{"id":6587,"date":"2009-11-15T07:46:46","date_gmt":"2009-11-15T07:46:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6587"},"modified":"2009-11-15T07:46:46","modified_gmt":"2009-11-15T07:46:46","slug":"is-daar-lewe-na-die-reenboog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6587","title":{"rendered":"Is daar lewe n\u00e1 die re\u00ebnboog?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/wingard_johann.jpg\" border=\"0\" width=\"110\" height=\"138\" \/>As kind is ek deur die helder kleure van die re\u00ebnboog getref.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reusere\u00ebnbo\u00eb het gereeld n\u00e1 \u2018n hewige donderstorm oor die Vrystaatse vlaktes gevorm en van horison tot horison gespan. Dan het die grootmense gepraat van \u2018n mitologiese pot goud aan die einde van die re\u00ebnboog. Dit het die romantiek daarvan verder verhoog en my geestesoog het \u2018n reusagtige goudkleurige kleipot, volgepak met goue muntstukke opgetower. Vir baie kinders het daardie beeld seker \u2018n hunkering na kennis en rykdom laat ontstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die natuur word die re\u00ebnboog gevorm deur klein ronde waterdruppels wat die lig van die agterste sykant deur die fyn druppeltjie se liggaam refrakteer in ROG G BIV, oftewel rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet, in daardie volgorde. \u2018n Re\u00ebnboog bevat nie swart of wit nie. Trouens, wanneer wit lig deur \u2018n prisma gedefrakteer word, is hierdie kleure presies wat mens sien. Die somtotaal van daardie kleure is dus wit lig. Is dit swart lig wat die duisternis veroorsaak?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar \u2018n re\u00ebnboog is van korte duur. Daar moet spesifieke fisiese toestande heers vir \u2018n re\u00ebnboog om te kan bestaan. \u2018n Effense windjie in die lug, \u2018n klein verandering van die sonstrale se invalshoek, en die re\u00ebnboog verdwyn. Dit is dan wanneer ek \u2018n vreemde leegheid in my ervaar het terwyl ek kaalvoet deur die waterplasse in die veld gestap het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met sy kenmerkende idealisme het biskop Desmond Tutu die nuwe Azaniese nasie tot die Re\u00ebnboognasie gedoop \u2013 \u2018n nasie wat in sonde ontvang en gebore is \u2013 \u2018n nasie met verraad en ontug as vader en terrorisme en bedrog as die moeder \u2013 \u2018n nasie wat die samevoeging van uiterstes verteenwoordig&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tutu se re\u00ebnboognasie bestaan uit verskeie beskawings en kwasiebeskawings. Van hartoorplanters tot woestynkinders, van Asiatiese afstammelinge tot Zoeloekrygers, van Arabiese handelaars tot veewagters, van wynmakers en landbouers tot kernfisici.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Almal het hul tradisies, kultuur en godsdiens behou, wil daaraan vaskleef, want dit is al wat enige sekerheid bied. Die re\u00ebnboognasie is \u2018n samevoeging van mense wat nie met ander wil vermeng nie, maar aan hul fundamentele lewensbestaan en lewensbeskouing getrou wil bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;nasie&#8221; is \u2018n politieke en administratiewe entiteit wat deur die politiek geskep is. Dit sluit al die mense in wat wettig binne die landsgrense woon. \u2018n Nasie is dus soos \u2018n reusagtige portret wat uit die duisend stukke van \u2018n legkaart saamgestel is. Elke stukkie is \u2018n enkeling, dog ook deel van sy omliggende deeltjies wat saam die roostuin of die seiljag vorm, met ander stukke wat die kranse uitmaak en ander weer die wolke. Om die geheelbeeld te vorm, moet elke stukkie aan sy eie kleur en vorm getrou bly om die legkaart te voltooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Westers geori\u00ebnteerde groep het die verantwoordelikheid op hulle geneem om tientalle sentrums van uitnemendheid op te rig en in stand te hou. Onwillekeurig dink mens aan Eskom, Denel, die AEK, die weermag en polisie, die spoorwe\u00eb, die SAL, die hospitale, universiteite, onderwyskolleges, munisipaliteite, landbounavorsing, WNNR om nie van die Landbank en die voormalige tuislandprojekte te praat nie. Maar daardie wit ligte, wat die kleur aan die re\u00ebnboognasieverskaf het, is een vir een afgeskakel en deur \u2018n swart lig vervang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die seiljag se stukke begin om jag te maak op die roostuin en toe die wolke met die kranse begin meeding, is die stukke van die legkaart uitmekaargedruk en die beeld vernietig. \u2018n Re\u00ebnboog kan nie in \u2018n windstorm voortbestaan nie, ook nie as die son ondergaan nie. Vir Afrikaners se sentrums van uitnemendheid is die ligte reeds afgeskakel. Die re\u00ebnboog het reeds onherroeplik verdwyn. Dit is wat transformasie eintlik beteken, naamlik om die Westerse lig af te skakel en met \u2018n swart lig te vervang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vordering van die kommunisme binne ANC-geledere het reeds kennis gegee dat \u2018n windstorm aan\u2019t kom is. Die woelinge binne en rondom Eskom sal die ligte eersdaags afskakel en ons letterlik en figuurlik in die duister laat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar soos die re\u00ebnboog in die nag verdwyn het, het ons hoop en geloof egter nie verdwyn nie. Ons weet dat die son weer sal skyn en dat die aarde weer sal bloei n\u00e1 vanmiddag se goeie re\u00ebnbui. Daar is tog lig n\u00e1 die re\u00ebnboog. Ons is net te veel, te sterk, te slim en te belangrik om te verdwyn. Gelukkig sien ons reeds tekens van sterk leierskap op die horison en sal Afrikaners en Boere se leiersraad eersdaags die leiding begin neem.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">suhb \u0434\u043b\u044f \u0434\u0456\u0432\u0447\u0430\u0442\u043e\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As kind is ek deur die helder kleure van die re\u00ebnboog getref. Reusere\u00ebnbo\u00eb het gereeld n\u00e1 \u2018n hewige donderstorm oor die Vrystaatse vlaktes gevorm en van horison tot horison gespan. Dan het die grootmense gepraat van \u2018n mitologiese pot goud aan die einde van die re\u00ebnboog. Dit het die romantiek daarvan verder verhoog en my &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6587\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Is daar lewe n\u00e1 die re\u00ebnboog?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[7488,7487,5948,7489,7492,2242,7491,6937,7490,6888],"class_list":["post-6587","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard","tag-desmond-tutu","tag-is-daar-lewe-na-die-reenboog-rubrieke","tag-rainbow-nation","tag-reenboog","tag-reenboognasie","tag-suid-afrika","tag-swart-lig","tag-white-black","tag-wit-lig","tag-wit-swart"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6587","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6587"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6587\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6587"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6587"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6587"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}