{"id":651,"date":"2007-07-12T09:02:12","date_gmt":"2007-07-12T09:02:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=651"},"modified":"2007-07-12T09:02:12","modified_gmt":"2007-07-12T09:02:12","slug":"moordenaars-steeds-in-berge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=651","title":{"rendered":"Moordenaars steeds in berge"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"> Sterk bergwinde en moeilik begaanbare terrein in die Khomas                        Hochland asook die vernuf van twee voortvlugtende moordenaars                        in teen-opsporingstegnieke het gister die polisie se verwagte                        deurbraak in die moord op &lsquo;n Duitse toeris gekelder.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Ondanks polisie-versterkings en &lsquo;n kordon rondom die                        plase waar die 57-jarige mnr. Johannes Fellinger Sondag                        wreedaardig vermoor en sy vrou ontvoer is, het die moordbende                        waarskynlik daarin geslaag om te ontglip.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Die jongste inligting oor die moord- en kapingsdrama naby                        die geskiedkundige Francois Feste, is dat gesoek word na                        twee mans wat vermoedelik van Zimbabwiese herkoms kan wees.                        Hulle was ten tyde van die rooftog in kamoefleerdrag geklee,                        maar het dit later met burgerlike klere uit die vermoorde                        se bagasie vervang en hul eie klere uitgebrand.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Die Duitse ambassade in Windhoek het intussen sy volle steun                        aan die Namibiese polisie toeges&ecirc; om die moordenaars                        aan te keer en die moord op een van sy landsburgers as &ldquo;skokkend&rdquo;                        bestempel.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Mnr. Fellinger is Sondagmiddag op die plaas Heusis net buite                        Windhoek doodgeskiet en sy vrou, Elke (52), ontvoer skaars                        24 uur nadat hulle in die land aangekom het op &lsquo;n                        vakansie wat &lsquo;n maand lank sou duur.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       By Francois Feste, &lsquo;n bouvallige woning uit die Duitse                        koloniale era, het twee gewapende mans uit die bosse te                        voorskyn gekom waar me. Fellinger op haar man, &lsquo;n                        internasionale kunsfotograaf uit Niederahr in Duitsland                        se Westerwald, gewag het terwyl hy &lsquo;n trop bobbejane                        afgeneem het.<\/div>\n<div align=\"justify\">[&#8230;]<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Daarna het die rowers vir bykans vyf ure op plaaspaaie in                        die omgewing rondgery voordat hulle mnr. Fellinger se lyk                        in &lsquo;n dro&euml; rivierloop op die plaas Okariro, sowat                        13 kilometer vanaf die moordtoneel, gelaat het. Hier het die rowers van hul bebloede uniforms ontslae geraak,                        dit verbrand en mnr. Fellinger se kop met klippe bedek.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Met me. Fellinger as hul gyselaar, het die rowers hulle                        op die plaaspad na Otjimbingwe bevind waar plaaseienaars                        onraad gemerk het oor die luukse bakkie wat doelloos in                        die berge rondjaag. Een van die plaaseienaars het die bakkie agtervolg en &lsquo;n                        woeste jaagtog het ontstaan. Bykans 22 kilometer verder                        het die bakkie begin rol en een van die rowers is erg beseer.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Die twee het egter hul vuurwapens en &lsquo;n tweerigtingradio                        op die toneel gelaat en die bestuurder het sy beseerde makker                        die bosse in geabba. Me. Fellinger is daarna na &lsquo;n nabygele&euml; plaasopstal                        geneem waarvandaan sy later per ambulans na Windhoek vervoer                        is.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Polisieversterkings uit die Erongo-streek is ontbied en                        soekspanne wat uit die polisie, plaaseienaars en hul werkers                        bestaan het, het die twee voortvlugtendes agterna gesit. Maandagaand is die soektog egter met sonsonder tydelik opgeskort                        nadat bykans 50 kilometer in die berge afgel&ecirc; is.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Gisteroggend sou die soekspanne en spoorsnyers hulle toespits                        op die plase Heusis en Neu-Heusis waar die laaste tekens                        van die twee moordenaars gevind is. &ldquo;Ons dink hulle skuil hier iewers in die berge. Miskien                        bly hulle in &lsquo;n grot, want hulle het eenvoudig net                        verdwyn,&rdquo; het een van die spoorsnyers gister aan <em>Republikein<\/em>                        vertel.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Volgens die man, wat verkies dat sy identiteit nie gepubliseer                        word nie, is die twee voortvlugtendes nie &ldquo;dom&rdquo;                        nie en weet hulle hoe om teen-spoorsnytegnieke toe te pas. &ldquo;Hulle vermy sagte grond, beweeg op graspolle en klippe                        en mislei die soekspanne. Albei van hulle is nog te voet                        en die een se bloeding het nou opgehou,&rdquo; het die spoorsnyer                        verduidelik.                       <\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">In reaksie op die moord en kapingsdrama het die Duitse ambassade                        in Windhoek gister aangedui dat hy die versekering van die                        Namibiese polisie gekry het dat alles moontlik gedoen word                        om die moordenaars op te spoor.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       &ldquo;Die Inspekteur-generaal was reeds met die ambassadeur                        in verbinding om hom te verseker van sy volle samewerking                        en ons vertrou dat die polisie hul uiterste bes doen,&rdquo;                        het die adjunk-ambassadeur, me. Ute Konig, aan <em>Republikein<\/em>                        ges&ecirc;.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">                       Oor die moontlike gevare wat voorvalle soos die moord op                        mnr. Fellinger vir toerisme na Namibi&euml; kan inhou, het                        sy ges&ecirc;: &ldquo;Dit is &lsquo;n skokkende voorval,                        maar slegte insidente gebeur oral. Dit kan gevolge inhou                        wat sal bepaal word deur die mediadekking wat daaraan verleen                        word. &ldquo;In die ambassade het ons meer dikwels met gevalle                        van ongelukke as met moorde van toeriste te make.&rdquo;<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/kukli-monster-hai-lutchii-podarok-malenkoi-poklonnice-multseriala\">\u043d\u043e\u0432\u044b\u0435 \u0441\u0435\u0440\u0438\u0438 \u043c\u043e\u043d\u0441\u0442\u0435\u0440 \u0445\u0430\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sterk bergwinde en moeilik begaanbare terrein in die Khomas Hochland asook die vernuf van twee voortvlugtende moordenaars in teen-opsporingstegnieke het gister die polisie se verwagte deurbraak in die moord op &lsquo;n Duitse toeris gekelder. &nbsp; Ondanks polisie-versterkings en &lsquo;n kordon rondom die plase waar die 57-jarige mnr. Johannes Fellinger Sondag wreedaardig vermoor en sy vrou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[162,723,21089],"class_list":["post-651","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-internasionale-nuus","tag-moordenaars-steeds-in-berge","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/651","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=651"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/651\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=651"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=651"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=651"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}