{"id":6586,"date":"2009-11-15T06:57:11","date_gmt":"2009-11-15T06:57:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6586"},"modified":"2009-11-15T06:57:11","modified_gmt":"2009-11-15T06:57:11","slug":"n-nuwe-taalsituasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6586","title":{"rendered":"&#8216;n Nuwe taalsituasie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter het op 18 Januarie 1806, die dag van Janssens se kapitulasie, ook as The Cape Town Gazette and African Advertiser verskyn. Dit was die eerste aanduiding dat die nuwe Britse besetting ook die taalsituasie aan die Kaapkolonie sou be\u00efnvloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die eerste klompie jare n\u00e1 1806 was die Engelssprekendes in Kaapstad die garnisoen, amptenare en &#8216;n klompie handelaars. Immigrasie het hul geledere versterk. Kaapstad het aanvanklik feitlik die enigste plek gebly waar Afrikaans- en Engelssprekendes gereeld met mekaar in aanraking gekom het. Ook daar het die Hollandse gemeenskap voorlopig &#8216;n redelik afgeslote geheel gevorm. Die Engelssprekendes was nogal eksklusief en het nie maklik met die andertaliges omgegaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin kon die Kapenaars deur middel van hierdie Engelse, en ook die Engelse skole wat gou tot stand gekom het, maklik Engels aanleer. Buite Kaapstad was dit egter nie die geval nie. Ds. George Thom het in Januarie 1821 aan een van die goewerneurs, lord Charles Somerset, geskryf dat hy meen dat daar nie meer as 400 mense buite Kaapstad is wat Engels kan praat nie en skaars 200 wat dit kan lees en skryf. Dit was nog jare lank die geval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Alternatief vir Engelse vermaak was van 1802 af die opvoerings van toneelgeselskappe. Hollandse stukke van taamlike ho\u00eb peil is die hele 19de eeu opgevoer. Verder was daar die l\u00f3sies en soci\u00ebteite wat vermaaklikhede soos dans, kaartspeel, musiekuitvoerings en biljart gebied het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorgrote deel van die bevolking was Afrikaans. Teen 1810 het die getal Afrikaners op 31 184 gestaan, in 1815 op 37 264, in 1819 op 42 217, in 1832 op meer as 52 000, in 1854 byna 150 000. Die betreklik vinnige aanwas was veral die gevolg van &#8216;n ho\u00eb geboortesyfer, en in &#8216;n mate ook die assimilasie van immigrante, veral Nederlanders en Duitsers, wat hulle met die Afrikaners vereenselwig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos dit nog sal blyk, is die taalbehoud van die Afrikaanstaliges voorlopig veral deur hul isolasie gewaarborg. Baie van di\u00e9 in die binneland het geen onderwys geniet nie. Hulle het vir &#8216;n groot deel van die negentiende eeu geen Engels geken nie, selde met Engelssprekendes in aanraking gekom en was nie lank genoeg op skool om dit aan te leer nie. Van die 3400 kinders in die distrik Graaff-Reinet was byvoorbeeld hoogstens 100 aan die begin van die eeu op skool. Wat die mense gered het van totale verval, was hul gehegtheid aan die godsdiens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was &#8216;n belangrike swakheid in die taalsituasie. Hoewel die Afrikaanstaliges die een of ander vorm van Afrikaans gepraat het, was hul kultuurtaal Nederlands. &#8216;n Toestand van &#8220;diglossie&#8221; het bestaan &#8212; die volk het een vorm van die taal gebruik as omgangstaal, vir &#8220;lae funksies&#8221;, en &#8216;n ander vorm as kultuurtaal, vir &#8220;ho\u00eb funksies&#8221; soos die onderwys en die godsdiens. Die vernaamste leesboek van die volk was nog die Nederlandse Statenbijbel. Maar aan die begin van die eeu het di\u00e9\u201a dubbelslagtigheid niemand blykbaar gehinder nie.<\/p>\n<p><em><strong>Nog geskiedenisartikels deur Jaap Steyn (in omgekeerde chronologiese volgorde):<\/strong><\/em><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/6255-die-engelse-kom-weer.html\">Die Engelse kom weer<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/6185-n-patriargale-lewenswyse.html\">&#8216;n Patriargale lewenswyse<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/6121-invoer-van-wolskape.html\">Invoer van wolskape<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5976-met-bataafse-vlag-verwelkom.html\">Met Bataafse vlag verwelkom<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5890-ontmoetings-met-sendelinge.html\">Ontmoetings met