{"id":6644,"date":"2009-11-18T05:43:00","date_gmt":"2009-11-18T05:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6644"},"modified":"2009-11-18T05:43:00","modified_gmt":"2009-11-18T05:43:00","slug":"springfloppe-vreet-van-wembley-se-vloer-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6644","title":{"rendered":"Springfloppe vreet van Wembley se vloer af"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Gisteraand se toerwedstryd van die Springbokke teen die Engelse klubspan, Saracens, in die gewyde Wembley-stadion was \u2018n taai, harde besigheid. Dit was taai vir die toeskouers om te moes dophou en hard om te sluk. Di\u00e9 keer was daar nie net vyftien Suid-Afrikaners wat op \u2018n slag aanjaag op die voetbalveld nie, maar amper \u2018n dosyn meer, met Saracens, onder breierskap van oud-Bok Brendan Venter, wat tien Suid-Afrikaanse huursoldate op hulle sterkte het. En weereens is \u2018n wedstryd teen die Springbokke nie deur ge\u00efnspireerde keuses van spelers nie maar van skeidsregter gewen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saracens is tans die topspan in die plaaslike Britse kompetisie, maar eerlikwaar, dis nie \u2018n span wat in die Super 14-kompetisie, of die Curriebeker, sal oorleef nie. Tog het hulle die Springbokke se skrum, nou al roetinegewys, gerangeer soos hulle wou. Boonop, met skeidsregter James Jones se se\u00ebn daarop, het hulle die losbalstryd gemaklik gewen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ewe voorspelbaar het die Springbokke \u2018n ryk oes lynstaanballe op hulle eie ingooi \u00e9n Saracens s\u2019n gewin. D\u00edt het hulle in staat gestel om vir lang dispensasies in die wedstryd \u2018n uitgebreide rits aanvalle binne die Engelse se kwartgebied te loods. Met Suid-Afrika se beste binnesenter, Wynand Olivier, wat kant gebring het, het hulle selfs dreigend gelyk. Uit dit alles het hulle wel twee drie\u00eb, een deur Juan de Jongh en Jongi Nokwe vervaardig. Dit het ruim bygedra tot hulle rustydtotaal van 18 punte. Saracens het self maar net ses punte gehad, uitgepons deur die stewel van Loftus se verloopte liefling, Derick Hougaard.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n TV-onderskrif wat lees \u201cMoet dit nie by die huis probeer nie,\u201d wat op die kyker se skerm vanpas sou wees, het die Springbokke in die tweede helfte gedemonstreer hoe om \u2018n wedstryd weg te gooi. Eers het plaasvervanger skrumskakel Francois Hougaard probeer om \u2018n bal dwarsdeur \u2018n aanstormende Ernst Joubert te skop, maar die oud-Leeukaptein se gestel het dit oorleef en hy het die afgeskopte bal toegeval vir \u2018n drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skeidsregter, wat maar net sowel in \u2018n Saracens-trui op die veld kon verskyn het, het sy span op die voorvoet gehou deur \u2018n vorentoe-aangee te sien waar daar nooit een was nie. Maar hy kan nie krediet kry vir die manier waarop die Saracens \u2018n snelweg deur die Bokskrum geploeg het nie. In die gevolglike chaos het nog \u2018n Suid-Afrikaanse uitgewekene, Bradley Barritt, die bal gekry en die Springbokverdediging het om hom gevou soos \u2018n tafeldoek om \u2018n boerbok en hy het Saracens se tweede drie gedruk. Hougaard het die twee kersies op die koek geplaas en die telling was gelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Vernuftige Nokwe-drie, gekonstrueer deur Earl Rose van alle mense, het die Springbokke weer vyf punte voorgestoot maar \u2018n Hougaard-stelskop en \u2018n skepskop het die Saracens se neus met een punt voor gekry en 24-23 was die eindtelling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n aand van efferige voetbal, het die twee losskakels tog uitgestaan vanwe\u00eb die keldervlakke wat hulle spel gepeil het. Ons weet nou al almal dat Ruan Pienaar \u2018n begaafde voetballer is \u2013 kan sy afrigters nou maar afsien van die idee dat hy \u2018n losskakel is? O, hy skop dodelik pale toe \u2013 as dit reg voor die stokke is. Andersins is die bal en die ruimte tussen die pale blykbaar magnete wat mekaar afstoot. Hy het ten minste tien punte op die veld agtergelaat.<\/p>\n<p>Teenoor hom lyk dit asof Derick Hougaard se topvorm so ver van hom is as wat Wembley van Loftus is. Hy het \u2018n Charlie Chaplineske vertoning gelewer, met strafskoppe wat nie uitgaan nie, met aange\u00eb wat die bal laat lyk het of dit met vo\u00ebllym oorgetrek is, ten minste een stelskop wat skaars die kwartlyn gehaal het en drie skepskoppe wat heel allergies vir die pale was.<\/p>\n<p>Nul uit drie, vir hierdie Springboktoer. Ons kan nie wag vir Saterdag wanneer hulle teen Itali\u00eb speel nie. Al is dit net hom te sien watter gedrog di\u00e9 keer Nkosi Sikelele sing.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product\/crystal-wedding-tiara-star\/\">crystal tiaras<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gisteraand se toerwedstryd van die Springbokke teen die Engelse klubspan, Saracens, in die gewyde Wembley-stadion was \u2018n taai, harde besigheid. Dit was taai vir die toeskouers om te moes dophou en hard om te sluk. Di\u00e9 keer was daar nie net vyftien Suid-Afrikaners wat op \u2018n slag aanjaag op die voetbalveld nie, maar amper \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6644\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Springfloppe vreet van Wembley se vloer af&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[7573],"class_list":["post-6644","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-springbokke-verloor-teen-saracens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6644","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6644"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6644\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6644"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6644"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6644"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}