{"id":6660,"date":"2009-11-19T07:00:32","date_gmt":"2009-11-19T07:00:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6660"},"modified":"2009-11-19T07:00:32","modified_gmt":"2009-11-19T07:00:32","slug":"waarom-minag-sa-se-maatskappye-hul-belangrikste-teikenmarkte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6660","title":{"rendered":"Waarom minag SA se maatskappye hul belangrikste teikenmarkte?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/steatopygia-hottentot2.jpg\" border=\"0\" title=\"Sou MTN met haar die spot dryf?\" width=\"214\" height=\"371\" \/>Ek sien onlangs op Kyknet \u2018n advertensie vir MTN se uiters irriterende \u201cAyoba\u201d-veldtog. \u2018n Oorgewig blanke man staan langs \u2018n swembad, met drillerige boude, geklee in \u2018n deurtrekkertjie. Hy staan \u2018n oliebol en eet. Sover ek weet, is kykNET veronderstel om \u2018n Afrikaanse TV-kanaal te wees, maar die advertensie se Engelse kommentator lig ons in dat hierdie blanke man glad nie \u201cayoba\u201d is nie. MTN kan dus nie eens die moeite doen om blankes in Afrikaans op kykNET te beledig nie. In die daaropvolgende toneel is daar slanke swartes wat jil, gil, dans en sing iewers in \u2018n lokasie. H\u00falle, lui die Engelse stem, is sommer baie \u201cayoba.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boodskap: in die Nuwe!, Verbeterde! Suid-Afrika, is dit veel, veel \u201ccooler\u201d om swart te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n vorige veldtog van MTN se mededinger, Vodacom, was daar \u2018n reeks advertensies wat handel oor \u2018n middeljarige blanke man by name George. George is onderbedeeld waar dit by verstandelike kapasiteit en kennis van die tegnologie kom. Hy verstaan onder andere nie wat Bluetooth sou wees nie. \u2018n Jonger swart man moet George telkens korrigeer en die regte tegnologiese pad vir hom uitstip.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boodskap: swartes se intelligensie en veral tegnologiese \u201chip\u201d-geit oortref veral blanke, middeljarige mans s\u2019n met \u2018n faktor van drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is verbysterend dat Suid-Afrikaanse maatskappye sulke minagting vir waarskynlik di\u00e9 belangrikste deel van hul teikenmark het. Ek is oortuig daar gaan diegene wees wat meen mens moet sulke advertensies maar met \u2018n tikkie humor opneem. Al is sulke advertensies egter veronderstel om humoristies te wees, is ek bereid om groot geld te verwed dat Vodacom en MTN dit nie sal waag om sulke grappe ten koste van swartes te maak nie. Sulke advertensies se stereotipiese humor is bykans altyd ten koste van slegs een groep, en ons almal weet wie die teikens is. Wees gerus humoristies, MTN en Vodacom, maar is julle humoristies genoeg om ook andere, en nie slegs sagte teikens soos blankes nie, aan te vat? Stellig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is byvoorbeeld ondenkbaar dat George \u2018n middeljarige swarte sou wees met \u2018n onlangse blanke gegradueerde in die rekenaarwetenskap wat hom telkens op komiese wyse sal korrigeer en van sy onkunde red. Dit sal ook beslis nie \u2018n oorgewig swart vrou wees wat langs die swembad staan en \u2018n vetterige hoender met haar vingers verslind nie, terwyl slanke en aantreklike blanke vrouens as veel meer \u201cayoba\u201d voorgehou word, d\u00e1\u00e1rvan kan mens seker wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek vra weer: Waarom hou MTN en Vodacom so min van \u2018n belangrike deel van hul kli\u00ebntebasis? MTN is juis besig met personeelverminderings omdat sy inkomste besig is om te krimp. Moontlik sal dit help as hy sy minagting vir sy teikenmark sou heroorweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nie slegs Engelsgedomineerde maatskappye soos MTN wat veral blanke mans minag nie. KykNET, \u2018n televisiekanaal in die Naspersstal wat per definisie op Afrikaners gemik is, maak op vreemde wyse geen geheim daarvan dat hy eintlik aspireer na \u2018n kykerskorps wat meestal bruin is nie. KykNET hou klaarblyklik ook nie veel van sy eie teikenmark, Afrikaners soos ek, nie. Hy beledig my en elke ander kyker derhalwe met volslae gemors soos die swaksinnige \u201ckomedie\u201d Ali Barber of met Emo Adams se monumenteel on-snaakse program \u201cJou show\u201d, wat in \u2018n soort kreoolse Engfrikaans aangebied word, ongetwyfeld tot Hein Willemse se groot genot. (Let op hoe die naam alreeds die Engelse woord \u201cshow\u201d bevat.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">KykNET het boonop die vermetelheid om advertensies wat ek as blanke, middeljarige man beledigend vind, soos die MTN-advertensie hier heel bo genoem, in Engels te beeldsend. Die meerderheid intekenare van DSTV is stellig Afrikaners soos ek, maar klaarblyklik stem dit die eienaars van DSTV tot ongemak, en sou hulle w\u00e1t wou gee dat ek eerder bruin moes wees, en verkieslik iemand wat Engels of dan hoogstens \u2018n pidgin-Afrikaans moet praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde geld waarskynlik vir beide MTN en Vodacom. Alhoewel hulle miljoene intekenare het, is die meeste van hierdie intekenare van die voorafbetaalde verskeidenheid, wat dan en wan R29 se lugtyd koop. Hierdie is tydelike, laewaardeklandisie. Laasgenoemde het duidelik geword toe beide MTN en Vodacom miljoene intekenare verloor het agv die RICA-wetgewing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek verstout my weer eens om te raai dat die meerderheid van MTN en Vodacom se ho\u00ebwaardeklandisie juis ouens soos George en ek is \u2013 blankes wat maandelikse kontrakte het en pligsgetrou betaal. Weer eens: waarom vind beide maatskappye dit dan nodig om hul mees waardevolle kli\u00ebnte so in die openbaar te minag?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees ook Anton Barnard se woernaal, <a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\/\">SAmizdat<\/a>.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/nasosnoe-oborudovanie-f3831868\/\">\u0432\u0438\u0434\u044b \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=45664#.WeUPwit1uVo\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek sien onlangs op Kyknet \u2018n advertensie vir MTN se uiters irriterende \u201cAyoba\u201d-veldtog. \u2018n Oorgewig blanke man staan langs \u2018n swembad, met drillerige boude, geklee in \u2018n deurtrekkertjie. Hy staan \u2018n oliebol en eet. Sover ek weet, is kykNET veronderstel om \u2018n Afrikaanse TV-kanaal te wees, maar die advertensie se Engelse kommentator lig ons in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6660\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Waarom minag SA se maatskappye hul belangrikste teikenmarkte?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6659,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-6660","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6660","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6660"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6660\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6659"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6660"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6660"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6660"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}