{"id":6469,"date":"2009-11-08T05:40:45","date_gmt":"2009-11-08T05:40:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6469"},"modified":"2009-11-08T05:40:45","modified_gmt":"2009-11-08T05:40:45","slug":"die-springbokke-net-nog-n-reenboogfiasko","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6469","title":{"rendered":"Die Springbokke &#8211; net nog &#8216;n re\u00ebnboogfiasko"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/tigerstelling.jpg\" border=\"0\" title=\"Die re\u00ebnboogtelling...\" \/>Politiek het al te gereeld Suid-Afrikaanse rugby geboorlak, maar Vrydagaand in Engeland was dit die eerste keer wat politiek die Suid-Afrikaanse spel deurtrek het &#8211;\u00a0 met, die standaard van Suid-Afrikaanse politiek in ag geneem, voorspelbare rampspoedige gevolge. Enige iets wat met die voorvoegsel &#8220;Re\u00ebnboog&#8221; beslaan is, is bestem om te midde van verhewe ideale, eindelose en sinnelose retoriek, wollerige broederskapbetuiginge en algehele onbeholpenheid vas te slaan. Hierdie span was die Re\u00ebnboogspan&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke histerie was die atmosfeer waarin die span saamgestel is. Oorkant die stadion in Leicester, Engeland, is die Nelson Mandela Park, en te midde van s\u00f3 &#8216;n heiligheid, het die voetballers skynbaar in prewelende, kniebuigende pelgrims verander. TV-aanbieder, Matthew Pearce, het in vervoering oor die Re\u00ebnboogterroris gehyg en dit was h\u00fd wat die re\u00ebnboogmantel om die arme span gehang het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spankeurders was ooglopend net so asemloos verwonderd, want hierdie was die multi-kulturele span om alle multi-kulturele spanne van die morele ho\u00ebgrond af te stoot. Die beginspan was polities geheilig deur nie minder as nege nie-blankes nie. Kombinasies is geoffer op die altaar van selfregverdigende, liberale verhewendheid. Hierdie was altyd &#8216;n span wat met al die doeltreffendheid van &#8216;n ANC-dorpsraad sou onderpresteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ellende was dat die ongepoetste Leicester Tiere nie so polities sensitief was nie, en hulle het die multi-kulti Springbokkies met &#8216;n soort brutale baldadigheid verfonkfaai. Dit het gelyk asof die Azani\u00ebrs daar was om musikale stoele met hulle maatjies van die Internasionale Broederskap te speel terwyl die Engelse rugbygeskiedenis op die brein gehad het. Selfs geharde ramme soos Danie Rossouw, Andries Bekker en Jannie du Plessis was duidelik in &#8216;n stuipe van liberale bonhomie en dit is juis in die voorpak waar die ellende begin het. Die internasionale voetbalgemeenskap het hulleself sekerlik verkneukel in die ongewone gesig van &#8216;n Springbok-skrum holderstebolder in trurat. Ware Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers het geween en desperaat gewonder hoekom die hele Vrystaat-voorry nie daar was om &#8216;n lans vir Antidorcas Marsupialis &#8211; die Springbok &#8211;\u00a0 se eer te breek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand kan tog so beneweld wees om, anders as vir Re\u00ebnboogredes, te dink dat Chilliboy Ralepelle naastenby die gehalte is van die Cheetahs se blonde, stoofvormige Viking, Adriaan Strauss nie. Maar Ralepelle het die nodige re\u00ebnboogkwalifikasies &#8211; &#8216;n melamienryke huid. En die pilare weerskante van Strauss in die Vrystaatskrum, Wian du Preez en WP Nel, sou miskien nie so polities saf gewees het nie en sou ten minste gelyk het of hulle belangstel om te skrum.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agterlangs het integrasie op die gewone fiasko uitgeloop. Heinie Adams en Ruan Pienaar het net soos senters Wynand Olivier en Juan de Jongh by mekaar verbygeleef. Die agterste driehoek, Ndungane, Earl Rose en Nokwe, het voetbal gespeel asof hulle wag vir &#8216;n komitee om &#8216;n regrukplan aan te kondig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As produktiwiteit en doeltreffendheid steeds belangrike oorwegings in die Suid-Afrikaanse voetbalruim was, sou Wynand Olivier sy gebruiklike krygsmakker, Jaco Pretorius aan sy buitekant gehad het. Die Snor met die Heliumstem sou op &#8216;n werkende 9-10 kombinasie, soos die Griekwas se Sarel Pretorius en Naas Olivier of die Vrystaat se Jacques-Louis Potgieter besluit het. Maar almal van hulle is van &#8216;n kleur sonder &#8216;n plekkie in die re\u00ebnboog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs met hulle teenstaanders so polities beneweld, het die Engelse span dit steeds moeilik gevind om te wen. Hulle beste speler, en dit by verre, was Stuart Dickinson, die Suid-Afrikaans-verguisende Aussie-skeidsregter. Hy het voortreflik op die aanval vertoon en met manjifieke verontagsaming van die re\u00ebls by die Tiere se losskrumgeknoei verbygekyk en boonop sy skouers vir &#8216;n lieflike stukkie obstruksie wat tot Leicester se enigste drie gelei het, opgetrek. Op die verdediging was hy vir sy lieflingspan &#8211; \u00e9nige span wat teen &#8216;n Suid-Afrikaanse een speel, is sy liefling &#8211; goud werd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 die ontruiming van die veld, het Leicester 22 punte teenoor die Springboklammetjies se 17 gehad. By daardie gevierde lys Re\u00ebnboogprestasies &#8211; Eskom, SAL, die Spoorwe\u00eb, Denel, Korrektiewe Dienste en allerlei ander staatsdepartemente &#8211; is nog &#8216;n eens trotse instelling, nou &#8216;n liederlike internasionale grap, gevoeg: Die Springbokrugbyspan.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0443 \u0432 \u0443\u043a\u0440\u0430\u0438\u043d\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Politiek het al te gereeld Suid-Afrikaanse rugby geboorlak, maar Vrydagaand in Engeland was dit die eerste keer wat politiek die Suid-Afrikaanse spel deurtrek het &#8211;\u00a0 met, die standaard van Suid-Afrikaanse politiek in ag geneem, voorspelbare rampspoedige gevolge. Enige iets wat met die voorvoegsel &#8220;Re\u00ebnboog&#8221; beslaan is, is bestem om te midde van verhewe ideale, eindelose [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6468,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[7336,7338,7340,7339,7337,222,4883],"class_list":["post-6469","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","tag-die-springbokke-net-nog-n-reenboogfiasko","tag-leicester","tag-multikulturele","tag-nelson-mandela-park","tag-reenboogspan","tag-regstellende-aksie","tag-springbokke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6469","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6469"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6469\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6468"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6469"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6469"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6469"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}