{"id":6676,"date":"2009-11-20T05:00:26","date_gmt":"2009-11-20T05:00:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6676"},"modified":"2009-11-20T05:00:26","modified_gmt":"2009-11-20T05:00:26","slug":"vsa-waarsku-dat-lospryse-seerowers-aanmoedig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6676","title":{"rendered":"VSA waarsku dat lospryse seerowers aanmoedig"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Amerika het by &#8216;n vergadering van die VN vir &#8216;n groter poging gevra om seerowery te beveg en teen die betaling van loskoopgeld gewaarsku.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rosemary DiCarlo, die adjunk-ambassadeur van Amerika het haar bekommernis uitgespreek oor die feit dat die betaling van loskoopgeld \u2018n toename in aanvalle op skepe veroorsaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerika moedig alle lande aan om \u2018n beleid van \u201cgeen toegewings&#8221; te handhaaf as dit by onderhandelinge met seerowers kom, het DiCarlo ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DiCarlo het gepraat tydens &#8216;n vergadering waar \u2018n nuwe verslag oor die stryd teen seerowery, deur Ban Ki-moon, die VN se sekretaris-generaal, bespreek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Ban se verslag dwing versterkte pogings om seerowery aan die kus van Somali\u00eb te beveg, die seerowers nou meer na die Indiese Oseaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ahmedou Ould Abdallah, \u2018n afgevaardigde van Somali\u00eb het by die vergadering ges\u00ea dat die betaal van \u2018n loskoopprys, soos wat Spanje vroe\u00ebr vandeesweek gedoen het, die seerowers net van meer  hulpmiddels voorsien om met hul onwettige aktiwiteite voort te gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het die kaptein van \u2018n Virgin-Islands chemiese treiler, vroe\u00ebr hierdie week aan sy skietwonde beswyk wat hy gedurende \u2018n kaping opgedoen het, het \u2018n Somaliese seerower Woensdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie kaptein van die chemiese treiler het gisteraand gesterf weens die skietwonde wat hy gedurende die kaping opgedoen het. Die boot is met die dooie kaptein oppad na Haradheere,\u201d het seerower Mohamed ges\u00ea.\u00a0<\/p>\n<p>Seerowers van Somali\u00eb het beslag gel\u00ea op di\u00e9 chemiese tenkskip naby Seychelle, die mees onlangse aanval in die area tussen Tanzani\u00eb en die Maledive, het \u2018n bron Dinsdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die skip is Maandag noordwes van Aldabra aangeval. Dit is \u2018n eiland wat deel uitmaak van die Seychelle eilandsee, maar l\u00ea sowat 700 myl van die hoofeiland Mah\u00e9 en is dus nader aan Tanzani\u00eb en Madagaskar.<\/p>\n<p><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amerika het by &#8216;n vergadering van die VN vir &#8216;n groter poging gevra om seerowery te beveg en teen die betaling van loskoopgeld gewaarsku. Rosemary DiCarlo, die adjunk-ambassadeur van Amerika het haar bekommernis uitgespreek oor die feit dat die betaling van loskoopgeld \u2018n toename in aanvalle op skepe veroorsaak het. Amerika moedig alle lande aan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6676\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA waarsku dat lospryse seerowers aanmoedig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[7612],"class_list":["post-6676","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-seerowers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6676","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6676"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6676\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6676"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6676"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6676"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}