sendelinge<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5851-reise-van-janssens-en-de-mist.html\">Reise van Janssens en De Mist<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5742-die-kaap-is-weer-hollands.html\">Die Kaap is weer Hollands<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5649-kaap-kry-sy-eerste-weekblad.html\">Kaap kry sy eerste weekblad<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5542-begin-van-n-kultuurbotsing.html\">Begin van &#8216;n kultuurbotsing<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5473-lady-anne-barnard-se-waarnemings.html\">Lady Anne Barnard se waarnemings<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5422-die-eerste-goewerneur.html\">Die eerste goewerneur<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5346-halfhartige-verdediging-van-die-kaap-in-1795.html\">Halfhartige verdediging van die Kaap in 1795<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5239-herlewing-in-die-boukuns.html\">Herlewing in die boukuns<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5070-die-agteruitgang-van-nederland.html\">Die agteruitgang van Nederland<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/4677-die-pitisme-brei-uit.html\">Die pi\u00ebtisme brei uit<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/3762-n-groot-kaapse-prediker.html\">&#8216;n Groot Kaapse prediker<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/3650-kerklike-lewe-aan-die-kaap.html\">Kerklike lewe aan die Kaap<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/3326-die-lewe-in-die-kolonie.html\">Die lewe in die Kolonie<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/3021-nuwe-name-vir-nuwe-sake.html\">Nuwe name vir nuwe sake<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2986-verkenning-van-die-land.html\">Verkenning van die land<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2801-skipbreuke-en-die-held-woltemade.html\">Skipbreuke en die held Woltemade<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2608-sewe-duiwels.html\">Sewe Duiwels<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2526-by-die-uitspanplek.html\">By die uitspanplek<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2462-op-die-trekpad-tydens-die-groot-trek.html\">Op die trekpad tydens die Groot Trek<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2441-n-nuwe-geldstelsel-aan-die-kaap.html\">\u2019n Nuwe geldstelsel aan die Kaap<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2421-die-afrikaner-se-eerste-demokratiese-opvattings.html\">Die Afrikaner se eerste demokratiese opvattings<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2324-godsdienstigheid-van-die-trekboere.html\">Godsdienstigheid van die trekboere<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2257-die-lewe-van-die-18de-eeuse-trekboere-.html\">Die lewe van die 18de-eeuse trekboere<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/2240-hoe-n-admiraal-en-n-prins-afrikaans-gered-het.html\">Hoe &#8216;n admiraal en &#8216;n prins Afrikaans gered het<\/a><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/ochistnye_ustanovki\/\">\u043e\u0447\u0438\u0441\u0442\u043d\u044b\u0435 \u0443\u0441\u0442\u0430\u043d\u043e\u0432\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter het op 18 Januarie 1806, die dag van Janssens se kapitulasie, ook as The Cape Town Gazette and African Advertiser verskyn. Dit was die eerste aanduiding dat die nuwe Britse besetting ook die taalsituasie aan die Kaapkolonie sou be\u00efnvloed. Vir die eerste klompie jare n\u00e1 1806 was die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6586\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;n Nuwe taalsituasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[7482,167,7484,6016,21105,21097,7485,7483,7486],"class_list":["post-6586","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c116-geskiedenis","tag-n-nuwe-taalsituasie","tag-afrikaans","tag-ds-george-thom","tag-engels","tag-s32-feuilleton","tag-s17-geskiedenis","tag-hollands","tag-lord-charles-somerset","tag-statenbijbel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6586","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6586"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6586\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6586"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6586"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6586"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}