{"id":6574,"date":"2009-11-13T12:02:52","date_gmt":"2009-11-13T12:02:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6574"},"modified":"2009-11-13T12:02:52","modified_gmt":"2009-11-13T12:02:52","slug":"rassistiese-tirade-van-dronk-regter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6574","title":{"rendered":"Rassistiese tirade van dronk regter"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/motata2.jpg\" border=\"0\" \/>&#8216;n Vertaling van &#8216;n klankopname toon dat regter Nkola Motata wel rassistiese stellings gemaak n\u00e1 hy dronk bestuur het en teen &#8216;n muur gebots het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Mail&amp;Guardian het &#8216;n klankopname, wat die aand van die ongeluk in 2007, ontleed en van Sotho na Engels vertaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motata het aan omstanders ges\u00ea: &#8220;Almal van julle, laat ek vir julle s\u00ea, my broers en susters \u2013 die mense moet ons nie vang nie. Laat ons lewe. Ons is die meerderheid en dit is ons land. Dit is nie die land van die boere nie, al het hulle &#8216;n groot liggaamsbou.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Later s\u00ea hy: &#8220;Ek word gevang deur die boere, ek gee nie om vir hulle nie. Ek wil nie met hulle praat nie&#8230;Hulle moenie dink hulle het my met iets gevang nie, dit gaan nie gebeur nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motata het telkemale aan Richard Baird, die eienaar van die huis waarteen Motata gebots het, ges\u00ea: &#8220;F\u2013k hom&#8221; of &#8220;f\u2013k jou&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea ook: &#8220;Moet julle nie oor die wittes bekommer nie, dis die waarheid wat moet se\u00ebvier.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die burgerregtegroep AfriForum het &#8216;n klag van rassistiese wangedrag teen Motata by die Geregterlike Dienskommissie (GDK) ingedien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Sapa ges\u00ea al die klankopnames is na die GDK gestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek kan bevestig dat die vertaling waaroor die Mail&amp;Guardian berig, akkuraat is,&#8221; het Kriel ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het die inligting aan die GDK deurgegee en ons glo daar is gronde om teen hom op te tree.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marumo Moerane, woordvoerder van die GDK, het aan Sapa ges\u00ea di\u00e9 liggaam het verlede maand vergader en het besluit om te wag tot Motata &#8220;al sy kriminele hulpmiddels uitgeput het&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die GDK sal in April weer vergader, maar in die tussentyd sal &#8216;n sub-komitee van die RDK na die inligting wat kyk aan hom gestuur is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moerane kon nie bevestig of die GDK die klankopname ontvang het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA het Vrydag weer ges\u00ea Motata moet bedank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;n Regter wat skuldig is aan &#8216;n oortreding kan nie ander veroordeel wat die wet verontagsaam nie. Ons verwag dat regters onberispelik moet optree in hul persoonlike en professionele hoedanigheid,&#8221; het die DA in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Di\u00e9 voorval gee die regbank &#8216;n slegte naam en regter Motata is dit aan die res van die regbank en die land verskuldig om homself te verwyder, selfs voor AfriForum se klagtes die GDK bereik.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motata is in September in die Johannesburgse landdroshof skuldig bevind aan dronkbestuur en &#8216;n boete van R20 000 of &#8216;n jaar tronkstraf opgel\u00ea. Sy aansoek om verlof tot app\u00e8l teen sy skuldigbevinding en vonnis is verlede maand in dieselfde hof van die hand gewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Mail&amp;Guardian berig dat Motata se regspan intussen aangedui het dat hulle regter-president Bernard Ngoepe in n\u00f3g &#8216;n poging om app\u00e8l gaan nader.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/balansirovochnoe_i_shinomontazhnoe_oborudovanie_dlya_gruzovogo_transporta\/\">\u0441\u0442\u0435\u043d\u0434 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/public.nazk.gov.ua\/declaration\/20014fa6-b91c-41c7-8986-df50f6dd39eb\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Vertaling van &#8216;n klankopname toon dat regter Nkola Motata wel rassistiese stellings gemaak n\u00e1 hy dronk bestuur het en teen &#8216;n muur gebots het. Die Mail&amp;Guardian het &#8216;n klankopname, wat die aand van die ongeluk in 2007, ontleed en van Sotho na Engels vertaal. Motata het aan omstanders ges\u00ea: &#8220;Almal van julle, laat ek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6574\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rassistiese tirade van dronk regter&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6004,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[7454,6942,266],"class_list":["post-6574","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","tag-dronk-regter","tag-motata","tag-rassisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6574","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6574"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6574\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6004"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6574"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6574"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6574"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}