{"id":6359,"date":"2009-10-30T08:33:18","date_gmt":"2009-10-30T08:33:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6359"},"modified":"2009-10-30T08:33:18","modified_gmt":"2009-10-30T08:33:18","slug":"werkgeleenthede-teen-grootste-tempo-ooit-tot-niet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6359","title":{"rendered":"Werkgeleenthede teen grootste tempo ooit tot niet"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste arbeidsmagpeiling wat Donderdag bekend gemaak is, wys dat werkgeleenthede teen die vinnigste tempo ooit in Suid-Afrika se geskiedenis tot niet gemaak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarvolgens het 484 000 werkgeleenthede in die derde kwartaal verlore gegaan en het die land se amptelike werkloosheidskoers van 23,6% tot 24,5% gestyg .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Statistiek Suid-Afrika het die ekonomies onaktiewes in die derde kwartaal alleen met 510 000 tot 14 095 miljoen gegroei. Daarvan is 1 632 miljoen werksoekers wat nie meer hoop het op &#8216;n betrekking nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot dusver vanjaar het reeds 959 000 werkgeleenthede verlore gegaan. Dit is een uit elke 18 poste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste van die werkverliese in die derde kwartaal was in die vervaardigingsektor (met 8% af oftewel 150 000 poste), en die handelsektor (110 000). Een uit elke tien poste in die vervaardigingsektor en in die handelsektor het nou reeds tot niet gegaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die landbou het 57 000 verlore gegaan en privaat huishoudings het 28 000 poste afgestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die 200 000-verlies verlede jaar, het die land dus sowat 1,2 miljoen poste sedert die begin van die resessie verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ekonome verwag dat die uitwerking daarvan op persoonlike en huishoudelike inkomste, op huishoudelike besteding en groei in die bruto binnelandse produk (BBP) enorm gaan wees, want huishoudelike besteding lewer sowat twee derdes van die land se BBP.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Werkloosheid het oral toegeneem, behalwe in KwaZoeloe-Natal. Die grootste verlies was in Gauteng wat 234 000 werke verloor het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cosatu s\u00ea die syfers dui op \u2019n fundamentele strukturele probleem in &#8216;n ekonomie wat besig is om te de\u00efndustrialiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minister Pravin Gordhan het vroe\u00ebr di\u00e9 week ges\u00ea werkskepping vir &#8216;n relatief ongeskoolde arbeidsmag is die land se grootste ekonomiese uitdaging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het gewaarsku dat indien daar nie &#8216;n uitweg gevind word nie, dit rampspoedige gevolge vir maatskaplike stabiliteit en toekomstige groei mag inhou.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">gambling free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jongste arbeidsmagpeiling wat Donderdag bekend gemaak is, wys dat werkgeleenthede teen die vinnigste tempo ooit in Suid-Afrika se geskiedenis tot niet gemaak word. Daarvolgens het 484 000 werkgeleenthede in die derde kwartaal verlore gegaan en het die land se amptelike werkloosheidskoers van 23,6% tot 24,5% gestyg . Volgens Statistiek Suid-Afrika het die ekonomies onaktiewes &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6359\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Werkgeleenthede teen grootste tempo ooit tot niet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[7246],"class_list":["post-6359","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake","tag-werkgeleenthede-teen-die-vinnigste-tempo-ooit-in-suid-afrika-se-geskiedenis-tot-niet-gemaak-word"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6359","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6359"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6359\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6359"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6359"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6359"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}