{"id":6424,"date":"2009-11-04T06:08:00","date_gmt":"2009-11-04T06:08:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6424"},"modified":"2009-11-04T06:08:00","modified_gmt":"2009-11-04T06:08:00","slug":"verdere-gedagtes-oor-n-afrikanersekerheidsmag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6424","title":{"rendered":"Verdere gedagtes oor \u2018n Afrikanersekerheidsmag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ek het in \u2018n <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/rubrieke-magazine-403\/21-anton-barnard\/6218-n-afrikanersekerheidsmaatskappy.html\">vorige rubriek<\/a> die noodsaaklikheid van \u2018n sekerheidsmaatskappy vir Afrikaners geopper. Die volgende is nog gedagtes oor die organisasie en struktuur van \u2018n Afrikanersekerheidsmag. Ek het probeer om nie te veel fynere detail in hierdie stuk te verskaf nie, onder andere omdat ek nie persoonlik genoeg kennis dra van sekerheid en beveiliging nie.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">1. Missie<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was \u2018n aantal jaar gelede hoogmode vir maatskappye om pragtige, geraamde missiestellings in hul voorportale aan te bring, wat in hogere terme praat van edele ideale wat die maatskappy nastreef. Die missie van die Afrikanersekerheidsmag is egter meer beskeie: dis eenvoudig om Afrikaners teen geweld en misdaad te beskerm, en om woongebiede wat deur Afrikaners bewoon word, te beveilig.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">2. Openlikheid en wetsgehoorsaamheid<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grondbeginsel behoort te wees dat die Afrikanersekerheidsmag nie die landswette self mag verbreek nie. In teenstelling met baie van diegene waarmee Afrikaners \u2018n grondgebied deel, is die oorweldigende meerderheid Afrikaners wetsgehoorsame burgers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het persoonlik geen behoefte om in konflik te raak met die fundamenteel-korrupte Azaniese regstelsel nie, want geen Afrikaner kan \u2018n regverdige verhoor voor \u2018n \u201cregter\u201d soos Nkola Motata te wagte wees nie, laat staan nog om in \u2018n Azaniese tronk te wil beland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enige lid wat wel die wet verbreek, behoort onmiddellik geskors te word en van sy konsessie ontneem word. Geen persoon mag voorts \u2018n konsessiehouer of werknemer wees van \u2018n konsessie as hy \u2018n kriminele rekord het nie. (Meer oor konsessies hieronder.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens moet die Afrikanersekerheidsmag openlik en sonder enige geheimhouding bedryf word. Ek stel beslis nie \u2018n privaatweermag met enige verskuilde agenda in die vooruitsig nie \u2013 dit is \u2018n wetsgehoorsame sekerheidsmag om Afrikaners en ander blankes te beveilig teen die groot gevare inherent aan Suid-Afrika.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">3. Raad van trustees<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sou voorstel dat die Afrikanersekerheidswag \u2018n raad van trustees behoort te h\u00ea, wat beleid formuleer en sorg dat daar goeie korporatiewe bestuur plaasvind. Voormalige polisie- of weermagoffisiere of diegene met kundigheid in die sekerheidsbedryf sou die aangewese persone wees om op die raad te dien.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">4. Samewerking met ander organisasies<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is reeds bestaande organisasies wat buurtwagte, gemeenskapspolisi\u00ebringsforums en burgerlike organisasies soos Afriforum insluit, waarmee daar natuurlike sinergie is. Die Afrikanersekerheidsmag behoort as \u2018n saak van beginsel alles in sy vermo\u00eb te doen om met hierdie organisasies saam te werk.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">5. Konsessies (\u201cfranchises\u201d)<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikanersekerheidsmag behoort na my mening op \u2018n konsessiegrondslag te werk. Die grootte van die gebied wat aan \u2018n konsessiehouer toegeken word, moet deur die aantal Afrikaners in die gebied bepaal word. Daar is 287 munisipaliteite in Suid-Afrika. Kleiner munisipaliteite sal waarskynlik slegs een konsessie lewensvatbaar maak, maar groter munisipaliteite en die metro-areas sal beslis meer as een konsessie elk moet bevat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Konsessiehouers sal hulle eie motors en vuurwapens moet verskaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die betaling aan konsessiehouers behoort te geskied op grond van die aantal intekenare in die konsessiehouer se geografiese gebied. Dit is die konsessiehouer