{"id":6367,"date":"2009-11-01T05:18:19","date_gmt":"2009-11-01T05:18:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6367"},"modified":"2009-11-01T05:18:19","modified_gmt":"2009-11-01T05:18:19","slug":"fourie-du-preez-speel-vrystaat-planke-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6367","title":{"rendered":"Fourie du Preez speel Vrystaat planke toe"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/dupreez_fourie_20091031b.jpg\" border=\"0\" title=\"Fourie du Preez gee die bal uit tydens gister se wedstryd\" \/>Rugby is \u2018n dramatiese spel wat homself leen tot wonderlike vergelykings, maar die standaardrugbykommentator se kokertjie metafore is maar skraal. Een waarvoor daar \u2018n besondere verknogtheid bestaan, van Kobus Wiese tot Warren Brosnihan, is om dit met boks te vergelyk vroeg in die wedstryd. Dan is daar te vertelle dat die spanne &#8220;nog versigtig is,&#8221; en &#8220;mekaar nog voel-voel&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wel, gister op Loftus was daar geen effense gepiets-en-kyk nie. Suid-Afrika se twee spogspanne het soos swaargewigboksers uit die hoek gestorm en woes en wild begin haak en swaai. Dit was veral die Vrystaat wat die ene Smokin\u2019 Joe Frazier was. Hulle het die losskrums soos Scud-missiele getref, alles wat blou is en naby die bal kom, stukkend gelak, baklei vir lynstaanbal en toe Gurthro Steenkamp boonop nog gesukkel het om die raaisel van die kragbuks, WP Nel, in die skrums te ontrafel, het die Cheetahs die Jakarandastatters as\u2019t ware teen die toue gehad. Hulle het die Noord-Transvaalse skop-en-smoor taktieke geheel en al geneutraliseer met uitbundige aanslae uit die diepte van hulle gebied uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daar is \u2018n ou bokswysheid oor swaargewigte: Een hou is al wat dit verg om die gang van \u2018n geveg \u00f3f te verander, \u00f3f kortaf te be\u00ebindig. Noord-Transvaal het van die toue af geklou en \u2013grou en nie \u00e9\u00e9n groot hou geplant nie, maar drie, en elke keer was dit die gevegsarties, Fourie du Preez, wat die onbewaakte kakebeen gesien en die opstopper geplant het. Eers was dit tydens die Noord-Transvalers se eerste opmars die Vrystaatse kwartgebied in. Du Preez het \u2018n straftikskoppie geneem, vir Fran\u00e7ois Hougaard in ruimte teen die oorkantste kantlyn gesien, \u2018n voltrefferskoppie met \u2018n boog daarin gepos en die jong vleuel het gevang, vasgemaak en oorgeval vir \u2018n drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Morn\u00e9 Steyn, wat deesdae skop asof hy nooit weer die kans gaan kry nie, het verdoel. Tien minute later het \u2018n Vrystaataanval nogmaals teen die Noord-Transvaalse kus gestrand, Dewald Potgieter is vort met die losbal wat hy Du Preez gevoer het. Die professoragtige skrumskakel het in die hart van Cheetah-gebied ingenael terwyl hy vir Bryan Habana van buite na binne gerangeer en toe soos \u2018n pyl uit \u2018n kruisboog oor die oop veld afgevuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaat, blykbaar onbewus daarvan dat hulle neusdiep in die onwelriekendheid is, het net so ewe met hulle wedstryd aangegaan en aanval na aanval teen die Bloues gewerp. Maar weereens was dit \u2018n onbeskermde bal wat hulle opgedok het en met al die dodelike skielikheid van \u2018n muisval, het Fourie du Preez aan die werk gespring vir nog \u2018n een-twee met Habana. Di\u00e9 keer was dit \u2018n venynige steekskop wat die aspirant Kapenaar gejaag en ingehaal het vir sy tweede drie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een, twee, drie houe soos Mike Tyson hulle in sy jeug geslaan het. Gerrie Coetzee het in sy hele loopbaan nie een keer van die planke af opgestaan om dit te doen nie. Arnold Taylor en Brian Mitchell het. Die Vrystaat het al dikwels. Maar nie di\u00e9 keer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een-twee-drie, toe is hulle 0-21 agter. Van daar het Morn\u00e9 Steyn oorgeneem en nog vyftien punte gemunt. Natuurlik het die Vrystaat terugbaklei, hero\u00efes ook, met die jong bulterri\u00ebr, Heinrich Br\u00fcssouw in die middel, onder, bo, op die vleuel, in die middelveld, op die dekverdediging, op die aanval as skakel en as onplantbare baldraer, wat die stryd gevoer het. Op sy skouer was die blonde baksteen, Adriaan Strauss, die bittereinder Frans Viljoen en Nico Breedt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaat het uiteindelik net soveel drie\u00eb as die Blou Bulle gedruk \u2013 drie, elkeen op sy manier \u2018n meesterklas in flair, vasbyt en geduld. Maar Morn\u00e9 Steyn het die Noord-Transvalers buite bereik gehou. Boksgevegte word nie net deur bysteke gewen nie. Steyn weet duidelik hoe om soos \u2018n skoenlapper te sweef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eindstryde is veronderstel om gruwelike taai, ongenaakbare, inhalige aff\u00eares te wees. Gister s\u2019n was verseker nie \u2018n dansles nie, maar dit was opwindend, vol passie en met \u2018n asemrowende tempo. Dit is een vir die braaivleisvure en die legendebundels van m\u00f4re. Die Vrystaat sal nie lekker slaap nie. Hulle sal omrol met die wete dat hulle hierdie wedstryd kon en behoort te gewen het.<br \/>As hulle net die bal beter beskerm het&#8230; of as Heini Adams maar net gespeel het, en nie die Professor van Pyn, Fourie du Preez nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/mal-chiki\/demisezonnaja-odezhda\/brjuki-dzhinsy\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0436\u0438\u043d\u0441\u044b \u0431\u0440\u044e\u043a\u0438 \u043c\u0430\u043b\u044c\u0447\u0438\u043a\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/aeextr.com.ua\/object\/topcargo-mezhdunarodnaja-dostavka\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rugby is \u2018n dramatiese spel wat homself leen tot wonderlike vergelykings, maar die standaardrugbykommentator se kokertjie metafore is maar skraal. Een waarvoor daar \u2018n besondere verknogtheid bestaan, van Kobus Wiese tot Warren Brosnihan, is om dit met boks te vergelyk vroeg in die wedstryd. Dan is daar te vertelle dat die spanne &#8220;nog versigtig is,&#8221; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6367\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Fourie du Preez speel Vrystaat planke toe&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6366,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[4810,6244,6409,6248,7253,7254,6307],"class_list":["post-6367","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","tag-blou-bulle","tag-blue-bulls","tag-cheetahs","tag-curriebeker","tag-fourie-du-preez-speel-vrystaat-planke-toe","tag-noord-transvaal","tag-vrystaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6367","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6367"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6367\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6366"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6367"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6367"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6367"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}