{"id":6695,"date":"2009-11-22T08:40:16","date_gmt":"2009-11-22T08:40:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6695"},"modified":"2009-11-22T08:40:16","modified_gmt":"2009-11-22T08:40:16","slug":"meer-as-n-oorwinning-vir-die-springbokke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6695","title":{"rendered":"Meer as \u2018n oorwinning vir die Springbokke"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Net na gister se toets kry ek \u2018n teksboodskap van \u2018n vriend: &#8220;Hierdie Smit-outjie het \u2018n toekoms op haker. Waar was hy die hele tyd?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wel, hy was oop en bloot versteek, as vasskopstut net regs van die een Springbokhaker na die ander. Smit se veldtog op stut is \u2018n Pieter de Villiers-eksperiment wat gou vergeet maar lank onthou sal word. My ou wetenskaponderwyser het ges\u00ea \u2018n eksperiment misluk nooit nie. Dit verskaf die feite wat die wetenskaplike op die uitkyk voor is. Maar die wyse navorser besluit binne \u2018n redelike tyd of die eksperiment vir hom genoeg data gegee het om die eksperimentele oor te dra na die praktiese. Hoe lank hierdie &#8220;redelike tyd&#8221; is, word bepaal deur die aard en die doel van die betrokke eksperiment. De Villiers se eksperiment met Smit het \u2018n volle agtien maande geduur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In daardie tyd het die Springbokskrumkreet verander van iets soos &#8220;moor hulle!&#8221; tot &#8220;o gaats!&#8221; Hulle voorpak is in die bind-en-stootfaset deur sulke liggewigeenhede soos Australi\u00eb en Skotland op \u2018n knop gedruk. Gister was dit weer sulke tyd, met \u2018n voorry bestaande uit die nat-agter-die-ore Wian du Preez, Adriaan Strauss op haker en d\u00e1\u00e1rdie Smit-outjie op vaskopstut, wat \u2018n nuwe trurat ontdek het teen \u2018n Italiaanse voorlinie wat die monster Martin Castrogiovanni ingesluit het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die laaste kwart van die wedstryd is die Springbok-voorry hersaamgestel met die Ondier, Mtawarira, op loskop, die bonkige buksie BJ Botha terug uit die rugbykoue op vaskop en die rooikopoutjie, John Smit, op haker. Die verskil was so verstommend dat \u2018n mens suspisieus rondgekyk het vir iets wat soos kriptoniet lyk. Castrogiovanni, wat verlede week nog \u2018n paar All Black-kopvelle teen sy totempaal vasgespyker het, se gesig was soos di\u00e9 van \u2018n booswig in \u2018n komiese opera wanneer sy vrou hom by die diensmeisie vang. En as hy nog nie mooi verstaan het wat so pas gebeur het nie, was Heinrich Br\u00fcssouw daar in die bouvalle van die Italiaanse skrum om hom te verduidelik. En wat gebeur het is dat die Springbokskrum deur die Italianers geplons het soos \u2018n tiener deur \u2018n kleuterswembad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mens moet aanvaar dat John Smit in 82 toetse iets en die ander van skrumwerk geleer het, en dit was duidelik sigbaar in daardie een skrum. Ons hoop een van daai dinge is dat hy geen vaskopstut is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 skrumvertoning het \u2018n hele nuwe toga oor die Springbokke se voorspelbare en saaklike oorwinning van 32-10 gehang. Bryan Habana het sy gebruiklike drie gedruk na die gebruik nadat Ryan Kankowski uiteindelik deur \u2018n gaping gegalop en vir Bryan Habana met \u2018n binneaangee gevind het vir di\u00e9 om sy gebruiklike drie te gaan druk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank daarna nie was dit die Springbokke wat met \u2018n toeswaaihekbeweging wyd geslaan het, \u2018n maneuver wat \u2018n seepgladde, dodelik akkurate aangee van Heinrich Br\u00fcssouw ingesluit het. Habana het die verdedigers kantlyn toe getrek en hy het die bal binnetoe gewip vir Jaque Fourie om te vang en onder die pale te gaan druk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Itali\u00eb het self gewys hulle kan \u2018n swakplek raakslaan en senter Gonzalo Garcia het vir Adrian Jacobs op \u2018n knop gejaag en homself toe deur die gevolglike gaping gestuur vir \u2018n drie wat mooi op die oog was. Die halftydtelling was 12-7.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die patroon was in die tweede helfte voortgesit met Itali\u00eb wat gemaak en breek \u2013 maar hoofsaaklik breek \u2013 het in die skrums terwyl die Springbokke \u2018n amperse monopolie op lynstaanbesit gehad het. Die Bokke het nog twee mooi drie\u00eb gedruk, eers toe Danie Rossouw op die buitekant veldafgerammel het en met hekelfynhande \u2018n aangee agter sy rug vir Habana gegee het. Di\u00e9 het binnekant toe gesypel en vir Fourie du Preez gevind wat skuins oor die veld gesuiker het vir die doellyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die laaste Bok-drie was Du Preez se werk toe hy \u2018n bal uit die lynstaan ontvang en gebreek het. Die begunstigde van sy bresslaanwerk was Wynand Olivier wat sy eerste toetsdrie ooit gaan druk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot dusver was die Springboktoer \u2018n amperse G\u00f6tterd\u00e4mmerung, maar met hierdie oorwinning het daar tog \u2018n skynseltjie hoop opgegaan, al is dit net met die kennis dat die einde van \u2018n geklike eksperiment \u2018n ou Springbokbate, die skrum, in glorie kan herstel. Ons kan net hoop dat ander ewe rampspoedige Pieter de Villiers-proewe tot \u2018n einde sal kom, die vernaamste daarvan om van Adrian Jacobs, \u2018n liggewigbuitesenter, as liggewigbinnesenter in te span, en om vir Ryan Kankowski wat \u2018n legendariese impakspeler kan wees, as beginarbeider te kies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En miskien is dit ook hoogtyd dat die mees desperate eksperiment in Suid-Afrikaanse rugby, Pieter de Villiers as afrigter, ook einde kry.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\">mositaldent<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net na gister se toets kry ek \u2018n teksboodskap van \u2018n vriend: &#8220;Hierdie Smit-outjie het \u2018n toekoms op haker. Waar was hy die hele tyd?&#8221; Wel, hy was oop en bloot versteek, as vasskopstut net regs van die een Springbokhaker na die ander. Smit se veldtog op stut is \u2018n Pieter de Villiers-eksperiment wat gou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6695\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Meer as \u2018n oorwinning vir die Springbokke&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[7546,6158,7647,21114,21101,2242],"class_list":["post-6695","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-italie","tag-john-smit","tag-meer-as-n-oorwinning-vir-die-springbokke","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6695","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6695"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6695\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}