{"id":6627,"date":"2009-11-17T07:05:13","date_gmt":"2009-11-17T07:05:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6627"},"modified":"2009-11-17T07:05:13","modified_gmt":"2009-11-17T07:05:13","slug":"kitsdoodstraf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6627","title":{"rendered":"Kitsdoodstraf"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal \u2018n skrikwekkende gedagte wees dat iemand wat net \u2018n basiese opleiding agter die rug het en geleer skiet het, die mag gegee word om te besluit oor lewe en dood. Maar is dit nie wat gebeur nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koerante is die afgelope paar dae volgeskryf oor die polisie wat deur politici en bevelhebbers aangepraat word om te skiet om dood te skiet. Vir \u2018n misdaadvoos publiek is dit moontlik welkome woorde \u2013 vir die eerste keer word daar hard gepraat teen misdaad en dit lyk ook of daar hard opgetree word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is waarskynlik maar min mense wat lang trane huil oor die 17 transito-rowers wat die laaste twee maande doodgeskiet is in drie verskillende voorvalle. Die meeste van hulle was geharde misdadigers wat self nie sou stuit om \u2018n lewe te neem nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na die ongelukkige voorval waarin \u2018n drie-jarige seuntjie per ongeluk doodgeskiet is en die uitlating van die onverantwoordelike adjunk-minister van polisie, Fikile Mbalula, dat onskuldige mense in die kruisvuur gaan sterf, was die polisie gou om daarop te wys dat geen lid van die publiek in die transito voorvalle gewond is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die 17 rowers was minstens 15 uit op borgtog en verhoorafwagtend en almal het \u2018n misdaadgeskiedenis gehad. \u2018n Paar was op die polisie se soeklys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nasionale woordvoerder van die polisie, senior superintendent Lindela Mashigo het ges\u00ea die polisie is trots op sy lede wat die booswigte platgeskiet het, want hulle bedreig ons vryheid en veiligheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verseker het almal wat hulleself agter ho\u00eb tralieheinings wegsluit, rede om saam te juig, want minstens is daar \u2018n paar minder geweldenaars op straat. Maar maak dit ons meer vry en veilig?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hele prentjie moet in o\u00ebnskou geneem word. Hierdie misdadigers wat geskiet is, moes nooit op straat gewees het nie. Waarom was hulle uit op borgtog? Hoe kan dit wees dat \u2018n groep van hulle vantevore in die hof onskuldig bevind is? Was dit \u2018n geval dat die sake nie goed voorberei was nie? Is dit die oorvol tronke wat maak dat geregtigheid nie se\u00ebvier nie? En die belangrike vraag: Hoeveel transitorooftogte moet \u2018n persoon pleeg voor \u2018n konstabel hom in die visier kry en besluit dat \u2018n kits doodsvonnis die beste oplossing is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik gun ons elke polisieman om homself te verdedig net soos ons dit aan elke lid van die publiek gun, maar om met die houding na \u2018n toneel te gaan dat jy maar mag skiet om dood te skiet, gaan nie die gebreke in die totale regstelsel toeverf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regters wat in howe die doodsvonnis uitspreek het jare lank studeer, moet baie ondervinding h\u00ea en kan rustig al die kante van die saak aanhoor voor hulle \u2018n beslissing gee en nog steeds het Radio Pretoria twyfel oor die vermo\u00eb van die regbank om in ons skeefgetrekte ideologiese bestel werklik die Bybelse opdrag uit te voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soveel te meer twyfel ons aan die onderskeidingsvermo\u00eb wat iemand wat maar enkele maande lank opgelei is. Ons het al dikwels berig oor byvoorbeeld metro-polisielede wat mense wat vir \u2018n vermeende verkeersoortreding afgetrek word, aanrand en rassisties beledig. Wie gaan die streep trek om te s\u00ea hulle mag nie ook sommer skiet nie?<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ukladka-parketa.com\">ukladka-parketa<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.obozrevatel.com\/crime\/90724-v-harkove-prokuratura-zavela-delo-o-krazhe-konfiskata-na-15-millionov.htm\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit sal \u2018n skrikwekkende gedagte wees dat iemand wat net \u2018n basiese opleiding agter die rug het en geleer skiet het, die mag gegee word om te besluit oor lewe en dood. Maar is dit nie wat gebeur nie? Die koerante is die afgelope paar dae volgeskryf oor die polisie wat deur politici en bevelhebbers &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6627\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kitsdoodstraf&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7547],"class_list":["post-6627","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-kitsdoodstraf"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6627","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6627"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6627\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6627"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6627"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6627"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}