{"id":6579,"date":"2009-11-14T14:46:24","date_gmt":"2009-11-14T14:46:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6579"},"modified":"2009-11-14T14:46:24","modified_gmt":"2009-11-14T14:46:24","slug":"springbokke-se-flenterwysie-in-frankryk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6579","title":{"rendered":"Springbokke se flenterwysie in Frankryk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/rasta_sing_oom_kosie.jpg\" border=\"0\" title=\"Uitvoering van 'Oom Kosie soek 'n l\u00eaplek...' in Jamaikaanse styl\" \/>Wat op aarde het wie op aarde gedink?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika se saamgeflanste ellende van \u2018n volkslied is gisteraand voor die toets teen Frankryk in Toulouse gesing deur iemand wat lyk of hy per ongeluk daar was. &#8220;Nee, ek het nie vir jou geld vir \u2018n halfbrood nie, maar kom saam dan sing jy Nkosi Sikelele&#8230;&#8221; Oud, pikgietswart, \u2018n rasta met grillokke wat amper op sy bewerige knie\u00eb hang. Hy en die orkes was vreemdelinge vir mekaar en die konsep dat hy op die noot, in ritme en op die wysie moet sing, het nooit by hom geregistreer nie. En nou het hy ook so \u2018n heserige gilstemmetjie, soos \u2018n kriek in \u2018n sinkbad. Ag s\u00ea my tog iemand het die wedstryd opgeneem. Di\u00e9 weergawe van &#8220;Oom Kosie soek \u2018n l\u00eaplek in Afrika&#8221; is suiwer Youtube-goud. Toe neem die Springbokke die veld en d\u00edt is waar die werklike verleentheid plaasgevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die voorspelbare elemente van \u2018n neerlaag was daar: Die Franse voorpak was meer gehard, vinniger, meer verbete en tot die oogballe toe opgesous met veglus. Agterlangs was dit chaos met binnesenter Adi Jacobs wat rondkrabbel asof hy iets in die donker soek, onseker of dit \u2018n handgranaat of sy kontaklense is. Op vleuel was JP Pietersen so oorgretig soos \u2018n worshond in \u2018n slaghuis en Jaque Fourie moes dikwels drie posisies se verdediging volstaan. Kankowski het die bal telkens in die lakslag met groot flambojantheid aangeslaan en die onwettige immigrant, Tendai Mtawarira, se kop is amper in sy slukderm in geskrum.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bokke het nieteenstaande, so verrassend soos wysheid uit Malema se mond, die voortou geneem met \u2018n Morn\u00e9 Steyn-stelskop, \u2018n Morn\u00e9 Steyn-skepskop en \u2018n John Smit-drie. Die drie het gekom nadat Victor Matfield paniek in die Franse lynstaan gesaai het. Deur meer geluk as planmatigheid is die bal \u2018n muistongetjie ver van die Franse doellyn uitgeskop. Die Franse haker, sy o\u00eb vasgenael op Matfield, het die hele lynstaan misgegooi, Smit het die meevaller gevang en bo-oor die tengerige Franse skrumskakel gehardloop vir sy drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jake White h\u00e9t ges\u00ea \u2018n wedstrydplan kan ni\u00e9 op die veld verander word nie. Maar hoekom nie? Hoeveel moeiliker is dit om \u2018n bal uit te skop as veldaf? Want teen hierdie tyd was dit duidelik dat hulle skop-en-storm-meesterplan te veel myle op die klok het. Hoekom sal jy nie lynstane wil h\u00ea as jy die teenstaander se bal so maklik soos jou eie wen nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar uitskop, volgens die meesterplan, het hulle nie uitgeskop nie. \u2018n Teenaanval, \u2018n Adi Jacobs-verdwyning op verdediging en voil\u00e0, Vincent Clerc gaan druk vir die Franse, en d\u00edt terwyl John Smit nog nie sy geluk oor sy eie drie kon glo nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jacobs-Pietersen-kombinasie het weer toegeslaan, naby die einde van die wedstryd. \u2018n Dreigende Springbok-aanval het uitmekaar geval toe Jacobs die bal in kontak laat val het. Die Franse het uit hulle kwartgebied aangeval en die bal veldaf oor die kantlyn geskop. Pietersen, in een van die mees bisarre breinstuipe wat ooit in \u2018n Springbok-trui gesien is, besluit toe om die bal vinnig in te gooi \u2013 sonder dat daar \u2018n spanmaat in sig is. Die Franse het skoon van genot gehuppel en afgesit doellyn toe. Net \u2018n professionele stukkie misdaad van Kankowski het die Hane verhoed om \u2018n drie te druk; daarvoor het hy \u2018n geel kaart gekry en die Franse het strafskop nommer vyf behaal om die Springbokke uit sig te laat verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Franse, vir al hulle ywer en al die Bokke se geploeter, wen net met 20-13. D\u00edt is Heinrich Br\u00fcssouw se skuld. Hy was vraatsig op verdediging, nie tevrede om net sy eie kwota pletter te loop nie. \u2018n Goeie dosyn keer het \u2018n Franse aanval in die konsepstadium uitgeflikker wanneer Br\u00fcssouw die bal afrokkel of n\u00f3g \u2018n speler met bal en al vasknoop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou ja, hierdie was nie \u2018n algehele vrugtelose aand nie. Ons het darem beleef dat Nkosi Sikelele gesing word soos dit verdien om gesing te word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0432 \u0432\u0443\u0437<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat op aarde het wie op aarde gedink? Suid-Afrika se saamgeflanste ellende van \u2018n volkslied is gisteraand voor die toets teen Frankryk in Toulouse gesing deur iemand wat lyk of hy per ongeluk daar was. &#8220;Nee, ek het nie vir jou geld vir \u2018n halfbrood nie, maar kom saam dan sing jy Nkosi Sikelele&#8230;&#8221; Oud, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6579\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Springbokke se flenterwysie in Frankryk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6578,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[1093,7465,6158,7463,7464,4883,7462,2242,7466,7467],"class_list":["post-6579","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","tag-frankryk","tag-franse-hane","tag-john-smit","tag-nkosi-sikeleliafrika","tag-rastafarier","tag-springbokke","tag-springbokke-se-flenterwysie-in-frankryk","tag-suid-afrika","tag-toets","tag-toulouse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6579","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6579"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6579\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6578"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6579"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6579"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6579"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}