{"id":641,"date":"2007-07-11T06:32:56","date_gmt":"2007-07-11T06:32:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=641"},"modified":"2007-07-11T06:32:56","modified_gmt":"2007-07-11T06:32:56","slug":"dis-mis-weer-in-latyn-gevier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=641","title":{"rendered":"Dis mis weer in Latyn gevier"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In &rsquo;n brief wat die pous pas aan kerkleiers in die Katolieke kerk gestuur het, ontken hy dat hierdie stap verdeeldheid binne die kerk gaan veroorsaak en dat dit &rsquo;n poging is om die tradisionele vleuel te paai. &rsquo;n Groot groep Katolieke het hulle naamlik verset teen die liberale besluite van die tweede Vatikaan-konsilium en het voortgegaan om die mis in Latyn te vier en om hul eie biskoppe in te huldig. Die gebruik van Latyn was &rsquo;n manier om te protesteer teen die liberale winde van eukemeniese verandering wat deur die kerk gewaai het. In 1988 is die hoof van hierdie tradisionele faksie, Monseigneur Lefebvre, uit die Katolieke kerk verban, wat baie bitterheid by sy aanhangers geskep het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Katolieke kan van nou af by hulle plaaslike priester daarop aandring om die mis in Latyn aan te hoor of volgens die ou Latynse formulier gedoop of in die huwelik bevestig te word. Indien die priester so &rsquo;n versoek sou weier, kan gemeentelede hulle op hul biskop beroep, so nie direk &rsquo;n versoek aan die Vatikaan rig. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die huidige pous is bekend vir sy ortodokse standpunte. As kardinaal het hy homself reeds sterk uitgespreek teen moderne verdraaiings van die mis.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jode het beswaar aangeteken teen die pous se jongste besluit, aangesien die Latynse mis volgens hulle anti-Semitiese elemente bevat. Op Goeie Vrydag word daar naamlik spesifiek gebid dat Jode hulle tot die Katolieke godsdiens sal bekeer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Alhoewel die tradisionaliste in die Katolieke kerk verheug is oor Benediktus XVI se besluit, is die besluit oor die mis in Latyn nie &rsquo;n algehele oorwinning nie: die gewone mis sal steeds die norm van eredienste wees. Dit bly egter &rsquo;n belangrike toegewing en kan dalk daartoe bydra dat die kloof tussen moderniste en tradisionaliste in die kerk oorbrug word. <\/span><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/zaryadnye_i_pusko_zaryadnye\/\">\u043f\u0440\u043e\u0434\u0430\u043c \u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u043e\u0435 \u0443\u0441\u0442\u0440\u043e\u0439\u0441\u0442\u0432\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Benediktus_XVI.JPG\" width=\"175\" height=\"116\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Benediktus XVI<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die meeste Suid-Afrikaners het nie veel ag geslaan op die besluit van historiese belang wat pas deur pous Benediktus XVI geneem is nie. Die pous het naamlik <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n dekreet deurgevoer wat dit weer moontlik maak vir Katolieke om in Latyn te aanbid. Tydens die sitting van die tweede Vatikaan-konsilium in die vroe&euml; sestigerjare van die vorige eeu is daar besluit om weg te doen met die Latynse mis. Die liberale atmosfeer van daardie periode het kerkleiers laat voel dat Latyn uitgedien was en &rsquo;n hindernis vir gewone kerkgangers geword het. Die mis sou voortaan in <span style=\"color: black\">&ldquo;<\/span>gewone taal&ldquo; gevier word en die altaar moes na die gemeente se kant gedraai word. Dit was in te&euml;stelling met die kerk se tradisie, wat tydens die konsilium van Trent in die sestiende eeu ontstaan het, om die mis in Latyn te vier en die altaar in &rsquo;n oostelike rigting te draai, met die priester wat sy rug na die gemeente draai terwyl hy die mis lewer.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[715,162,21089],"class_list":["post-641","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-dis-mis-weer-in-latyn-gevier","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/641","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=641"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/641\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=641"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=641"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=641"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}