{"id":6569,"date":"2009-11-13T06:35:12","date_gmt":"2009-11-13T06:35:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6569"},"modified":"2009-11-13T06:35:12","modified_gmt":"2009-11-13T06:35:12","slug":"kop-op-n-blok-se-springbokke-gaan-vasval-in-toulouse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6569","title":{"rendered":"Kop op &#8216;n blok s\u00ea: Springbokke gaan vasval in Toulouse"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Rugby is harde werk en dit is goed so want niemand werk harder as \u2018n begeesterde Afrikaner nie en rugby in Suid-Afrika is, na alles, \u2018n begeesterde Afrikaner-bedryf. Niemand het dit beter besef as Jake White nie en dit is hierdie doelgerigte, fieterjasielose arbeidsaamheid wat hy as die grondelement van sy W\u00eareldbekerverowerende span gemaak het. Hy het \u2018n span ge\u00ebrf wat \u2018n paar skoolkoffers se notaboeke oor fieterjasieryke rugby al opgeskeur het. Vergeet van \u201cdapper rugby,\u201d of \u201ctaktiese rugby,\u201d of wat die vorige afrigters ook al vir \u2018n kernfilosofie vir die span geformuleer het. Bly by eerlike, hardwerkende rugby. Dis die Afrikaner-manier en dit is hoe die Springbokke toetse wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar \u2018n voetballer kan nie net konsentreer op sy eie vermo\u00ebns en homself bloot rig volgens sy eie rugbyinstinkte nie. Hy moet \u2018n nugter oog op die opposisie hou, en dit is juis hier waar afrigter na afrigter misgetas het oor die Springbokke se teenstaanders van vanaand \u2013 die Franse. Die Springbokke het vir jare al \u2018n wanbegrip oor die Franse rugbykultuur. Miskien is dit juis omdat die Franse hulleself uitgee as die Galliese Hane. Die Springbokke sien die pronkerige hoendermannetjie op die Franse se diepblou truie geborduur en vereenselwig dit met Franse rugby.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle is nie die enigste rugbyland om hierdeur van die wal af tot in die sloot verlei te word nie. Die misverstand kom omdat flair as die grondbeginsel van Franse rugby gesien word. Daar is natuurlik \u2018n hele videoteek van filmgrepe om di\u00e9 gedagte te staaf; beeldmateriaal van Franse agterspelers wat uit diepte aanval met verbluffende vaart teen onmoontlike invalshoeke, wat die telepatiese vermo\u00eb het om die bal lukraak weg te gooi tot in die hande van \u2018n spanmaat wat teen \u2018n splinternuwe verbysterende hoek hardloop. Hulle weet hoe om onmoontlike drie\u00eb soos hase uit \u2018n verhooggo\u00eblaar se hoed te diep. Vra maar die 1999 All Black W\u00eareldbeker-span.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrigters neig om planne te beraam om hierdie voetbaluitspattigheid te smoor voor dit behoorlik vonk. Eerlike Afrikaner-rugby lyk soos net die styl om die Franse gevaar te ontlont. Meerderheidsaandeel van bal uit die vaste fasette, onwrikbare verdediging en \u2018n sielsknakkende lugaanval lyk na net die resep om die Franse rugbylus te demp. In praktiese terme beteken dit die Springbokke se strydplan is om die Franse in hulle kwartgebied vas te keer, uit te mergel en te verslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis \u2018n eenvoudige plan en \u2018n eenvoudige plan is dikwels \u2018n goeie plan. Maar hierdie eenvoudige plan berus daarop dat die Springbokke eerliker en harder as die Franse in die eerlike en harde afdelings van die spel sal werk. Eerlike, harde werk versus flair? Dis juis hier waar soveel goeie Springbok-planne die afgelope tien jaar ontrafel het. Keer op keer word die Springbokke geskok deur die ontdekking dat die Franse ewe hard en eerlik in die skrum, in die lynstaan, op verdediging en op jag vir die losbal kan werk. Vra maar die All Blacks se W\u00eareldbeker-span van 2007.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En eerlike, harde werk sukkel om eerlike, harde werk \u00e9n flair te troef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om vanaand te wen, sal die Springbokke haarfyn moet skop, vas staan in die skrums, oor die losbal moet krioel en onverbiddelik moet verdedig. Dit is juis in verdediging waar die Bokke se strategie kan uitrafel. Peter de Villiers, van \u2018n volk wat meer bekend vir opportunisme as eerlike, harde werk is, het van sy volksgenote op binnesenter en regtervleuel gekies. Adrian Jacobs en JP Pietersen het albei \u2018n redelike CV op die aanval, maar is nie die rugbyfirmament se dodelikste of skranderste verdedigers nie. Pietersen is geneig om teen sy buitesenter op te bondel wat \u2018n wye laning aan sy buitekant laat wat hierdie jaar al met groot uitgelatenheid benut is deur Springbok-teenstaanders. Jacobs is net te klein en ondoeltreffend om die kritieke kanaal langs die losskakel te verdedig. Dit is juis hier waar die Franse se nuwe agterlynsensasie, die jong senterknewel, Yann David gaan mik om ernstige strukturele skade aan die Bok-agterlyn aan te rig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit gaan vanaand waarskynlik sopnat in Toulouse wees. Die Springbokke het hulle slagplan hierdie week in \u2018n dro\u00eb, harde Johannesburg fyngestel. Miskien sal die Franse flair verdof wees in die koue en die modder. Die vraag is of die Springbokke die stoomkrag het om teen die Franse hardebaarde mee te ding. My raaiskoot is die teendeel. Die Springbokke het in 1997 laas in Frankryk gewen. Hulle sou graag aan die einde van \u2018n legendariese seisoen hier \u2018n oorwinning wou kry om nog \u2018n kerfie op die spanpistool se greep te maak. Nou ja, jy kan nie alles wen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sit my kop op die blok: Die Franse wen vanaand met meer as vyf punte.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/47-kak-organizovat-ulichnoe-osveshchenie\">\u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043e\u043c\u0430 \u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rugby is harde werk en dit is goed so want niemand werk harder as \u2018n begeesterde Afrikaner nie en rugby in Suid-Afrika is, na alles, \u2018n begeesterde Afrikaner-bedryf. Niemand het dit beter besef as Jake White nie en dit is hierdie doelgerigte, fieterjasielose arbeidsaamheid wat hy as die grondelement van sy W\u00eareldbekerverowerende span gemaak het. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6569\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kop op &#8216;n blok s\u00ea: Springbokke gaan vasval in Toulouse&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-6569","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6569","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6569"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6569\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6569"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6569"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6569"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}