se plig om intekenare te werf. Hoe meer intekenare die konsessiehouer kan werf, hoe groter sy inkomste. Die sentrale administrasie hieronder genoem, sal die administratiewe deel hanteer en uitbetalings aan die konsessiehouers maak. Die tipiese maandelikse fooi in \u2018n stedelike gebied vir gewapende reaksiemagte is sowat R300-R400 per maand. As \u2018n persentasie van hierdie bedrag verhaal word vir administratiewe kostes, bied 50 intekenare in \u2018n gebied steeds \u2018n goeie maandelikse inkomste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om dit so maklik as moontlik te maak vir arm en werklose Afrikaners om \u2018n konsessie op die been te bring, behoort daar na my mening die minimumonkoste te wees om \u2018n konsessie te verkry. Die konsessiehouers behoort slegs vir hulle uniforms, moontlik plakkers vir hulle motors en opleiding te betaal.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">6. Opleiding<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Konsessiehouers moet verpligte opleiding ondergaan alvorens hulle begin met hulle werksaamhede, en ook \u2018n eksamen en praktiese toets afl\u00ea. Daar is reeds selfverdedigings- en skietkursusse wat deur lede van <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/praag-landelik.html\">PRAAG-landelik<\/a> aangebied word, maar hierdie opleiding sal aangepas moet word om te voldoen aan die vereistes van stedelike beveiliging. Elke lid van elke konsessie sal ook die statut\u00eare Sekerheidsoffisiereraad (Security Officer\u2019s Board) se eksamen moet afl\u00ea.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">7. Personeelbeleid<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lidmaatskap moet beperk word tot diegene wat tans benadeel word deur die ANC-regime se rassistiese wetgewing, en veral Afrikaners. (Ek sou persoonlik Engelssprekende blankes wat wou deelneem, ook toelaat.) Di\u00e9 beleid kom as\u2019t ware neer op regstellende aksie in trurat \u2013 ten bate van Afrikaners wat aan die ontvangkant is van die ANC se skreiende diskriminasie teen ons.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">8. Sentrale administrasie<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Sentrale administratiewe funksie moet geskep word, om byvoorbeeld intekenare te registreer, uitbetalings aan konsessiehouers te maak en om die inbelsentrum te beman. Sy bedrywighede moet befonds word deur \u2018n persentasie van die intekenare se maandelikse intekengelde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar moet \u2018n 24\u00d77 inbelsentrum wees, verkieslik met \u2018n tolvrye, nasionale nommer. Die beheerkamer ontvang noodoproepe en verwittig die toepaslike konsessiehouer van die noodgeval per selfoon of na sy landlyn toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten slotte: Soos ek hierbo aangedui het, is ek geen kenner op die gebied van polisi\u00ebring of beveiliging nie. Ek is oortuig daarvan daar is mense wat die Afrikanersekerheidsmag veel beter sal kan struktureer as my lekepoging, maar weer eens sou ek persoonlik veel eerder my R400 per maand per debietorder betaal vir beveiliging as ek weet dat dit Afrikaners is wat my buurt patrolleer.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/20-linejnye-svetodiodnye-svetilniki\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.theinsider.ua\/rus\/politics\/54eb7edf432fb\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het in \u2018n vorige rubriek die noodsaaklikheid van \u2018n sekerheidsmaatskappy vir Afrikaners geopper. Die volgende is nog gedagtes oor die organisasie en struktuur van \u2018n Afrikanersekerheidsmag. Ek het probeer om nie te veel fynere detail in hierdie stuk te verskaf nie, onder andere omdat ek nie persoonlik genoeg kennis dra van sekerheid en beveiliging &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6424\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Verdere gedagtes oor \u2018n Afrikanersekerheidsmag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[7311,218,21092,2242,7310,7309],"class_list":["post-6424","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-afrikanersekerheidsmaatskappy","tag-misdaad","tag-rubrieke","tag-suid-afrika","tag-veiligheid","tag-verdere-gedagtes-oor-n-afrikanersekerheidsmag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6424","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6424"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6424\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6424"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6424"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6424"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}