{"id":6639,"date":"2009-11-17T17:33:13","date_gmt":"2009-11-17T17:33:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6639"},"modified":"2009-11-17T17:33:13","modified_gmt":"2009-11-17T17:33:13","slug":"frankryk-se-jammer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6639","title":{"rendered":"Frankryk s\u00ea jammer"},"content":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se president, Oregan Hoskins, het Frankryk se verskoning oor die volksliedfiasko in Toulouse aanvaar.<\/p>\n<p>\u201cEk aanvaar dat daar geen opsetlike bedoelings deur die Franse Rugby-unie was om die landslied te saboteer nie. Die saak is nou afgesluit,\u201d het Hoskins ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk verstaan steeds nie hoe die kunstenaar in so \u2018n posisie geplaas kon word, om so \u2018n verskriklike weergawe van die volkslied te lewer nie. Dit is iets wat nooit in hierdie land toegelaat sal word nie.\u201d<\/p>\n<p>Pierre Camou, president van die Franse Rugby-unie het Saru om verskoning gevra, en \u00a0ook sy afkeer van die vertoning te kenne gegee.<\/p>\n<p>Hy het egter benadruk dat die keuse deur die Suid-Afrikaanse ambassade gemaak is en dat die Franse rugby-unie slegs op hulle aanbeveling gereageer het.<\/p>\n<p>Die ambassade het op hulle beurt die skuld op die Franse gepak en bygevoeg dat hulle tydens die wedstryd gekla het oor die vlag wat onderstebo was en dat die Franse niks daaran wou doen nie omdat die vlag reeds gehys was en die wedstryd begin het.<\/p>\n<p>Alhoewel die Rastafari\u00ebr voor die wedstryd \u2018n repetisie gedoen het, s\u00ea Camou die swak vertoning was vir hom &#8216;n verrassing.<\/p>\n<p>Camou het ook ges\u00ea hy begryp nie waarom die insident in &#8216;n diplomatieke herrie ontaard het nie. Frankryk se simbole word dikwels nie heeltemal reg weergegee nie, en niemand kla daaroor nie, het hy ges\u00ea. &#8220;Ek sou verkies het dat ons op rugby konsentreer.&#8221;<\/p>\n<p>Die bestuurder van Frankryk se vyftiental, Jo Maso, s\u00ea die prosedure is om die betrokke ambassade te kontak vir &#8216;n aanbeveling en hulle het in hierdie geval ook so gemaak.<\/p>\n<p>&#8220;Ons is nie kenners nie. Ons vat maar di\u00e9 een wat aanbeveel word. Punt, dis al.&#8221;<\/p>\n<p>Die ambassade het egter ontken dat hulle \u00a0so &#8216;n aanbeveling gemaak het en ges\u00ea hulle het net \u00a0die sanger se naam en besonderhede deurgegee.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\/blog\/poligrafa-mvd\">\u0432\u043e\u043f\u0440\u043e\u0441\u044b \u043d\u0430 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0433\u0440\u0430\u0444\u0435 \u043f\u0440\u0438 \u043f\u043e\u0441\u0442\u0443\u043f\u043b\u0435\u043d\u0438\u0438 \u0432 \u043c\u0432\u0434<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/visnazheniy-ta-pobitiy-u-harkovi-rozsliduyut-strashnu-zagibel-tririchnogo-hlopchika-20170927647641\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se president, Oregan Hoskins, het Frankryk se verskoning oor die volksliedfiasko in Toulouse aanvaar. \u201cEk aanvaar dat daar geen opsetlike bedoelings deur die Franse Rugby-unie was om die landslied te saboteer nie. Die saak is nou afgesluit,\u201d het Hoskins ges\u00ea. \u201cEk verstaan steeds nie hoe die kunstenaar in so \u2018n posisie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6639\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Frankryk s\u00ea jammer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[7569],"class_list":["post-6639","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-toulouse-rasta-saru"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6639","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6639"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6639\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6639"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6639"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6639"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}