouers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te veel klink dit of Suid-Afrika se negrofiliste en Cape Liberals  &#8211; geoordeel aan die histerie in hul geskrewe kommentare \u2013 bevange is oor \u2018n moontlike omkeer en hul idee dat vooruitgang \u2018n reguit liberale lyn behels onderweg na \u2018n nog liberaler omgewing. In hierdie histerie word selfs voormalige Dakargangers as \u201cneo-konserwatiewes\u201d uitgeskel, terwyl hulle self steeds erg konserwatief klou aan die reguit lyn opvatting. \u2018n Tipese \u201csonde\u201d van \u2018n \u201cneo-konserwatief sou wees om dit te durf waag om hom oor \u2018n mate van die behoud van Afrikaans by Maties uit te druk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kritiek op die kerk hier bly ook nie uit nie. Simplisties gestel, Sondae is Suid-Afrikaners lid van \u2018n kerk wat gekant is teen aborsie op aanvraag, dobbel en gay huwelike, maar in die week behoort hulle aan partye wat dit juis weer voorstaan \u2013 en die kerke swyg oor hierdie teenstellings as sou dit in die haak wees om die Here Sondae na die kerkdienste in die kerk toe te sluit, en eers weer volgende Sondag oop te sluit. Kerke se wegskram hiervan wentel om argumente soos soewereiniteit in eie kring, maar hel (geen woordspeling bedoel) dan oor dan die negering van universaliteit in eie kring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kerk \u201cverskoon\u201d of regverdig sy optrede deur akademies te kyk na die kerk wat as \u201cgefokus op Jesus\u201d eerder as \u201cgefokus op die kerk as instelling\u201d moet funksioneer. Ja, maar dan leen verskeie kerke hulle tot politieke uitbuiting soos die voorkeur-preekgeleenthede wat pres. Jacob Zuma kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die Christen-demokraat is Jesus geen party se instrument nie \u2013 ook nie die instrument van die Christen-demokratiese partye nie, maar is Christene die instrument van God \u2013 in die kerk, in die party, in die staat, in die huwelik, in die gesin, in die skoolbeheerliggaam&#8230; Dan kan hulle maar baie soewerein in eie kring wees, want hulle word immers deur dieselfde mense met (Christelike) waardes bestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog \u2013 die klein bestaande Christen-demokratiese rolspelers kan gerus ook die hand in eie boesem steek. Onder die kritiek hier te lande is dat van di\u00e9 partye hulle sterk in uitdrukkings en dampkring van die fundamentalistiese charisma bevind. Iemand sal sommer gou verstaan laat word hy is nie \u2018n Christen nie en dus nie welkom nie omdat hy nie glo die aarde is net 6 000 jaar oud nie. So word lidmate van die groot susterkerke in effek uitgesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veral een party het \u2018n erg verskanste diktatoriale leierskap ontwikkel wat dit onmoontlik maak vir meer gematigdes om toe te tree, en die party van die ekstreme weg te voer. Lank voor gebalanseerde Christene hulself kan posisioneer is hulle as \u201cvrot kolle\u201d ge\u00efdentifiseer en uitgewerk.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/fotostaatsentrum.posterous.com\/road-map-to-christian-democracy-0\">Lees<\/a> verder hieroor.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/260\">price instagram ads<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse media het, moontlik voorspelbaar, die verkiesing van Herman van Rompuy as eerste vaste voorsitter, of te wel, president, van die Europese Raad grootliks verswyg. Dit is egter iets wat nie \u2018n nietige verwikkeling is nie. Ironies, enkele jare gelede het Suid-Afrikaanse sendelinge in Belgi\u00eb gaan sendingwerk doen, synde geoordeel is dat Belgi\u00eb saam &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6708\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Christen-demokratiese boodskap uit Europa&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-6708","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6708","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6708"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6708\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6708"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6708"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6708"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}