{"id":6551,"date":"2009-11-12T07:28:58","date_gmt":"2009-11-12T07:28:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6551"},"modified":"2009-11-12T07:28:58","modified_gmt":"2009-11-12T07:28:58","slug":"selebi-se-persoonlike-vleismes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6551","title":{"rendered":"Selebi se persoonlike vleismes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dis dikwels die klein besonderhede in nuusberigte wat meer interessant is as die berig self. Gister berig Talk Radio 702 oor Jackie Selebi se verhoor. Tydens die berig noem die verslaggeefster dat Selebi dikwels by \u2018n restaurant in Melrose Arch gaan eet het, en dat hy sy eie persoonlike vleismes daar het. Melrose Arch is nou nie juis \u2018n plek waar ek uithang nie, omdat ek ruiterlik sal erken die sekerheidswagte daar sal my op grond van beide my kleredrag en my banksaldo beleefd maar ferm toegang weier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt weet ek, want Virgin Active stuur dikwels vir my SMS\u2019e wat lui dat die krag by my eie gimnasium af is (dankie, Jacob Maroga), en dat ek welkom is om enige ander Virgin Active te gaan besoek, buiten die een by Melrose Arch. Dit het bes moontlik iets te make met die rampspoedige meting van my liggaamsvetindeks op een van Virgin Active se masjiene. Melrose Arch laat nie sommer enige hierjy toe nie. Jou liggaamsvetpersentasie moet hetsy onder die 8% wees, of jy moet \u2018n lid van die ANC se Wabenzi wees en jou motor moet minstens \u2018n miljoen rand kos, alvorens jy eens in die parkeerterrein toegelaat sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe geweldig kitsch is die vleismes egter nie. Kommisaris Selebi daag op, gaan sit by sy gewone tafel, en die kelner gaan haal sy vleismes met Selebi se naam daarop gegraveer. Al Capone tol in sy graf van pure jaloesie. Is dit nie egter tipies van die Wabenzi nie, hulle wat met persoonlike nommerplate (Sipho-1 GP) in hul swart motors jaag en vir wie die gewone re\u00ebls van die pad klaarblyklik nie geld nie? Daar is niks wat meer luidkeels skree \u201ckyk na my, die BBP\u201d as \u2018n blouligkonvooi, persoonlike nommerplate, of dan inderdaad \u2018n persoonlike vleismes nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe swak kan iemand se selfbeeld wees as hy dit nodig vind om homself belangrik te laat voel deur sy naam op \u2018n mes te laat graveer?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit maak my ook wonder watter ander foefies Selebi gebesig het om sy status as BBP te beaam, en om sy brose ego\u2019tjie te gestreel het. Die ANC se Wabenzi is berug vir hul voorliefde vir Johnny Walker Blue Label. Het Selebi stellig \u2018n whiskyglas met \u201cJackie\u201d daarop gegraveer by een of ander modieuse kuierplek in Sandton?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kon gespekuleer het oor die moontlikheid van Selebi wat Durex bel en vra of hulle persoonlike kondome vir hom kon vervaardig, met \u201cJackie \u2013 XXXL\u201d op die pakkie, vir besoeke aan sy gunstelingbordeel, maar kom ek laat staan dit eerder.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/plombirovanie-kornevyh-kanalov\/\">\u043c\u0435\u0442\u043e\u0434\u044b \u043f\u043b\u043e\u043c\u0431\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u044f \u043a\u043e\u0440\u043d\u0435\u0432\u044b\u0445 \u043a\u0430\u043d\u0430\u043b\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis dikwels die klein besonderhede in nuusberigte wat meer interessant is as die berig self. Gister berig Talk Radio 702 oor Jackie Selebi se verhoor. Tydens die berig noem die verslaggeefster dat Selebi dikwels by \u2018n restaurant in Melrose Arch gaan eet het, en dat hy sy eie persoonlike vleismes daar het. Melrose Arch is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-6551","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6551","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6551"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6551\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6551"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6551"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6551"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}