{"id":6459,"date":"2009-11-06T15:09:32","date_gmt":"2009-11-06T15:09:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6459"},"modified":"2009-11-06T15:09:32","modified_gmt":"2009-11-06T15:09:32","slug":"boere-nie-betaal-vir-grond-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6459","title":{"rendered":"Boere nie betaal vir grond"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n dringende brief aan die minister van landelike ontwikkeling en grondsake, het Ben Marais, president van TLU SA, sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat ondanks etlike onsuksesvolle pogings om met die hoofgrondeisekommissaris in gesprek te tree, geen positiewe reaksie gevolg het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens &#8216;n vergadering met verteenwoordigers van georganiseerde landbou op 2 April 2009, het die hoofgrondeisekommissaris, Blessing Mphela ontken dat &#8216;n tekort aan fondse die aankoop van grond verhinder. Ondanks die feit dat TLU SA etlike gevalle van grondeienaars wat formele aanbiedinge ontvang en aanvaar het en geen betaling plaasgevind het nie, skriftelik gerapporteer het, het die departement in gebreke gebly om betalings te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg hiervan is dat talle grondeienaars wat reeds alternatiewe opsies gevolg het nadat hulle hul grond moes verkoop, tans finansi\u00eble ondergang in die o\u00eb staar.  Dit sal &#8216;n onuithoubare situasie skep vir die likiditeit van boere, die kwaliteit van grond wat nie met kunsmis behandel word nie en gevolglik ook op produktiwiteit en uiteindelik voedselsekerheid.  Derhalwe is dit noodsaaklik dat die staat aanbiedinge wat reeds gemaak en aanvaar was (in sommige gevalle so lank as vier jaar gelede), spoedeisend uitbetaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedurende TLU SA se kongres gedurende September 2009, is &#8216;n mosie aanvaar wat die departement versoek het om &#8216;n onmiddellike moratorium op grondeise toe te pas tot tyd en wyl die geldigheid van eise ondersoek is.  Gevolglik is dit noodsaaklik dat grondeienaars wat deur geldige eise genoop word om hul grond te verkoop, dienooreenkomstig na behore en spoedeisend vergoed word soos ooreengekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marais het die minister opnuut versoek om hierdie moratorium onverwyld in te stel totdat genoegsame fondse beskikbaar is om die proses binne &#8216;n redelike tyd af te handel.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online gaming uk<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In &#8216;n dringende brief aan die minister van landelike ontwikkeling en grondsake, het Ben Marais, president van TLU SA, sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat ondanks etlike onsuksesvolle pogings om met die hoofgrondeisekommissaris in gesprek te tree, geen positiewe reaksie gevolg het nie. Tydens &#8216;n vergadering met verteenwoordigers van georganiseerde landbou op 2 April [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-6459","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6459","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6459"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6459\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6459"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6459"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6459"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}