{"id":6346,"date":"2009-10-30T05:23:00","date_gmt":"2009-10-30T05:23:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6346"},"modified":"2009-10-30T05:23:00","modified_gmt":"2009-10-30T05:23:00","slug":"kop-op-die-blok-se-wees-stil-my-hart-die-beker-is-blou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6346","title":{"rendered":"Kop op die Blok s\u00ea: Wees stil my hart, die beker is blou"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Voetbal word dikwels as \u2018n metafoor vir oorlog gebruik. Maar die vergelyking kan ook anderkant toe vloei, want, maak geen fout nie, m\u00f4re op Loftus is dit oorlog, en dit is oorlog vir die afficionado, \u2018n keurslag tussen twee plettermagte met wyduiteenlopende samestellings, kragpunte en krygsdoktrines.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingegrawe aan die eenkant is die allesverowerende Blou Bulle, \u2018n span wat herinner aan Romeinse blokformasies, wat staatmaak op maneuvrering, altyd op soek om hulle Schwerpunkt, hulle magsfokus, op die vyand se swakplek te konsentreer.<span> <\/span>Hulle strategie berus op klipharde frontliniekrygers wat in een ondeurdringbare skildmuur opereer, \u2018n oordonderende lugaanval en vernietigende snellers in reserwe, gereed om deur bresse in die opponent se linies te klief. Teenoor hulle is \u2018n meer ongereelde mag, \u2018n bende stropers wat met mobiliteitstaktieke die vyand gaan lastig val, ontwrig en die falankse se hegte formasies gaan probeer lostorring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenoor die kalm, momentumryke Romeinse linies van die Noord-Transvalers, gaan die Vrystaters kom soos Vikings, soos Genghis Kahn se Mongoolse ruitery, soos William Wallace se barbaarse Hooglanders, asof vanuit alle hoeke en windrigtings, vinnig, venynig en vreesaanjaend. Sukses in oorlog berus op \u2018n mag se vermo\u00eb om met die vyand op \u2018n plek en tyd van sy eie keuse slaags te raak. Die Blou Bulle se hele benadering berus daarop om die ander span terug te druk in di\u00e9 se kwartgebied en om hulle daar in \u2018n voorspelerkonfrontasie te betrek. Hardehande soos Derick Ku\u00fcn, Gurthr\u00f6 Steenkamp, Bakkies Botha en Pierre Spies kan dan as stormramme ontplooi word. Niemand is meer geduldig en verwoestend as dit by hierdie tipe beleg van \u2018n doellyn kom nie. As die Vrystaat hulle self in die tipe uitmergelslag laat insuig, gaan hulle troepe uit die agterlyn moet onttrek om die aanslae rondom die losgemale te stuit, en met Olivier, Pretorius en Habana wat oorgehaal wag vir \u2018n verskraling van die verdedigingslinies agterlangs, kan dit fataal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaters sal hoop om met \u2018n meer vloeibare inval die Ligbloues te dwing om hulle taktieke aan te pas. Die Cheetahs het self hierdie seisoen gewys hulle het \u2018n voorpak wat kan rol en kan maal en kan rolmaal, maar hulle sal \u2018n uitgebreide loopgraafworsteling wil vermy, juis omdat hulle kwesbaar is teen die teenaanval. Om \u2018n verdedigingsoorlog in hulle eie kwartgebied te vermy, sal hulle die skopaanval van Morn\u00e9 Steyn en Fourie du Preez moet neutraliseer. Hoewel Jacques-Louis Potgieter en Hennie Daniller self weet wat die voorpunt van \u2018n skopstewel is, is hulle beswaarlik die skerpskutters wat die Noord-Transvaalse nommer 9 en 10 is. Hulle beste verweer sal wees om uit diepte aan te val, iets waarvoor hulle uitmuntende flair het. Die beste scenario vir die Vrystaters sal \u2018n gebroke slagveld wees, met kort, skerp skermutselings waar hulle Apache-stroopdief, Heinrich Brussouw optimaal aangewend kan word. Hy gaan by die breekpunte brutaal gekonfronteer word deur Deon Stegmann en Dewald Potgieter en di\u00e9 worsteling gaan \u2018n spitspunt van die wedstryd wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Noord-Transvaal om di\u00e9 wedstryd te wen, is dit nodig dat hulle deurgaans bedag daarop is dat die Vrystaat nie verslaan is voor \u2018n onvoorwaardelike oorgawe wat eers na die eindfluitjie gaan kom nie. As die Cheetahs, met tien minute oor, nog binne trefafstand is, gaan die Blou Bulle sukkel om hulle vasgepen te hou. Daar is 22 Haaie wat somber d\u00e1\u00e1rvan kan getuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar wag \u2018n voetbalglorieverhaal om Saterdag geskryf te word. Die Blou Bulle kan \u2018n epiese bloemlesing van oorwinnings voltooi. Steenkamp, Matfield, Botha, Rossouw, Du Preez, Olivier en Habana kan \u2018n unieke versameling dekorasies saamstel as die Curriebekerwennersmedaljes om hulle nekke gehang word om teen di\u00e9 van die W\u00eareldbeker, Drie Nasies-trofee en die Super 14 te klingel. Die Vrystaat, nou weer, kan nog \u2018n oorlogsprokie by hulle Curriebekersuksesse van 2005, \u20186 en \u20187 skryf. Dis dan \u2018n stryd tussen Wit en Blou en om te wen sal die Pretorianers spierwit gesukkel of die Vrystaters potblou baklei wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So, wie gaan dit wees wat vonkelwyn uit die tuitbeker drink? My hart s\u00ea ek gee nie om wie wen nie, maar my kop s\u00ea tuisterrein, \u2018n wekroep tot geskiedenis, \u2018n eindstryddeurwinterdheid en \u2018n onwrikbare, suksesvolle wedstrydstrategie gaan Silvo op die Noord-Transvalers se inkopielys vir Maandag inskryf. Die Beker, soos die Afrikanerhartland se bloed, is Blou. Ek sit my kop op die blok: Die Blou Bulle wen met vyf punte nadat die Vrystaat \u2018n manmoedige, flambojante, vatso! drie net voor die sirene druk.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0438\u0433\u0440\u044b \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voetbal word dikwels as \u2018n metafoor vir oorlog gebruik. Maar die vergelyking kan ook anderkant toe vloei, want, maak geen fout nie, m\u00f4re op Loftus is dit oorlog, en dit is oorlog vir die afficionado, \u2018n keurslag tussen twee plettermagte met wyduiteenlopende samestellings, kragpunte en krygsdoktrines. Ingegrawe aan die eenkant is die allesverowerende Blou Bulle, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6346\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kop op die Blok s\u00ea: Wees stil my hart, die beker is blou&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[4810,6244,6409,7234,7233,21114,21101,6307],"class_list":["post-6346","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-blou-bulle","tag-blue-bulls","tag-cheetahs","tag-die-beker-is-blou","tag-kop-op-die-blok-se-wees-stil-my-hart","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-vrystaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6346","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6346"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6346\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6346"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6346"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6346"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}